Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Al Gore

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Al Gore in 1994.

Albert Arnold (Al) Gore jr. (gebore 31 Maart 1948) is 'nAmerikaanse voormalige politikus van dieDemokratiese Party. Hy het van 1993 tot 2001 as die 45stevisepresident van die Verenigde State onder presidentBill Clinton gedien.

Gore het van 1977 tot 1985 in die Verenigde State se huis van verteenwoordigers gedien, eers vir die vierde distrik en later vir die sesde distrik. Van 1985 tot 1993 was hy 'n senator vanTennessee. Tydens die 1992 Amerikaanse presidensiële verkiesing is hy deur dieDemokratiese Party-kandidaat Bill Clinton gekies as sy vise-presidentskandidaat. Clinton het die sittende presidentGeorge H.W. Bush en visepresident Dan Quayle verslaan. Gore het vise president geword. Nadat Clinton die 1996 Amerikaanse presidensiële verkiesing gewen het, verkry Gore 'n tweede termyn as vise-president.

Gore was die Demokratiese Party se genomineerde vir die Amerikaanse presidentsverkiesing van 2000, maar is deur die Republikeinse kandidaatGeorge W. Bush verslaan na verskeie hertellings en regsgedinge. Daar het wel minder stemgeregtigde Amerikaners vir Bush gestem as vir Gore, maar Bush het nietemin die beslissende aantal kiesstemme verseker.

Op 12 Oktober 2007 is inOslo aangekondig dat Al Gore en dieVerenigde Nasies seinterregeringspaneel oor klimaatsverandering dieNobelprys vir Vrede vir 2007 ontvang het "vir die verhoging en verspreiding van kennis oor mensgeïnduseerdeklimaatsverandering en vir die bevordering van maatreëls om dit te versag".

Gore werk tans as 'n omgewingsaktivis en entrepreneur en was die stigter van Current TV.[1][2][3][4][5][6]

Verwysings

[wysig |wysig bron]
  1. Gore, Al."Al's Bio". AlGore.com.Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Junie 2010. Besoek op13 Augustus 2019.
  2. Coile, Zachary (13 November 2007)."Gore joins Valley's Kleiner Perkins to push green business".San Francisco Chronicle.Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Augustus 2009. Besoek op26 Junie 2010.
  3. "Partner bio at Kleiner Perkins". Kleiner Perkins. Geargiveer vanafdie oorspronklike op 22 Julie 2010. Besoek op26 Junie 2010.
  4. Office of Public Affairs (25 Januarie 2001)."Former Vice President Al Gore to Teach at Columbia's School of Journalism".Columbia News: the Public Affairs and Record Home Page. Columbia University.Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 Mei 2011. Besoek op26 Junie 2010.
  5. Lee, Cynthia; Ko, Amy (2001)."Training the Next Community Builders:Gore taps faculty expertise". UCLA Today. Geargiveer vanafdie oorspronklike op 16 Mei 2011. Besoek op20 Augustus 2008.
  6. "Al Gore".World Resources Institute. Geargiveer vanafdie oorspronklike op 13 April 2021. Besoek op20 Mei 2015.
  1. John Adams (1789–1797)
  2. Thomas Jefferson (1797–1801)
  3. Aaron Burr (1801–1805)
  4. George Clinton (1805–1812)
  5. Elbridge Gerry (1813–1814)
  6. Daniel D. Tompkins (1817–1825)
  7. John C. Calhoun (1825–1832)
  8. Martin Van Buren (1833–1837)
  9. Richard M. Johnson (1837–1841)
  10. John Tyler (1841)
  11. George M. Dallas (1845–1849)
  12. Millard Fillmore (1849–1850)
  13. William R. King (1853)
  14. John C. Breckinridge (1857–1861)
  15. Hannibal Hamlin (1861–1865)
  16. Andrew Johnson (1865)
  17. Schuyler Colfax (1869–1873)
  18. Henry Wilson (1873–1875)
  19. William A. Wheeler (1877–1881)
  20. Chester A. Arthur (1881)
  21. Thomas A. Hendricks (1885)
  22. Levi P. Morton (1889–1893)
  23. Adlai Stevenson (1893–1897)
  24. Garret Hobart (1897–1899)
  25. Theodore Roosevelt (1901)
  26. Charles W. Fairbanks (1905–1909)
  27. James S. Sherman (1909–1912)
  28. Thomas R. Marshall (1913–1921)
  29. Calvin Coolidge (1921–1923)
  30. Charles G. Dawes (1925–1929)
  31. Charles Curtis (1929–1933)
  32. John N. Garner (1933–1941)
  33. Henry A. Wallace (1941–1945)
  34. Harry S. Truman (1945)
  35. Alben W. Barkley (1949–1953)
  36. Richard Nixon (1953–1961)
  37. Lyndon B. Johnson (1961–1963)
  38. Hubert Humphrey (1965–1969)
  39. Spiro Agnew (1969–1973)
  40. Gerald Ford (1973–1974)
  41. Nelson Rockefeller (1974–1977)
  42. Walter Mondale (1977–1981)
  43. George H. W. Bush (1981–1989)
  44. Dan Quayle (1989–1993)
  45. Al Gore (1993–2001)
  46. Dick Cheney (2001–2009)
  47. Joe Biden (2009–2017)
  48. Mike Pence (2017–2021)
  49. Kamala Harris (2021–2025)
  50. JD Vance (2025–hede)
Internasionaal
Nasionaal
Akademie
Kunstenaars
Mense
Ander
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Al_Gore&oldid=2842013"
Kategorieë:

[8]ページ先頭

©2009-2026 Movatter.jp