Prins Albert van Sakse-Koburg en Gotha (Francis Albert Augustus Charles Emmanuel' 26 Augustus1819 – 14 Desember1861), later SKH die Prinsgemaal, was die eggenoot van koninginVictoria van die Verenigde Koninkryk. Talle geboue en plekke is na hom genoem, onder ander die Albert Memorial, dieAlbert Hall en die Victoria & Albert Museum inLonden.
Hy het in kuns, musiek, wetenskap en die nywerheid belanggestel. In 1851 reël hy die Groot Tentoonstelling in Londen. Dit was 'n groot sukses en het sy gewildheid in Engeland aangehelp.
Die prinsgemaal is op 14 Desember 1861 aan ingewandskoors dood weens die swak sanitêre toestand in Windsor-kasteel. Sy dood het Victoria baie swaar getref nadat haar ma vroeër in die jaar dood is.[1] Sy het ’n routydperk betree en vir die res van haar lewe swart gedra. Sy het min in die openbaar verskyn en die volgende paar jaar min in Londen gekom. Haar afsondering het haar die bynaam "Weduwee van Windsor" besorg. Sy het haar seunEdward, die Prins van Wallis, vir sy pa se dood blameer – Albert het in November gehoor van Edward se swak gedrag en het na Cambridge gereis om sy seun te konfronteer.[1]
Ná koningin Victoria se dood in 1901 het Edward haar opgevolg as die eerste koning van dieHuis van Sakse-Koburg en Gotha, genoem na die huis waartoe prins Albert behoort het.