Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Alexios III Angelos

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Alexios III Angelos
Keiser van die Bisantynse Ryk

Bewind8 April1195 -18 Julie1202
HuisAngelos
VoorgangerIsak II Angelos
OpvolgerIsak II Angelos enAlexios IV Angelos
GeboreOmstreeks 1153
Oorlede1211
VrouEuphrosyne Doukaina Kamatera
VaderAndronikos Doukas Angelos
MoederEuphrosyne Kastamonitissa
GodsdiensOosters-Ortodoks

Alexios III Angelos (Grieks: Ἀλέξιος Γ′ Ἄγγελος; omstreeks 1153-1211) was van 1195 tot 1203keiser van dieBisantynse Ryk. Hy was die ouer broer vankeiser Isak II en die seun van Andronikos Doukas Angelos, ’n militêre leier inKlein-Asië, en Euphrosyne Kastamonitissa. Andronikos was die seun van Konstantyn Angelos en Theodora Komnene, die jongste dogter van keiserAlexios I Komnenos en Irene Doukaina. Alexios was dus lid van die uitgebreide Komnenos-familie.

Opkoms

[wysig |wysig bron]

Tydens die kort bewind vanAndronikos I Komnenos was Alexios saam met sy pa en broers, ook Isak, betrokke by ’n opstand en hy het verskeie jare in bannelingskap deurgebring. Isak is nie gestraf nie en het inKonstantinopel gebly. Maar op 11 September 1185, terwyl die gehate Andronikos uitstedig was,[1] het sy luitenant Stephen Hagiochristophorites Isak gearresteer.[2] Isak het Hagiochristophorites doodgemaak en in dieHagia Sophia gaan skuil. Hy het ’n beroep om hulp op die inwoners gedoen, en toe Andronikos terugkeer na die stad, moes hy hoor Isak is as die nuwe keiser aangewys. Alexios was nou nader aan die keiserlike troon as ooit tevore.

Teen 1190 het Alexios teruggekeer na sy jonger broer se hof. In Maart 1195, terwyl Isak II op ’n jagekspedisie inThracië was, is Alexios deur die leër as nuwe keiser aangewys. Alexios het Isak gevange geneem, sy oë laat uitsteek en hom in Konstantinopel aangehou.[3]

Bewind

[wysig |wysig bron]
Alexios III uitPromptuarii Iconum Insigniorum.

Om vir sy misdaad te vergoed en sy posisie as keiser te versterk het Alexios geld so kwistig uitgegee dat hy die staatskas geledig het en sy offisiere soveel vryhede toegelaat dat die ryk feitlik onverdedig was. Dit het onvermydelik tot die finansiële verval van die ryk gelei. In 1196 het die keiser van dieHeilige Romeinse Ryk, Hendrik VI, Alexios probeer dwing om ’nheffing aan hom te betaal om te keer dat hy Bisantium binneval. Alexios het die geld bymekaargemaak deur die keiserlik graftombes te beroof en belasting te verhoog, hoewel Hendrik se dood in September 1197 beteken het die geld is nooit gestuur nie.

Die beleg van Konstantinopel in 1204, deur Palma il Giovane.

Die ooste van die ryk is deur dieSeldjoekse Turke oorgeneem en in die noorde is dieBalkan-provinsies deurBulgarye enHongarye geplunder terwyl die keiser die ryk se geld op sy uitspattige paleise en tuine verkwis het en die krisis op ’n diplomatieke manier probeer oplos het.

In 1200 het Bisantium se eens goeie betrekkinge metSerwië versuur en dit het die ryk sonder ’n enkele bondgenoot in Suidoos-Europa gelaat.[4][5]

Gou was daar ’n bedreiging uit ’n nuwe oord. In 1202 het soldate inVenesië byeengekom vir dieVierde Kruistog.Alexios IV Angelos, die seun van die afgesette Isak II, het uitKonstantinopel ontsnap en het nou die Kruisvaarders se hulp gevra om sy oom van die troon te sit en Alexios te help om keiser te word. Hy het beloof om diekerkskeuring tussen dieooste en dieweste te beëindig, vir die Kruisvaarders se vervoer te betaal en militêre steun te verskaf.[3]

Die Kruisvaarders het hul bestemming vanEgipte na Konstantinopel verander en in Junie 1203 daar aangekom. Hulle het Alexios IV tot keiser verklaar. Alexios III se pogings om die Kruisvaarders om te koop het misluk en die beleg van Konstantinopel het begin. Ongelukkig was daar nie veel van die Bisantynse vloot oor nie weens die onbekwaamheid van Alexios III. In Julie het die Kruisvaarders ’n groot deel van die stad oorgeneem en in die daaropvolgende gevegte het hulle die stad aan die brand gesteek, wat 20 000 mense dakloos gelaat het. Op 17 Julie het Alexios III 17 leërafdelings teen die Kruisvaarders gelei. Sy moed het hom egter begewe en die leër het na die stad teruggekeer sonder om te veg. Daardie nag het Alexios III in die paleis weggekruip en met soveel goud as wat hy kon bymekaarmaak, in ’n boot na Thracië ontsnap. Isak II, swak ná agt jaar in aanhouding, is as keiser herstel met sy seun, Alexios IV, in beheer.

Verwysings

[wysig |wysig bron]
  1. Chisholm 1911, p. 975. harv error: no target: CITEREFChisholm1911 (help)
  2. Harris 2003, p. 136.
  3. 12Bury 1911. harv error: no target: CITEREFBury1911 (help)
  4. Fine 1994, p. 46.
  5. Ćirković 2004, p. 34-35.

Bronne

[wysig |wysig bron]
Romeinse Ryk
Oos-Romeinse Ryk
Niceense Ryk
Oos-Romeinse Ryk
Internasionaal
Nasionaal
Mense
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Alexios_III_Angelos&oldid=2761334"
Kategorieë:
Versteekte kategorieë:

[8]ページ先頭

©2009-2026 Movatter.jp