Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Amerikaanse Gewapende Magte

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
(Aangestuur vanafAmerikaanse Weermag)
Amerikaanse Gewapende Magte
Seël van die Amerikaanse Departement van Verdediging
Seël van die Amerikaanse Departement van Verdediging
Seël van die Amerikaanse Departement van Verdediging
LandVerenigde State van Amerika
TipeGewapende Magte
SpesialisasieAmfibiese, ekspedisie, lug- en ruimte-oorlogvoering
HoofkwartierPentagon
Aantal lede1 388 103 aktief[1]
849 450 reserwe[2]
KommandostruktuurDepartement van Verdediging
VeldslaeAmerikaanse Rewolusionêre Oorlog
Anglo-Amerikaanse Oorlog van 1812
Meksikaans-Amerikaanse Oorlog
Tweede Opiumoorlog
Amerikaanse Burgeroorlog (1861–1865)
Spaans-Amerikaanse Oorlog
Eerste Wêreldoorlog (1917–1918)
Tweede Wêreldoorlog (1941–1945)
Koue Oorlog (1945–1991)
Korea-oorlog (1950–1953)
Viëtnamoorlog (1959–1975)
Golfoorlog (1990–1991)
Irakse Oorlog

DieAmerikaanse Gewapende Magte (Engels:United States Armed Forces) is die gewapende magte (of weermag) van dieVerenigde State van Amerika. Dit bestaan uit dieAmerikaanse Leër,Amerikaanse Vloot,Amerikaanse Marinierskorps,Amerikaanse Lugmag,Amerikaanse Ruimtemag en dieAmerikaanse Kuswag.

Amerika het 'n sterk tradisie van siviele beheer oor hul weermag. DiePresident is die weermag se opperhoof, en help om militêre beleid te vorm saam met dieVerenigde State se Departement van Verdediging (DoD). Die DoD se hoof is die V.S. Sekretaris van Verdediging, wat 'n siviele persoon en kabinetslid is. Die Sekretaris van Verdediging is tweede-in-bevel van alle militêre magte, nét na die President, en dien as die hoofassistent van die President in alle verdedigingsake.

Die gewapende magte van die Verenigde State van Amerika is 'n belangrike instrument in die handhawing van diebuitelandse beleid van die Verenigde State van Amerika en die globale posisie van die land is van kardinale belang. Die weermag is reeds vir dekades die beste toegerus, en na dieVolksbevrydingsleër van dieVolksrepubliek China, die tweede grootste militêre mag (personeelgewys) in die wêreld.

Personeel in elke gevegskomponent

[wysig |wysig bron]
KomponentMilitêrOnderoffisiereOffisiereManlikVroulikSiviel
Amerikaanse Leër471 513376 20690 785465 78469 345299 644
Amerikaanse Marinierskorps184 427163 09221 335181 84515 455120 484
Amerikaanse Vloot325 802267 28654 114265 85262 168179 293
Amerikaanse Lugmag320 811255 60561 054270 46250 750174 754
Amerikaanse Kuswag42 04232 7828 239
Amerikaanse Ruimtemag2 5012 41190
Totaal aktief1 347 1061 137 916236 8261 219 510210 485681 232
Amerikaanse Nasionale Leërwag336 879291 86545 014
Amerikaanse Reserwe Leër190 699153 06437 635
Amerikaanse Reserwe Marinierskorps38 47334 0794 394
Amerikaanse Reserwe Vloot57 65043 59614 054
Amerikaanse Nasionale Lugwag106 54991 27415 275
Amerikaanse Reserwe Lugmag68 21654 65813 558
Amerikaanse Reserwe Kuswag6 1425 0861 056
Totale Reserwemagte807 562673 622130 986
Ander DoD Personeel108 833

Omvang

[wysig |wysig bron]

Die ses takke van die gewapende magte beskik oor meer as 1,3 miljoen aktiewe soldate en byna 1,1 miljoen reserviste, wat in die geval van oorlog aangevul word deur die Kuswag. Hulle beskik ook oor meer as 681,000 burgerlike werknemers.[3] Die oudste deel is die leër, wat in 1775 gestig is, en die mees onlangse is die Ruimtemag, wat in 2019 onafhanklik geword het.

Volgens onafhanklike bronne en navorsing is bevind dat die Gewapende Magte van die Verenigde State van Amerika die sterkste ter wêreld sou wees. Hierdie impak is gebaseer op die jaarlikse grootste militêre begroting (vergelyking: VSA: meer as VS$ 554 miljard, Duitsland: VS$ 46 miljard) in die wêreld, waarvan die grootste deel gaan vir opleiding, inligtingvloei, netwerking, toerusting en navorsing. Die begroting was in die begrotingsjaar 2013 ongeveer VS$ 554,2 miljard (sowat 4% van die totale BBP).[4]

Baanbrekerswerk in tegniese innovasies en personeel-ontwikkelingsprogramme in die Amerikaanse Weermag word met NAVO-lede en sy bondgenote gedeel, waarvan die VSA en Verenigde Koninkryk die belangrikste lede is.[5]

Doktrine

[wysig |wysig bron]

Organisatories is die V.S. Gewapende Magte 'n omskakeling van 'n gelokaliseerde burgermag (geskoei op die Engelse model) tot 'n gesentraliseerde professionele weermag, ook deur herhaalde gevalle van diensplig, en vandag besit dit kenmerke van al drie hierdie werwingsmetodes. Die slaankrag van die Verenigde State se militêre mag was altyd gerig op die belangrikheid wat die Verenigde State van Amerika heg aan buitelandse beleid, sodat gevegsmagte en diplomasie 'n parallelle ontwikkeling ondergaan. Hierdeur was die militêre mag oor dekades lank verantwoordelik vir beide ingryping in die buiteland, en as afskrikmiddel; sedert die land se opkoms as 'n supermoondheid en die handhawing van hierdie status tydens die Koue Oorlog met die Sowjetunie. Benewens die wêreldwye ineenstorting van staatstrukture na die militêre ingryping deur die Verenigde State, is daar ook die voorkoms vanasimmetriese oorlogvoering wat die taktiese Amerikaanse magte bevoordeel tydens strategiese uitdagings.

Verwysings

[wysig |wysig bron]
  1. (en)"ARMED FORCES STRENGTH FIGURES FOR SEPTEMBER 30, 2020".
  2. "H.R. 4310 (112th): National Defense Authorization Act for Fiscal Year 2013".GovTrack (in Engels).Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 Junie 2020. Besoek op4 September 2014.
  3. Statistical Information Analysis DivisionGeargiveer 12 Julie 2010 opWayback Machine Datum: Maart 2010.
  4. "tagesschau.de 9 Julie 2011".Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 Julie 2011. Besoek op11 Julie 2011.
  5. Webtuiste van die Kanadese VlootGeargiveer 28 Oktober 2005 opWayback Machine. Besoek op 27 Mei 2008.
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit dieDuitse Wikipedia vertaal.
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Amerikaanse_Gewapende_Magte&oldid=2472531"
Kategorieë:
Versteekte kategorie:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp