'nLegering (ofallooi) is 'n kombinasie, hetsy inoplossing ofverbinding van twee of meerelemente waarvan ten minste een 'nmetaal is en waar die resulterende materiaal metaaleienskappe het. 'n Legering met twee komponente word 'n binêre legering genoem; een met drie 'n ternêre legering; een met vier 'n kwarternêre legering. Die resultaat is 'n metaalagtige stof met eienskappe wat verskil van die komponente.
Legerings word gewoonlik ontwerp om eienskappe te hê wat meer wenslik is as dié van hulle komponente alleen.Staal is byvoorbeeld sterker asyster, een van die hoofbestanddele daarvan, engeelkoper is meer duursaam askoper, maar baie meer aantreklik assink.
Anders as suiwer metale, het baie legerings nie 'n enkelesmeltpunt nie. In plaas daarvan het hulle 'n smeltreeks waar die materiaal bestaan uit 'n mengsel vanvastestof- envloeistoffases. Die temperatuur waarby die smelting begin word diesolidus genoem en waar die smeltproses volledig voltooi is, dieliquidus. Spesiale legerings met 'n enkele smeltpunt kan egter ook ontwerp word en hulle wordeutektiese mengsels genoem. Ander legerings bestaan uit net eenintermetaalverbinding.
Somtyds word daar bloot na 'n legering verwys met die naam van die basismetaal, soos in die geval van 14karaat (58%)goud wat 'n legering van goud met ander elemente is. Dieselfde geld virsilwer wat injuweliersware gebruik word enaluminium wat struktureel aangewend word.
Bekende legerings sluit in: