Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Amazon.com

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Amazon.com, Inc.

TipePublieke maatskappy (corporation)
Gestig1994
StigterJeffrey P. Bezos (voorsitter, president)
Hoofkantoor
Seattle,Washington (HQ2 in Crystal City, VA en New York, NY beplan)
,
Gebied bedien
Wêreldwyd
Sleutelpersone
Andy Jassy,HUB
Werner Vogels(Tegniese direkeur)
ProdukteA2Z Development, A9.com, Alexa Internet, Amazon.com,Amazon Kindle, Amazon Studios, Amazon Web Services, Audible.com, digital Photography Review (dpreview.com), Endless.com, Internet Movie Database (IMDb), LoveFilm, The Book Depository, Zappos.com, Woot, Junglee.com, goodreads.com, myhabit.com, askville
DiensteWolkdienste
Inkomste $177,866 miljard (2017)
$4,106 miljard (2017)
59 248 000 000 Amerikaanse dollar (2024) Edit this on Wikidata
Totale bates420 549 000 000 Amerikaanse dollar (2021) Edit this on Wikidata
Aantal werknemers
1 300 000 (2020)
Webwerfwww.amazon.comEdit this at Wikidata

Amazon.com, Inc. is 'nAmerikaanse multinasionale elektroniese handelsmaatskappy met sy hoofkwartier inSeattle,Washington. Dit is die wêreld se grootste aanlyn-handelaar. Daarnaas vervaardigAmazon ook elektroniese verbruikersware soos dieAmazon Kindle-reeks vane-boeklesers en dieKindle Fire-tabletrekenaar en is een van die grootste verskaffers van wolkdienste vir internet-gebruikers. In Julie 2015 hetAmazon.comWalmart verbygesteek om die grootste Amerikaanse handelsreus volgens markkapitalisasie ($250 miljard) te word.[1]

Net buite syDay One-hoofkampus in Seattle het Amazon.com die sogenaamdeAmazon Spheres laat oprig - reusekweekhuise wat kantore, restaurante, ontmoetplekke en geselskapsale vir medewerkers huisves en intussen 'n toeriste-aantreklikheid geword het

Amazon het tans nasionale aanlynwinkels in die Verenigde State,Kanada,Meksiko,Brasilië, dieVerenigde Koninkryk en dieRepubliek Ierland,Frankryk,Duitsland,Oostenryk,Italië,Spanje,Nederland,Turkye,Japan,Indië, dieVolksrepubliek China enAustralië. Nederlandse, Poolse en Turkse weergawes van die Duitse Amazon-aanlynwinkel is reeds in 2016 geloods.

Die maatskappy is oorspronklik in Julie 1994 deurJeff Bezos asCadabra geïnkorporeer en het in 1995 asamazon.com aanlyn gegaan. Dit is na dieAmasone-rivier inSuid-Amerika, een van die grootste riviere ter wêreld, genoem.[2] Aanvanklik hetamazon.com as aanlyn-boekwinkel opgetree, maar sy besighede vinnig uitgebrei om ook kompakskywe,DVD's,MP3-lêers,sagteware, videospelletjies, elektroniese verbruikersware,klere,meubels,kos, speelgoed en juweliersware in te sluit.

In enkele Amerikaanse metropole het Amazon sy besigheidsbelange uitgebrei na vars en bevrore kos. Klante kan tussen 20 000 produkte kies wat deur Amazon se eie vloot vragmotors afgelewer word. In Februarie 2016 het die vierde grootste Britse supermarkkettingMorrison's bekend gemaak dat hulle 'n strategiese alliansie met die Amerikaanse aanlynreus gesluit het. Klante, wat op Amazon se Prime- en Pantry-programme ingeteken het, sal kos aanlyn kan bestel.[3]

In September 2018 het Amazon.com donasies ter waarde van VSA-$1 miljoen aan dieWikimedia-stigting geskenk.[4]

Op 13 November 2018 het Amazon.com bekend gemaak dat die kampusse van sy tweede hoofkwartier in Long Island City,New York en Crystal City (in die noorde van die deelstaatVirginië) gevestig sal word. Die besluit, waaraan beleggings ter waarde van $5 miljard en die skepping van 50 000 nuwe goedbetaalde poste in die hoëtegnologiebedryf gekoppel sal wees, sal voor- en nadelige ekonomiese uitwerkings vir die metropolitaanse gebiede van New York enWashington, D.C. hê.

Sien ook

[wysig |wysig bron]

Verwysings

[wysig |wysig bron]
  1. New York Times, 15 Augustus 2015: Inside Amazon: Wrestling Big Ideas in a Bruising Workplace
  2. Ann Byers:Jeff Bezos: The founder of Amazon.com. The Rose Publishing Group. Sienbl. 46-47
  3. www.spiegel.de, 29 Februarie 2016: Deal mit Supermarkt-Kette: Amazon will erstmals in Europa frische Lebensmittel liefern. Besoek op 29 Februarie 2016
  4. GeekWire, 25 September 2018: Amazon donates $1M to Wikipedia’s nonprofit parent organization. Besoek op 13 November 2018

Eksterne skakels

[wysig |wysig bron]
Tegnologie

Maatskappye in dieNASDAQ-100-indeks
Internasionaal
Nasionaal
Akademie
Ander
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Amazon.com&oldid=2768256"
Kategorieë:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp