Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Aldi

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Aldi Nord/Aldi Süd
Logo Aldi Süd
TipeAldi Nord: GmbH & Co. oHG
Aldi Süd: GmbH & Co. oHG
Streeksfiliale: GmbH & Co. KG (Duitsland), AG (Switserland)
Gestig1913 (vanaf 1962 bekend as ALDI)
HoofkantoorEssen (Aldi Nord)
Mülheim an der Ruhr (Aldi Süd), Duitsland
IndustrieVoedselhandel
Inkomste€9,95 miljard[1] (Aldi Nord)
€12,5 miljard[1] (Aldi Süd)
€52,8 miljard[1] (Aldi-Groep totaal, wêreldwyd)
Netto inkomste€295 miljoen[1] (Aldi Nord)
€460 miljoen[1] (Aldi Süd)
Webwerfaldi.com
'n Aldi-winkel in 2015
Vanaf 2016 is'n moderniseringsprogram onderneem waarin die "Aldi-winkel van die toekoms" sentraal staan
Aldi-supermark in Londen

Aldi ('n afkorting vanAlbrecht-Discount, "Albrecht-afslagwinkel") is 'nDuitse supermarkketting wat in 1946 inMülheim an der Ruhr in die deelstaatNoordryn-Wesfale deur die broers Karl (1920–2014) en Theo Albrecht (1922–2010) gestig is (alhoewel die onderneming se oorspronge terugstrek tot 1913).. Die onderneming is later opgedeel in Aldi Nord (bestuur deur Theo) en Aldi Süd (bestuur deur Karl). Buitelandse dogtermaatskappye het in Europa en oorsee (Verenigde State enAustralië) ontstaan.

Aldi het sy groot sukses in die kleinhandelsbedryf aan sy innoverende konsep te danke – met 'n beperkte verskeidenheid wat hoofsaaklik uit generiese produkte van hoë gehalte bestaan en wat gewoonlik sowat die helfte minder kos as vergelykbare handelsmerke, eenvoudig toegeruste winkels, 'n voortdurend geoptimeerde logistiek en 'n weeklikse aanbod van nie-voedselprodukte soos tekstiele, elektroniese verbruikersware en ander teen lae pryse.

Aldi in die Verenigde State

[wysig |wysig bron]

In die Verenigde State doen Aldi Nord sake onder die naamTrader Joe's.[2]

Verwysings

[wysig |wysig bron]
  1. 1,01,11,21,31,4(de)Aldi-Bilanz 2010: Gewinnsprung im Norden, mediatribune.de, 26. Junie 2012.
  2. worldemand.com, 19 April 2020: Here Are 25 Things That You Did Not Know About Aldi. Besoek op 7 Junie 2020

Eksterne skakels

[wysig |wysig bron]
NormdataEdit this at Wikidata
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Aldi&oldid=2611229"
Kategorie:
Versteekte kategorieë:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp