Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Amerikaanse Vloot

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Amerikaanse Vloot
Seël van die Amerikaanse Vloot
Seël van die Amerikaanse Vloot
Seël van die Amerikaanse Vloot
Gestig13 Oktober1775[1][2]
LandVerenigde State van Amerika
TipeVloot
VaandelVaandel van die Amerikaanse Vloot
VlagVlag van die Amerikaanse Vloot
HoofkwartierPentagon
Aantal lede336 978 aktiewe dienspersoneel[3]
101 580 reserwepersoneel[3]
299 skepe[3]
4 000+ vliegtuie
11 vliegdekskepe
9 amfibiese aanvalskepe
10 amfibiese transportdokke
12 doklandingskepe
22 kruisers
62 torpedojaers
11 fregatte
4 kusverdedigingskepe
72 duikbote
KommandostruktuurVlootdepartement
MarsAnchors Aweigh
KleurBlou enGoud        
VeldslaeAmerikaanse Rewolusionêre Oorlog
Anglo-Amerikaanse Oorlog van 1812
Meksikaans-Amerikaanse Oorlog
Tweede Opiumoorlog
Amerikaanse Burgeroorlog
Spaans-Amerikaanse Oorlog
Eerste Wêreldoorlog
Tweede Wêreldoorlog
Korea-oorlog
Viëtnamoorlog
Golfoorlog
Irakse Oorlog
Formasieverbyvlug oor die USSMissouri in Tokiobaai tydens die Tweede Wêreldoorlog

DieAmerikaanse Vloot (Engels:United States Navy, afgekortUSN) is die vloot-oorlogvoeringstak van dieAmerikaanse Gewapende Magte en een van die sewe uniformdienste van dieVerenigde State van Amerika. Dit word beraam om groter te wees as die volgende 13 grootste vlote gekombineer in terme van tonnemaat van gevegsvloot in 2009.[4][5]

Die Amerikaanse Vloot het ook die wêreld se grootstevliegdekvloot, met elf in diens, twee onder konstruksie,[6] ses beplan, en twee in aktiewe reserwe. Die diens het 336 978 personeel op aktiewe diens en 101 580 in die Vlootreserwemag. Dit bedryf 299 skepe op aktiewe diens en het meer as 4 000 operasionele vliegtuie.

Die Amerikaanse Vloot het sy oorsprong uit die Kontinentale Vloot, wat tydens dieAmerikaanse Rewolusionêre Oorlog gestig is. Dit het 'n belangrike rol gespeel in dieAmerikaanse Burgeroorlog om dieKonfederasie te blokkeer, asook met die beslaglegging en beheer van syriviere. Die vloot het 'n sentrale rol gespeel in die nederlaag vanJapan tydens dieTweede Wêreldoorlog.

Die21ste eeuse Amerikaanse Vloot hou 'n aansienlike internasionale teenwoordigheid, en is ontplooi in gebiede soosOos-Asië, dieMiddellandse See, en dieMidde Ooste. Dit is 'n blouwatervloot met die vermoë om slaankrag en ondersteuning te bied aan operasies aan al die kusstreke van die wêreld, betrokke te raak in areas tydens vredestyd, en vinnig te reageer op enige plaaslike krisisse. Dít maak van die vloot 'n aktiewe rolspeler in die afdwing van Amerikaanse buitelandse beleid en sy globale verdediging.

Galery

[wysig |wysig bron]
  • USS Port Royal vertrek op ontplooiing uit Pearl Harbor, Hawaii, 3 Sep 2003
    USSPort Royal vertrek op ontplooiing uitPearl Harbor, Hawaii, 3 Sep 2003
  • Amfibiese aanvalsvaartuie van die Amerikaanse Vloot
    Amfibiese aanvalsvaartuie van die Amerikaanse Vloot
  • Die VS Vloot se Sea Shadow verskuilde vaartuig
    Die VS Vloot seSea Shadow verskuilde vaartuig
  • USS San Diego (LPD-22) ontvang haar kommissie, 19 Mei 2012
    USSSan Diego (LPD-22) ontvang haar kommissie, 19 Mei 2012
  • USS Virginia keer terug na die General Dynamics Electric skeepwerf
    USSVirginia keer terug na die General Dynamics Electric skeepwerf
  • USS San Antonio, 'n amfibiese transportdok (29 April 2005)
    USS San Antonio, 'n amfibiese transportdok (29 April 2005)
  • USS John F. Kennedy seil verby die Rots van Gibraltar terwyl dit die Middelandse See verlaat.
    USSJohn F. Kennedy seil verby die Rots van Gibraltar terwyl dit dieMiddelandse See verlaat.
  • Vier gestapelde Super Hornets vlieg oor die westelike Stille Oseaan (25 Okt. 2003)
    Vier gestapeldeSuper Hornets vlieg oor die westelikeStille Oseaan (25 Okt. 2003)
  • Lugwapenordonanse laai 500-pond lasergeleide bomme op 'n wapentros onder aan 'n Grumman F-14 Tomcat.
    Lugwapenordonanse laai 500-pond lasergeleide bomme op 'n wapentros onder aan 'nGrumman F-14 Tomcat.

Verwysings

[wysig |wysig bron]
  1. "Navy Birthday Information – 13 October 1775".Naval History & Heritage Command (in Engels). United States Navy. Geargiveer vanafdie oorspronklike op 1 Januarie 2015. Besoek op3 September 2014.
  2. "Precedence of the U.S. Navy and the Marine Corps".Naval History & Heritage Command (in Engels). United States Navy. Geargiveer vanafdie oorspronklike op 1 Januarie 2015. Besoek op3 September 2014.
  3. 3,03,13,2"Status of the Navy".Navy.mil (in Engels). U.S. Navy. 3 September 2014.Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 April 2020.
  4. Gates, Robert M. (Januarie–Februarie 2009)."A Balanced Strategy: Reprogramming the Pentagon for a New Age".Foreign Affairs. Council on Foreign Relations.
  5. Gates, Robert M. (17 April 2009)."Speech" (in Engels). Naval War College Newport, Rhode Island.Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 April 2015.
  6. Die USS Gerald R. Ford (CVN-78) en die USS John F. Kennedy (CVN-79)

Eksterne skakels

[wysig |wysig bron]
Internasionaal
Nasionaal
Kunstenaars
Ander
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Amerikaanse_Vloot&oldid=2759001"
Kategorieë:
Versteekte kategorie:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp