'nAldehied is 'n organiese verbinding wat 'n karboniel-funksionele-groep (C=O) besit wat aan die einde van 'n ketting sit. Dit beteken dat in teenstelling tot wat byketone die geval is, aan die karboniel se koolstofatoom ook 'n waterstofatoom geheg is. Die teenwoordigheid van hierdie waterstofatoom maak die chemie van ketone en aldehiede verskillend genoeg dat hulle as twee verskillende funksionele groepe en klasse verbindings gereken word.
Die bekendste en eenvoudigste aldehied isformaldehied of metanaal. Metanaal is egter 'n besondere geval omrede die koolstofatoom twee waterstofatome dra pleks van een. Die tweede lid van diehomoloë reeks is asetaldehied of etanaal en dit is meer kenmerkend vir dié klas van verbindings se chemie. Metanaal en etanaal is alifatiese aldehiede sonder ander funksionele groepe. Hulle wordalkanale genoem. Daar is egter ook aromatiese aldehiede, soosbensaldehied.
Aldehiede kan deur oksidasie van primêre alkohole gevorm word. Asetaldehied (etanaal) is die oksidasieproduk van etanol, die alkohol wat in wyn en bier voorkom.
In teenstelling tot dieketone wat uit sekundêre alkohole gevorm word kan aldehiede maklik verder tot kalboksielsure geoksideer word.[1] Etanol oksideer tot etanaal en dit totasynsuur
Hulle vorm metTollens se reagens daardeur maklik 'n silwerspieël en hierdie reagens kan gebruik word om die verskil tussen die twee klasse karbonielverbindings te demonstreer.
Aldehiede kantoutomerie vertoon. Hulle atome kan anders rangskik en 'n alkenol vorm:
Die alkanaal is nogtans gewoonlik die stabielste vorm