Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Akuut

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
(Aangestuur vanafAkuutaksent)
Áá
Éé
Íí
Óó
Úú
Ýý

'nAkuut ofakuutaksent is 'n diakritiese teken wat as 'n skuinsstreep bo-opvokale geplaas word. Die streep loop van links onder na regs bo. Dus lê dit vorentoe.

Die akuut-aksent dui die beklemtoning van 'nwoord of 'n spesifiekelettergreep in 'n woord aan in 'n spesifieke konteks. Tydensspraak word die woord (of deel) dan harder, amper met 'n plofgeluid, uitgespreek. Woorde kan ook sonder die akuut-aksent geskryf word wanneer die spesifieke klem nie nodig is nie, anders as woorde met 'ngravis wat altyd daarmee geskryf moet word.

Die akuut word in verskeie moderne tale wat op dieLatynse enGriekse alfabet gebaseer is, gebruik.

Voorbeelde

[wysig |wysig bron]
  • na - ná
  • nie - nié (met "ie" word die aksentteken slegs op die "e" geplaas.)
  • die - dié
  • hierdie - hiérdie
  • boonop - bóónop (word op beide letters geplaas)
  • Jy moet óf rooi óf blou kies.
  • Nóg dit, nóg dat.
  • André (Name is 'n uitsondering. "André" word met die aksentteken gespel, maar 'n akuut-aksentteken word gebruik, nie die gravis nie)
  • Dit is sý hond.

ASCII kodes

[wysig |wysig bron]
KleinlettersHoofletters
á160 / 0225 / E1Á0193 / C1
é130 / 0233 / E9É144 / 0201 / C9
í161 / 0237 / EDÍ0205 / CD
ó162 / 0243 / F3Ó0211 / D3
ú163 / 0250 / FAÚ0218 / DA

Hou die Alt-sleutel in terwyl hierdie syfers ingesleutel word inMicrosoft Windows.

InMicrosoft Word kan jy Ctrl en ' druk en dan die letter.

'n Ander alternatief is ook om op die Windows-knoppie links onder te druk en in die soekblokkie "character" te tik en enter te druk. Daar kan feitlik enige simbool verkry word.

Die heksadesimale karakters kan opLinux gebruik word deur CTRL + SHIFT + U saam te druk, en dan die heksadesimale kode, bv. E1 te gebruik om vir 'ná te gee.

Kyk ook

[wysig |wysig bron]
NormdataEdit this at Wikidata
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Akuut&oldid=2686602"
Kategorie:
Versteekte kategorieë:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp