Amitabha, ookAmida ofAmitayus, is ’n hemelseboeddha wat in die geskrifte van dieMahayana-Boeddhisme beskryf word. Amitabha is die hoofboeddha inSuiwer Land-Boeddhisme, ’n tak van dieOos-Asiatiese Boeddhisme, terwyl hy inVajrayana bekend is vir sy langlewendheid, magnetiserende vuurelement, diebasiese aspek van insig, suiwer waarneming en goeie begrip van die leegheid van verskynsels.
Volgens dié geskrifte besit Amitabha oneindige deugde danksy goeie dade oor tallose vorige lewens as ’nbodhisattva met die naam Dharmakara. "Amitabha" kan ook vertaal word as "Oneindige Lig" en daarom word hy ook "die Boeddha van Onmeetbare Lewe en Lig" genoem.
Volgens verskillendesoetras was Amitabha ’nmonnik of ’nkoning met die naam Dharmakara. Hy het toe onderneem om ’n boeddha te word en het in besit gekom van ’n boeddha-veld (buddhakṣetra), ’n ryk in die heelal buite die gewone werklikheid wat ontstaan vanweë ’n boeddha se deugde. In sy 48 beloftes het hy die soort boeddha-veld uiteegesit wat hy wou skep, die voorwaardes waarvolgens wesens in dié wêreld herbore kon word en watter soort wesens hulle sou wees as hulle daar herbore word.
In die weergawes van die soetras wat inChina,Japan,Viëtnam enKorea bekend is, was sy 18de belofte dat enige wese in enige heelal wat in Amitabha se Suiwer Land herbore wou word en sy naam selfs net 10 keer aanroep, daar herbore sal kan word. Sy 19de belofte was dat hy, sy bodhisattvas en ander geseënde boeddhas voor dié sal verskyn wat sy naam aanroep op die oomblik dat hulle sterf.
Met sy beloftes het Amitabha dit moontlik gemaak vir enigiemand wat sy naam aanroep om in sy Suiwer Land herbore te word, daar deur hom in diedharma (geloof) onderrrig te word en ’n bodhisattva of boeddha te word (die uiteindelike doel in Mahayana). Van daar af keer die bodhisattvas en boeddhas terug na ons wêreld om nóg mense te help. Volgens die soetras het Amitabha toe groot verdienste in tallose lewens behaal, en eindelik volle boeddhaskap.
Hierdie aanvaarding van alle soorte mense het dieSuiwer Land-geloof een van die grootste invloede in Mahayana-Boeddhisme gemaak. Suiwer Land-Boeddhisme het blykbaar eers in Noordwes-Indië/Pakistan enAfganistan gewild geword en van daar na Sentraal-Asië en China versprei.