Amenemhat I was die eerstefarao van die 12de Dinastie, die dinastie wat beskou word as die goue era van dieMiddelryk vanAntieke Egipte. Hy het van 1991 tot 1962 v.C. regeer.[1]
Rliëfwerk van Amenemhat I by sy piramidekompleks by Lisjt.
Hy was waarskynlik dieselfde persoon as die hofamptenaar Amenemhat wat ’n ekspedisie naWadi Hammamat gelei het onder sy voorganger,Mentoehotep IV, en hy het moontlik dié se bewind omvergewerp.[2] Daar is egter geen bewyse dat hy hom doodgemaak het nie en dit kan wees dat hulle selfs ’n ruk lank saam regeer het.[3]
Amenemhet I was nie koninklik van geboorte nie en die samestelling van letterkundige werke (dieProfesie van Neferti)[4] en die terugkeer na diepiramide-boustyl van die 6de-dinastiese heersers kon pogings gewees het om wettigheid aan sy bewind te verleen. Amenemhat I het sy hoofstad vanThebe naItjtawy geskuif en is byLisjt begrawe.