Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Amerikaanse Onafhanklikheidsoorlog

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
(Aangestuur vanafAmerikaanse Rewolusionêre Oorlog)
Amerikaanse Onafhanklikheidsoorlog
Deel van dieAmerikaanse Rewolusie

Die Amerikaanse Onafhanklikheidsoorlog
Datum19 April17753 September1783
LiggingOostelikeNoord-Amerika,Gibraltar,Baleariese Eilande,Sentraal-Amerika,Karibiese See,Atlantiese enStille Oseaan
ResultaatVrede van Parys
  • Onafhanklikheid van die VSA
Gebieds-
veranderinge
Nieu-Engeland word onafhanklik van dieKoninkryk van Groot-Brittanje,Spanje ontvangFlorida enMenorca van Groot-Brittanje,Frankryk ontvangSenegal enTobago van Groot-Brittanje, Groot-Brittanje ontvangNagapattinam van Nederland
Strydende partye
Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State
Frankryk (1778–1783)
Spanje (1779–1783)
Nederland (1780–1783)

Co-oorlogvoering
Mysore (1779–1784)
Vermont (1777–1783)
Oneida
Tuscarora
Watauga
Catawba
Lenape

Koninkryk van Groot-Brittanje
Braunschweig-Lüneburg
Hertog van Braunschweig
Waldeck

Co-oorlogvoering
Onondaga
Mohawk
Cayuga
Seneca
Cherokee

Aanvoerders
Vlag van Verenigde State van AmerikaGeorge Washington
Vlag van Verenigde State van AmerikaNathanael Greene
Vlag van Verenigde State van AmerikaHoratio Gates
Vlag van Verenigde State van AmerikaRichard Montgomery (†)
Vlag van Verenigde State van AmerikaDaniel Morgan
Vlag van Verenigde State van AmerikaHenry Knox
Vlag van Verenigde State van AmerikaBenedict Arnold
Vlag van Verenigde State van AmerikaFriedrich Wilhelm von Steuben
Vlag van Verenigde State van AmerikaGilbert du Motier
Comte de Rochambeau
Comte de Grasse
Duc de Crillon
Bailli de Suffren
Bernardo de Gálvez
Luis de Córdova
Juan de Lángara
Hyder Ali
Tipu Sultan
Lord North
Sir William Howe
Thomas Gage
Sir Henry Clinton
Lord Cornwallis
Sir Guy Carleton
John Burgoyne
George Eliott
Benedict Arnold
George Rodney
Richard Howe
Sir Hector Munro
Wilhelm von Knyphausen
Joseph Brant
Sterkte
35 000 VS-Amerikaanse soldate
44 500 milisie
5 000 matrose[1]
34 skepe (1779)[2]
53 skepe[1]
10 000 Franse soldate in die Amerikas
~60 000 Franse en Spaanse soldate in Europa
56 000 Britse soldate
78 skepe in 1775[1]
171 000 matrose[3]
30 000 Duitse soldate[4]
50 000 lojaliste[5]
13 000 Indiane[6]
Ongevalle en verliese
±50 000 VS-Amerikaners dood of gewond
±6 000 Franse en Spanjaarde in Europa
±20 000 Britte dood of gewond
19 740 matrose dood[3]
42 000 matrose gedros[3]
7 554 Duitsers dood

DieAmerikaanse Onafhanklikheidsoorlog (Engels:American Revolutionary War ofAmerican War of Independence) was 'n oorlog inNoord-Amerika tussen die13 kolonies en dieKoninkryk van Groot-Brittanje, wat op19 April1775 met dieAmerikaanse Rewolusie begin het en op3 September1783 met dieVrede van Parys geëindig het. Tydens die oorlog is dieVerenigde State van Amerika op4 Julie1776 gestig, wat Groot-Brittanje later met die Vrede van Parys erken het.

Ligging van die 13 kolonies in die huidige Verenigde State.
Territoriale uitbreiding van die jonge VSA.

Die Amerikaners het geglo dat dit onregverdig is om aan Brittanje belasting te betaal, aangesien hulle geen verteenwoordiging in die Britse parlement gehad het nie. Wedersydse ongelukkigheid het tot dieBostonslagting en dieBoston Teeparty aanleiding gegee, wat uiteindelik tot 'n volskaalse rewolusie geëskaleer het. Genl.George Washington het die Amerikaanse magte gelei.

In1778,1779 en1780 het dieEuropese magteFrankryk,Spanje enNederland met die ondersteuning van die rewolusie begin, wat die oorlog tot 'n globale konflik verhef het. In Februarie 1782 het Spanje Port Mahon op die eilandMenorca verower, terwyl die Spaanse beleg vanGibraltar misluk het. Groot-Brittanje het in dieselfde jaar die Deense en NederlandseGoudkus (die huidigeGhana) beset. Daarop het Franse troepe in die NederlandseKaapkolonie geland, om tesame 'n Britse aanval af te weer.[7] Die poging, om die Rewolusie na die Britse gebiedeFlorida enQuebec uit te brei, was nie suksesvol nie, maar Spanje het Florida van Groot-Brittanje verower.

Die oorlog is in 1781 beëindig nadat die Britse magte oorgegee het, en in 1783 is die Vrede van Parys onderteken. In hierdie vredesooreenkoms word die gebied van die onafhanklike VSA erken, begrens deur die BritseKanada in die noorde, die Spaanse Florida in die suide en die Franse gebiede wes van dieMississippirivier. Met 'n wyer internasionale vrede is ander gebiede tussen die Europese magte uitgeruil.

Veldslae van die oorlog

[wysig |wysig bron]

Sien ook

[wysig |wysig bron]

Verwysings

[wysig |wysig bron]
  1. 1,01,11,2(en) Jack P. Greene and J. R. Pole. A Companion to the American Revolution (Wiley-Blackwell, 2003), bl. 328.
  2. (en) Everett C. Dolman. The Warrior State: How Military Organization Structures Politics (Macmillan, 2004), bl. 163.
  3. 3,03,13,2(en) Mackesy (1964), bl. 6, 176 (British seamen)
  4. (en) A. J. Berry,A Time of Terror (2006) bl. 252
  5. (en) Claude, Van Tyne,The loyalists in the American Revolution (1902) bl. 182–3.
  6. (en) Greene and Pole (1999), bl. 393; Boatner (1974), bl. 545
  7. SienGeskiedenis van die ekonomiese ontwikkeling van Suid-Afrika#Tien jaar van kunsmatige welvaart: "Toe Nederland tot die oorlog toegetree het, het die Franse vloot onder Suffren ’n poging van die Britte om die Kaap te verower, verydel."

Eksterne skakels

[wysig |wysig bron]
Internasionaal
Nasionaal
Ander
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Amerikaanse_Onafhanklikheidsoorlog&oldid=2819165"
Kategorieë:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp