| Alexandria Ocasio-Cortez |
 Lid van die United States House of Representatives |
| Ampsbekleër |
Termynaanvang Januarie 3, 2019 |
| Voorafgegaan deur | Joe Crowley |
|---|
Persoonlike besonderhede |
|---|
| Gebore | 13 Oktober 1989 (1989-10-13) (36 jaar oud) Bronx,New York Stad, Verenigde State |
|---|
| Politieke party | Demokratiese Party |
|---|
Alexandria Ocasio-Cortez (gebore 13 Oktober 1989) is 'n Amerikaanse politkus en aktivis.[1]Op 26 Junie 2018 het Ocasio-Cortez die primêre verkiesing van die Demokratiese Party in die 14de kongresdistrik van New York gewen wat dele van dieBronx en Queens inNew York Stad insluit. Die sittende , Demokratiese Kongreslid Joe Crowley, het teen haar verloor in een van die grootste verassingsoorwinning in die 2018 middeltermyn-Demokratiese voorverkiesings.[2] Sy is tydens die algemene verkiesing van 6 November 2018 tot die Amerikaanse Kongres verkies. Ocasio-Cortez is 'n lid van die Demokratiese Sosialiste van Amerika. 'n Lid van dieDemokratiese Party, sy is die Amerikaanse verteenwoordiger vir New York vanaf 3 Januarie 2019.
Voordat sy tot die Kongres verkies was, was Ocasio-Cortez 'n gemeenskapsorganiseerder wat in die Bronx werksaam was en dien as onderwysdirekteur vir die 2017 Northeast Collegiate World Series vir die National Hispanic Institute. Teen die ouderdom van 29 jaar is sy die jongste vrou om in die Kongres in die geskiedenis van dieVerenigde State te dien.
Ocasio-Cortez was gebore in dieBronx,New York Stad, op 13 Otober 13 1989, aan Blanca Ocasio-Cortez en Sergio Ocasio.[3] Haar pa is 'n argitek en haar ma is gebore inPuerto Rico.[4]
Ocasio-Cortez het teen die Republikeinse genomineerde Anthony Pappas in die algemene verkiesing van 6 November gestaan. Pappas, wat in Astoria woon, is 'n ekonomie professor aan die St. John's Universiteit. Volgens dieNew York Post het Pappas nie aktief veldtog gevoer nie. DiePost het geskryf dat Pappas se deelname waarskynlik nie sukses kon behaal nie. In die distrik is daar byna ses teen een meer geregistreerde Demokrate as Republiekyne. Ocasio-Cortez is onderskryf deur verskeie polities progressiewe organisasies en figure, waaronder voormalige presidentBarack Obama en die Amerikaanse senatorBernie Sanders.
Ocasio-Cortez het die verkiesing met 78% van die stemme (110 318) gewen teen Pappas se 14% (17 762). Haar verkiesing was deel van 'n breër Demokratiese oorwinning in die middeltermynverkiesing in 2018, aangesien die party beheer oor die Huis van Verteenwoordigers verkry het deur minstens 40 setels by te wen.
|
|---|
| Internasionaal | |
|---|
| Nasionaal | |
|---|
| Mense | |
|---|
| Ander | |
|---|