Gangster, dranksmokkelaar, afperser, baas van Chicago Outfit
Eggenoot
Mae Capone
Kinders
Albert Francis "Sonny" Capone (1918–2004)
Handtekening
Al Capone op 17 Junie 1931.
Alphonse Gabriel Capone (17 Januarie1899 –25 Januarie1947) was 'n berugteAmerikaanse bendeleier in die 1920's en 1930's, alhoewel daar klaarblyklik "tweedehandse meubelhandelaar" op sy besigheidskaartjie gestaan het. Vanweë ’n litteken op sy wang was hy ook asScarface bekend.[1]
Alphonse Capone is in Brooklyn (New York Stad) gebore, waar hy in kleindiefstal betrokke was en waar hy ook 'n snywond opgedoen het (vandaar sy bynaam). Hy het gedurende sy opgang in die kriminele wêreld naChicago verhuis, waar hy bekend geword het as die stigter van dieChicago Outfit, 'n familie in dieAmerikaanse Mafia.[2]
Hy is veral bekend vir sy aandeel in die 'St Valentine's Day Massacre' in Chicago, waar sewe lede van 'n ander bende koelbloedig op14 Februarie1929 geskiet is.