Algol is eintlik ’n driedubbele sterstelsel (Beta Persei A, B en C), waarin die groot, helder Beta Persei A gereeld deur die dowwer Beta Persei B verduister word. Dus is Algol seskynbare magnitude byna konstant 2,1, maar dit verdof elke 2 dae, 20 uur en 49 minute tot 3,4 tydens die rofweg 10 uur lange gedeeltelike verduisterings. Daar is ook ’n sekondêre verduistering (die "tweede minimum") wanneer die helder ster voor die dowwe ster verbybeweeg. Hierdie tweede verduistering kan net foto-elektries waargeneem word.[6] Die klas veranderlike sterre bekend asAlgol-veranderlikes is na dié ster genoem.
Algol B wentel om Algol A. Dié animasie is saamgestel met 55 beelde van die CHARA-interferometer in dienaby-infrarooi-H-band. Omdat die beeldgehalte van sekere fases nie goed is nie, beweeg B rukkerig.
Van dieAarde af gesien, vorm Algol A en Algol B ’nverduisterende dubbelster vanweë hul wentelvlak. Algol is egter eintlik ’n driedubbele stelsel: die verduisterende paar word deur net 0,062 AE geskei (1 AE is die afstand tussen die Aarde en dieSon), terwyl die derde ster in die stelsel (Algol C) sowat 2,69 AE van hulle af is. Die wentelperiode van die drie sterre is 681 dae. Hul totalemassa is sowat 5,8 sonmassas, en die massaverhouding tussen A, B en C is sowat 4,5:1:2.
Die bestudering van Algol het gelei tot dieAlgol-paradoks inster-evolusie: hoewel twee sterre in ’n dubbelstelsel op dieselfde tyd vorm en sterre met ’n groot massa se evolusie vinniger is as dié met ’n kleiner massa, is opgemerk dat Algol A, wat ’n groter massa het, nog in syhoofreeksfase is terwyl Algol B, wat ’n kleiner massa het, ’nsubreusester en dus in ’n latere evolusiefase is. Die paradoks kan opgelos word met massaoordrag: B het aanvanklik die grootste massa gehad en dus het dit ’n subreus geword. Die ster het syRoche-lob oorskrei en die meeste van sy massa is oorgedra aan die kleiner A, wat nog in die hoofreeks is. Dit het tot gevolg gehad dat A nou die grootste massa het. In sommige dubbelstelsels soortgelyk aan Algol kan ’n gasvloei gesien word.[10]
Die stelsel toon ook veranderlike aktiwiteite in die vorm vanX-strale enradiogolf-uitbarstings. Eersgenoemde word vermoedelik veroorsaak deur die ’n wisselwerking tussen diemagneetvelde van A en B en die massaoordrag.[11] Die radiogolf-uitstralings word dalk veroorsaak deur magnetiese siklusse soortgelyk aan dié vansonvlekke, maar omdat die magneetvelde van hierdie sterre tot 10 keer so sterk is as dié van die Son, is die uitstralings kragtiger en meer gereeld.[12]
Die sterrebeeld Perseus en Algol, die helder ster in dieGorgo se kop (Johannes Hevelius,Uranographia, 1690).
Algol is sowat 92,8 ligjare van die Son af geleë, maar sowat 7,3 miljoen jaar gelede het dit binne 9,8 ligjare van dieSonnestelsel af verbybeweeg.[13] Hulskynbare magnitude was toe -2,5, wat heelwat helderder is as dié vanSirius vandag. Vanweë die groot totale massa van die Algol-stelsel (5,8 sonmassas) kon dieswaartekrag groot genoeg gewees het om dieOort-wolk van die Sonnestelsel te versteur en die getalkomete na die binneste deel van die Sonnestelsel te laat toeneem. Dit sou egter in ’n klein mate gewees het.[14]
Die ster het histories in verskeie kulture ’n sterk verbintenis met duiwels en geweld.
Die naam Algol is afgelei van dieArabieseرأس الغولra's al-ghūl: kop (ra's) van die lykverslinder (al-ghūl).[15] Die naam "Duiwelster" is ’n direkte vertaling daarvan.[16]
Ptolemeus het na Algol verwys as "dieGorgo vanPerseus" en dit verbind met die dood deur onthoofding: ’n tema wat dieGriekse mite weerspieël van die heldPerseus se oorwinning oor die GorgoMedusa toe hy haar kop afgekap het.[17]
↑1,01,11,21,3"Database entry for Algol A".SIMBAD Astronomical Database (in Engels). Centre de Données astronomiques de Strasbourg.Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 Desember 2016. Besoek op9 Februarie 2008.
↑"Database entry for Algol B".SIMBAD Astronomical Database (in Engels). Centre de Données astronomiques de Strasbourg.Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 Mei 2016. Besoek op9 Februarie 2008.
↑3,03,13,2Ducati, J. R. (2002). "VizieR Online Data Catalog: Catalogue of Stellar Photometry in Johnson's 11-color system".CDS/ADC Collection of Electronic Catalogues.2237: 0.Bibcode:2002yCat.2237....0D.
↑Rhee, Joseph H. et al. (Mei 2007), "Characterization of Dusty Debris Disks: The IRAS and Hipparcos Catalogs", The Astrophysical Journal660 (2): 1556–1571, doi:10.1086/509912, Bibcode: 2007ApJ...660.1556R
↑Peter Mack:Gids tot die Naghemel van Suider-Afrika. e-Boek-uitgawe. Kaapstad: Struik Nature 2012, bl. 96
↑L. A. Molnar; R. L. Mutel (1996). "Dynamical Evolution of the Algol Triple System".Bulletin of the American Astronomical Society.28 (1–2): 921.Bibcode:1996AAS...188.6014M.
Bezza, Giuseppe."Al-ghûl, the ogre". Vertaal deur Daria Dudziak. Cielo e Terra.Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 Junie 2006. Besoek op8 Junie 2006.