Allergieë, ook bekend asallergiese siektes, is 'n aantal toestande wat veroorsaak word deur 'n hipersensitiwiteit van dieimmuunstelsel vir tipies onskadelike stowwe in die omgewing. Hierdie siektes sluithooikoors, voedselallergieë,atopiese dermatitis, allergieseasma en anafilakse in. Simptome kan rooi oë, jeukerige uitslag, nies, loopneus, kortasem en swelling insluit. Voedselonverdraagsaamhede en -vergiftiging is afsonderlike toestande.
Algemene allergene sluitstuifmeel en sekere voedsel in.Metale en ander stowwe kan ook sulke simptome veroorsaak. Voedsel, inseksteke enmedisyne is algemene oorsake van ernstige reaksies. Die reaksies se ontwikkeling is te wyte aangenetiese en omgewingsfaktore. Die onderliggende meganisme behels immuunglobulien E teenliggaampies (IgE), deel van die liggaam se immuunstelsel, wat aan 'n allergeen bind en dan aan 'n reseptor opmasselle ofbasofiele waar dit die vrystelling vaninflammatoriese stowwe sooshistamien veroorsaak. Diediagnose is gewoonlik gebaseer op 'n persoon se mediese geskiedenis. Verdere toetsing van dievel ofbloed kan in sekere gevalle nuttig wees. Positiewe toetse beteken egter nie noodwendig dat daar 'n beduidende allergie vir die betrokke stof is nie.
Vroeë blootstelling aan moontlike allergene kan beskermend wees. Behandelings vir allergieë sluit in die vermyding van bekende allergene en die gebruik van medisyne soossteroïedes enantihistamien. Met ernstige reaksies word inspuitbareadrenalien (epinefrien) aanbeveel. Allergeenimmunoterapie, wat mense geleidelik aan groter en groter hoeveelhede van 'n allergeen blootstel, is nuttig vir sommige soorte allergieë, soos hooikoors en reaksies op insekbyte. Die gebruik daarvan met voedselallergieë is onduidelik.
Allergieë kom algemeen voor. In dieontwikkelde wêreld word ongeveer 20% van mense geraak deurallergiese rinitis, ongeveer 6% van mense het ten minste een voedselallergie, en ongeveer 20% het op 'n stadium atopiese dermatitis gehad. Afhangend van die land het ongeveer 1–18% van mense asma. Anafilakse kom tussen 0,05–2% van mense voor. Die woord "allergie" is vir die eerste keer in 1906 deur Clemens von Pirquet gebruik.[1][2][3][4][5]
↑Cox L, Williams B, Sicherer S, Oppenheimer J, Sher L, Hamilton R, Golden D (Desember 2008). "Pearls and pitfalls of allergy diagnostic testing: report from the American College of Allergy, Asthma and Immunology/American Academy of Allergy, Asthma and Immunology Specific IgE Test Task Force".Annals of Allergy, Asthma & Immunology.101 (6): 580–92.doi:10.1016/S1081-1206(10)60220-7.PMID19119701.