Ambrose Mandvulo Dlamini | |
![]() | |
Ampstermyn 27 Oktober 2018 – 13 Desember 2020 | |
Monarg | Mswati III |
---|---|
Voorafgegaan deur | Vincent Mhlanga (wnd) |
Opgevolg deur | Themba N. Masuku (wnd) |
Persoonlike besonderhede | |
Gebore | (1968-03-05)5 Maart 1968 Mbekelweni, Manzini-streek,Swaziland |
Sterf | 13 Desember 2020 (op 52) Milpark Hospitaal,Parktown,Johannesburg |
Nasionaliteit | Swazi |
Politieke party | Onafhanklik |
Eggenoot/-note | Portia Thwala-Dlamini |
Alma mater | Universiteit van Swaziland Hampton Universiteit |
Ambrose Mandvulo Dlamini (5 Maart 1968 - 13 Desember 2020) was 'nSwazi-sakeleier wat as die tiende eerste minister vanEswatini gedien het vanaf Oktober 2018 tot en met sy dood op 13 Desember 2020.
Dlamini is in Eswatini se Manzini-streek gebore en het 'n graad aan die Universiteit van Swaziland en 'nMBA aan Hampton Universiteit behaal, waarna hy in die bank- en telekommunikasiesektore gewerk het. Sy loopbaan van meer as 18 jaar in hierdie sektore sluit in poste as besturende direkteur vanNedbank en as uitvoerende hoof vanMTN Eswatini.
Na die dood van premier Barnabas Sibusiso Dlamini in 2018, is Dlamini deur koningMswati III aangewys om hom op te volg. Hy was die jongste premier in die land se geskiedenis en het geen ervaring in die regering gehad nie. Sy werk in die regering het die besnoeiing van nie-wesenlike uitgawes ingesluit en planne beraam om die land se ekonomie te verbeter asook die gemak van sake doen. Hy was ook die hoof van die land sevigsraad.
Dlamini het aandiabetes gely,[1] en is positief getoets virCOVID-19 tydens dieCovid-19-pandemie in Eswatini op 15 November 2020. Hy is agt dae later in die hospitaal opgeneem nadat hy ligte simptome ondervind het.[2] Hy is vroeg in Desember na 'n hospitaal inJohannesburg oorgeplaas maar sterf daar op 13 Desember op 52-jarige ouderdom weens komplikasies van COVID-19. Hy was die eerste staatshoof wat weens die pandemie in die amp gesterf het.