Alan Mathison Turing (23 Junie1912 –7 Junie1954) was 'n Engelsewiskundige eninformatikus (nog vóór die tyd dat die woord informatika bestaan). Alan Turing behandel filosofiese vraagstukke soos die moontlikheid dat 'n masjien kan dink, en dit was sy lewensideaal om self 'n denkende rekenaar te skep. Vandag word hy algemeen beskou as die vader van modernerekenaarwetenskap, alhoewel dit nie die geval was tydens sy eie leeftyd nie.
Turing is op23 Junie1912 gebore in 'n middelklasfamilie in Paddington,Londen. Hy is die seun van 'n Britse lid van die Indiese Staatsdiens.
Turing begin in 1931 aan die King's College,Universiteit van Cambridge studeer. Sy studierigting is wiskunde en hy gradueer in1934. Hy bestudeer daarnakwantummeganika aan dié universiteit. Daar maak hy kennis met die sogenaamde beslisbaarheidsprobleem, en publiseer in1936 sy artikel genaamdOn Computable Numbers, with an Application to theEntscheidungsproblem. Die beslisbaarheidsprobleem omskryf hy as volg: "Bestaan daar 'nalgoritme om te besluit of daar 'n waardetoekenning vir veranderlikes in 'n wiskundige vergelyking is, sodat die vergelyking bevredig word of nie?"
Met die artikel as basis loods Turing die idee vir 'n "logiese rekenaarmasjien". Die gedagte-eksperiment word later die Turingmasjien genoem. Later in 1936 gaan Turing na dieUniversiteit van Princeton ten einde vir 'n doktorsgraad in wiskundige logika onderAlonzo Church te studeer. Hy voltooi sy studies1938.
Alan Turing-gedenkstandbeeld in Sackville Park,Manchester
Tydens dieTweede Wêreldoorlog keer Turing terug naEngeland en werk in die geheim by dieGovernment Code and Cypher School byBletchley Park,Buckinghamshire. Dit was die Britse kriptoanalitiese diens, wat ten doel gehad het om onderskepte berigte van die Duitsers te ontsyfer, sodat die Geallieerdes die Duitsers een stap voor kon wees. Turing was deel van 'n span wat kodes van die DuitseEnigma-masjien kon ontsyfer. Die ontsyfering van die Enigma word algemeen aangevoer as een van die grootste prestasies in die Tweede Wêreldoorlog, wat die geallieerdes hul uiteindelike oorwinning besorg het.
Alan Turing en sy span maak gebruik van 'n verbeterde weergawe van 'n dekoderingsapparaat uitgevind deur diePoolse wiskundiges Marian Rejewski, Jerzy Rozycki en Henryk Zygalski. Die Pole was die eerstes wat die Enigma-gekodeerde berigte kon lees. Aan die begin van die Tweede Wêreldoorlog was Pole die enigste land wat dit kon doen. Die Duitsers verbeter die apparaat daarna waarna ook die Pole die berigte nie meer kon lees nie, maar die Engelse ontsyfering bou voort op die Poolse pionierswerk. Teen vroeg1942 het die Bletchley Park kriptoanaliste ongeveer 39 000 onderskepte berigte elke maand gedekodeer. Dit het later toegeneem tot meer as 84 000 per maand. Teen die einde van die oorlog is Turing aangestel as 'n offisier van die Orde van die Britse Koninkryk ("OBE") vir sy kodebreekaktiwiteite.
Na die oorlog werk Turing aan die Universiteit van Manchester waar hy die adjunkdirekteur van die rekenaarlaboratorium word. Hy bou die Automatic Computing Engine (ACE). In 1950 publiseer Turing in die tydskrif MIND 'n artikel genaamdComputing Machinery and Intelligence. Hierin beskryf hy syTuringtoets.
In 1952 word Turing gearresteer weens sy homoseksualiteit (wat in dié tyd in Engeland strafbaar was, en as gevolg waarvan hy deur die intelligensiediens as 'n veiligheidsrisiko beskou is) en word veroordeel tot 'n libido-verlagende hormoonkuur, of gevangenisstraf. Turing kies eersgenoemde wat onder meer tot borsvorming lei. Op 7 Junie1954 word Alan Turing in sy huis inCheshire dood aangetref. In sy hand hou hy 'n appel met giftigesianied. Sy ma het nie geglo dat dit selfmoord was nie maar bloot 'n ongeluk.
Alan Turing het tydens sy lewe baie belangrike werk verrig. Die mees belangrike is sonder twyfel sy teoretiese vordering op die gebied van die berekenbaarheid gewees, en die Turingmasjien. Die bekendste by die breë publiek is die Turing-toets, en sy betrokkenheid by die ontsyfering van die Enigmakode. DieTuringprys is gestig tot sy eer.