Algerië (Arabies: الجزائر,al-Jazā'ir;Berbers: ⴷⵣⴰⵢⴻⵔ,Dzayer,Frans:Algérie), amptelik dieDemokratiese Volksrepubliek Algerië (Arabies: الجمهورية الجزائرية الديمقراطية الشعبية; Berbers: ⵟⴰⴳⴷⵓⴷⴰ ⵜⴰⵎⴻⴳⴷⴰⵢⵜ ⵜⴰⵖⴻⵔⴼⴰⵏⵜ ⵜⴰⵣⵣⴰⵢⵔⵉⵜ), is 'n groot, bergagtige land inNoord-Afrika en die grootste land vanAfrika, effens groter as dieDemokratiese Republiek van die Kongo. Die grootste deel van die land lê in dieSaharawoestyn met 'n smal kusvlakte aan dieMiddellandse See, noord van dieAtlasgebergte. In die suidooste van Algerië is dieAhaggarbergreeks geleë. In die suide grens dit, van wes na oos, aanWes-Sahara,Mauritanië,Mali,Niger enLibië. Die Middellandse See vorm die noordgrens. Dit vorm saam metMarokko enTunisië, waartussen dit lê, dieMagreb (ofTamazgha).
Nasa-satellietbeeld van AlgeriëKaart van AlgeriëTopografiese kaart van AlgeriëKlimaatsones in Algerië volgens dieKöppen-klimaatklassifikasie
Algerië het 'n ouBerber-beskawing wat dateer uit die jaar 200 v.C. tydens die Berber-koninkrykNumidië. Algerië was tussen 1830 en 1962 'n kolonie vanFrankryk. Die land het op 5 Julie 1962 onafhanklik geword.
Diehoofstad en grootste stad isAlgiers. Die meeste mense woon in die breë, bergagtige kusstrook. In die suide is 'n deel van die noordelike Sahara. Die oorheersende godsdiens isIslam, maar die land het ook 'n klein persentasieChristene.
Die landsnaam is ontleen aan die stadAlgiers. Die stadsnaam op sy beurt is afgelei van die Arabieseal-Jazā'ir (الجزائر, "die eilande"),[8] 'n korter vorm van die ouerJazā'ir Banī Mazghanna (جزائر بني مزغنة, "Eilande van die Mazghanna-stam"),[9][10] gebruik onder andere deur die Middeleeuse geograafal-Idrisi.
Sedert 1992 beveg die Algerynse regering diverse groepe Islamitiese ekstremiste. Veral deur terreuraksies van hierdie groepe, het tienduisende mense in dorpe en stede in die noorde van Algerië gesterf. Die land ly ook onderwerkloosheid,watertekort enbehuisingsnood. In 2003 is die noorde deur 'n sterkaardbewing getref.
Algerië is 'n unitêre semi-presidensiële grondwetlikerepubliek. Dieparlement bestaan uit 'n nasionale vergadering van 480 lede wat elke vyf jaar verkies word, en 'n nasionale raad met 96 indirek gekose en 48 deur die president benoemde lede; elke drie jaar word die helfte van die lede verkies. Die president word elke vyf jaar regstreeks verkies.