Ali MacGraw |
 |
MacGraw in 1972. |
|
Geboortenaam | Elizabeth Alice MacGraw |
---|
Geboorte | 1 April 1939 (1939-04-01) (85 jaar oud) Pound Ridge,New York, Verenigde State |
---|
Nasionaliteit | Amerikaans |
---|
Beroep(e) | Aktrise |
---|
Aktiewe jare | 1968-tans |
---|
Elizabeth Alice "Ali"MacGraw (gebore op1 April1939)[1][2] is ’nAmerikaanseaktrise, model, skrywer en diereregte-aktivis.
Van 1960 af het MacGraw ses jaar lank byHarper's Bazaar gewerk as ’n fotografie-assistent[2] en daarna byVogue as ’nmodel. Sy was ook ’n ruk lank ’n binneversierder.
Sy het haar toneelspelloopbaan in TV-advertensies begin. Die eerste rolprent waarin sy aandag getrek het, wasGoodbye, Columbus (1969), waarvoor sy dieGolden Globe vir die mees belowende nuweling gewen het. Sy het egter internasionaal roem behaal met haar rol in 1970 seLove Story teenoorRyan O'Neal. Sy is vir ’nOscar benoem en het die Golden Globe vir beste aktrise in ’n drama gewen. Dit was een van die prente wat die meeste geld nog laat inrol het.[3] In 1972 is sy gekies as die top- vroulike loketster in die wêreld.[4]
MacGraw het in 1972 in die misdaadprentThe Getaway gespeel en is daarna met haar medesterSteve McQueen getroud. Later was sy in die aksiefliekConvoy (1978) en die TV-minireeksThe Winds of War (1983). In 1991 het sy haar outobiografie,Moving Pictures, gepubliseer.