Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Alija

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Nuwe immigrante in Israel, Desember 2007.

Alija[1] (Hebreeus: עֲלִיָּה, "opkoms") is die immigrasie vanJode van dieJoodse diaspora na histories dieHeilige Land, wat vandag die moderne staatIsrael insluit. Dit word gedefinieer as "die daad om op te gaan" – dus na Jerusalem. Om "alija" te maak deur na die land Israel te verhuis is een van die basiesste leerstellings vanSionisme.

Die teenoorgestelde aksie, emigrasie uit Israel, word in Hebreeusjerida ("daling") genoem.[2]

Agtergrond

[wysig |wysig bron]

Vir 'n groot deel van hulle geskiedenis het die meeste Jode in die diaspora gewoon, waar alija as 'n nasionale ambisie vir die Joodse volk ontwikkel is. Dit is egter nie gewoonlik vervul nie, tot met die ontwikkeling van die Sionistiese beweging in die laat 19de eeu.[3]

Die grootskaalse immigrasie naPalestina het in 1882 begin.[4] Sedert die stigting van die moderne staat Israel in 1948 het miljoene Jode al na Israel verhuis.[5] Teen 2014 het Israel en die aangrense gebiede 42,9% van die wêreld se Joodse bevolking bevat.[6]

Die staat Israel seTerugkeerwet gee aan alle Jode, hulle kinders en hulle kleinkinders outomaties die reg om daar te woon en Israelse burgerskap te kry.

Sien ook

[wysig |wysig bron]

Verwysings

[wysig |wysig bron]
  1. "Alija" in die Nuwerwetse Politieke Woordeboek. Aanlyn byviva-afrikaans.org (intekening nodig). Besoek op 14 Augustus 2021.
  2. ""Aliyah": The Word and Its Meaning". 15 Mei 2005. Geargiveer vanafdie oorspronklike op 19 Desember 2009. Besoek op29 April 2013.
  3. Rosenzweig, Rafael N. (1989).The Economic Consequences of Zionism. E.J. Brill. p. 1.ISBN 9-004091-47-5.
  4. Schneider, Jan (Junie 2008)."Israel".Focus Migration. 13. Hamburg Institute of International Economics.ISSN 1864-6220. Geargiveer vanafdie oorspronklike op 14 Mei 2019. Besoek op29 April 2013.
  5. "400 olim arrive in Israel ahead of Independence Day - Israel Jewish Scene, Ynetnews". Ynetnews.com. Besoek op29 April 2013.
  6. DellaPergola, Sergio (2014). Dashefsky, Arnold; Sheskin, Ira (reds.)."World Jewish Population, 2014".Current Jewish Population Reports. The American Jewish Year Book (Dordrecht: Springer).11: 5–9, 16–17. Besoek op3 Januarie 2016.

Skakels

[wysig |wysig bron]
NormdataEdit this at Wikidata
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Alija&oldid=2441837"
Kategorie:
Versteekte kategorieë:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp