Die akteurs van die Comédie-Française, circa 1720.
'nAkteur is 'n persoon wat 'n karakter uitbeeld in 'n uitvoering (ookaktrise; sien hieronder).[1] Die akteur doen die uitvoering "in die vlees" in die tradisionele medium van dieteater of in moderne media soosfilm,radio entelevisie. Die ooreenstemmende Griekse term is ὑποκριτής (hupokritḗs), letterlik "die een wat antwoord".[2] Die kuns lê in die akteur se interpretasie van die karakter wat uitgebeeld word en in sy toneelspel. Die woord rol, wat verwys na die akteur se interpretasie van 'n karakter, verwys na die rolle papiere wat gebruik was in teaters. Interpretasie van 'n rol, geskied selfs as die akteur "homself speel", in sommige eksperimentele teaterstukke.
Voorheen, inantieke Griekeland,Rome, dieMiddeleeuse wêreld, en in die tyd vanWilliam Shakespeare, kon net mans akteurs wees en vroue se rolle is gewoonlik deur mans of seuns gespeel.[3] Terwyl Antieke Rome later vroue toegelaat het om rolle te vertolk, het hulle slegs klein dele gekry om te praat. Diecommedia dell'arte vanItalië het egter professionele vroue toegelaat om deel te wees van uitvoerings: Lucrezia Di Siena, wie se naam op 'n kontrak van akteurs van10 Oktober1564 verskyn, word as die eerste Italiaanse aktrise beskou, met Vincenza Armani en Barbara Flaminia as die eerste primadonnas, en is die eerste goed-gedokumenteerde aktrises in Italië (enEuropa).[4] Na die Engelse Herstel van1660, het vroue op die verhoë inEngeland begin verskyn. In moderne tye, veral in die pantomime en 'n paar operas, het vroue soms die rolle van seuns of jong mans gespeel.[5]
Die eerste aantekening van 'n uitvoerende akteur was in 534 v.C. toe die Griekse uitvoerder, Thespis, op die verhoog geklim het by dieTheatre Dionysus om die eerste bekende persoon te word om woorde van 'n karakter of 'n storie weer te gee. Voor Thespis se optrede, was Griekse stories slegs in sang, dans en in die derde persoon uitgedruk. Ter ere van Thespis, het akteurs algemeen bekend geraak asThespiërs. Die manlike akteurs in dieteater van die antieke Grieke was uitgevoer in drie vorme vandrama,tragedie, komedie, en die satiriese spel.[6] Westerse teater het aansienlik uitgebrei en ontwikkel onder dieRomeine. Dieteater van die antieke Rome was 'n vooruitstrewende en diverse kunsvorm, wat gewissel het van feestelike optredes van die straat teater, naakte danse, en akrobatiese bewegings, na die aanbieding van die komedies en 'n hoë-styl, mondelings-uitgebreide tragedies.
Soos dieWes-Romeinse Ryk begin verval het teen die middel van die 4de en 5de eeue, het die setel van die Romeinse mag verskuif naKonstantinopel en dieBisantynse Ryk. Rekords wys datmime, pantomime, tonele of voordragte vantragedies enkomedies,danse, en ander vermaak baie gewild was. Vanaf die 5de eeu isWes-Europa gedompel in 'n tydperk van algemene wanorde. Klein nomadiese groepe akteurs het deur Europa gereis gedurende die tydperk en het 'n opvoering gelewer waar hulle 'n gehoor kon vind; daar is geen bewyse wat toon dat hulle enigiets behalwe ru-skerms vervaardig het nie.[7] Tradisioneel was akteurs nie van 'n hoë status nie; daarom was reisende geselskappe in die vroeë Middeleeue dikwels met wantroue aanskou. Vroeë Middeleeuse akteurs was veroordeel deur dieKerk gedurende die Donker Eeue, omdat hulle as gevaarlik, immoreel enheidens beskou is. In baie dele van Europa, was dit die tradisionele oortuiging van spesifieke streke dat akteurs nie 'n Christelike begrafnis verdien het nie.
In die Vroeë Middeleeue het kerke in Europa begin om gedramatiseerde weergawes van Bybelse gebeure op te voer. Deur die middel van die 11de eeu het liturgiese drama versprei van Rusland naSkandinawië en Italië. DieFeast of Fools het die ontwikkeling van komedie aangemoedig. In die Laat Middeleeue is opvoering in 127 dorpe vervaardig. Hierdie opvoerings het dikwels komedie bevat, met akteurs wat duiwels, skurke en narre gespeel het.[8] Die meerderheid van die akteurs in hierdie opvoerings, was van die plaaslike inwoners. Amateurkunstenaars was slegs manlik in Engeland, maar ander lande het reeds vroulike kunstenaars gehad.
Daar was verskeie sekulêre opvoerings tydens die Middeleeue, waarvan die vroegsteThe Play of the Greenwood, deur Adam de la Halle in 1276 is. Dit bevat satiriese tonele en ander volksmateriaal soos feetjies en bonatuurlike gebeure. Die kluggenre het ook gewild begin raak na die 13de eeu. Teen die einde van die Laat Middeleeue, het professionele akteurs in Engeland en Europa na vore begin tree.Richard III enHendrik VII het beide klein groepe akteurs bestuur. Aan die begin van die 16de eeu, hetcommedia dell'arte geselskappe improvisasie opvoerings regoor Europa gedoen vir 'n paar eeue lank. Commedia dell'arte was 'n akteur-gesentreerde teater, wat min natuurskoon en baie min rekwisiete benodig het. Opvoerings was los raamwerke, wat situasies, komplikasies en die uitkoms omtrent 'n aksie uitgebeeld het, rondom hierdie strukture het akteurs geïmproviseer. Die uitvoerings het gewoonlik bestaan uit 'n groep van 13 tot 14 akteurs, en in meeste gevalle het akteurs in die wins gedeel gelykstaande aan die grootte van hul rolle wat hulle vertolk het.
Renaissance teater is afgelei van verskeie middeleeuse teatertradisies, soos die "misterieuse opvoerings" en die "universiteitsdramas" wat gepoog het om die Atheense tragedie te herskep.
Die Italiaanse tradisie vanCommedia dell'arte, sowel as die uitgebreide masques is gereeld aangebied by die hof en het ook bygedra tot die vorming van openbare teater. Voor die regering van Elizabeth I, was maatskappye van die spelers verbonde aan huishoudings van die voorste aristokrate en het uitvoerings seisoenaal op verskeie plekke gehou. Dit het die grondslag geword vir die professionele spelers inElizabethaanse era.
Die ontwikkeling van die teater en geleenthede vir akteurs het opgehou toe die Puriteinse opposisie van daardie stadium opvoerings in Londen verbied het. Puriteine het teater as immoreel beskou. Die heropening van teaters in 1660 het 'n herlewing in Engelse teater meegebring, Engelse komedies is geskryf en opgevoer in die Hersteltydperk van 1160 - 1710 en is in geheel beskryf as "herstelkomedie"/"verligtingskomedie". Hierdie komedie is berug vir syseksuele ondertone. Op hierdie punt is vroue toegelaat om vir die eerste keer op die verhoog te verskyn, maar slegs in vroulike rolle. Hierdie tydperk het die eerste professionele aktrises meegebring asook die opkoms van die eerste beroemde akteurs.
In die 19de eeu is die negatiewe reputasie van akteurs grootliks omgekeer en hulle is vereer en toneelspel het 'n gewilde beroep en kuns geword. Die koms van die akteur as 'n beroemde persoon, het gemaak dat gehore na opvoerings gaan kyk om hul "gunsteling sterre" te sien. Akteurs se bestuurders, wat hul eie maatskappy gestig het, moes ook nou omsien na die vervaardiging en finansiering van produksies.[9] Indien 'n maatskappy suksesvol was, het hulle 'n permanente kliëntebasis gehad wat na die produksies kom kyk het. Hulle kon ook hul gehore vergroot deur landswyd te toer en om 'n reeks bekende opvoerings te doen, soos dié wat deur Shakespeare geskryf is. Die koerante, private klubs, kroeë en koffiewinkels het gegons oor die nuutste produksies en sterre. Henry Irving (1838 - 1905) was die mees suksesvolle bestuurder onder die Britse akteurs.[10] Irving was bekend vir sy Shakespeare rolle en vir sodanige innovasies soos om die ouditorium se ligte af te skakel om die fokus op die akteurs te plaas. Sy geselskap het regoor Brittanje getoer, asook Europa en die Verenigde State van Amerika, waar talentvolle akteurs gehore bekoor het. In 1895 is geselskap ook in hoër kringe van die Britse samelewing aanvaar.
'n Plakkaat vir 'n opvoering by die Shubert Teater.
Teen die vroeë 20ste eeu het die ekonomie dit toegelaat om grootskaalse produksies te begin lewer. Dit was moeilik om mense te vind wat goed was in beide regie en teaterbestuur, daarom is die twee verantwoordelikhede van mekaar geskei en aan individuele persone toegeken. Groter bedrae geld was nodig om met produksies te begin toer, die oplossing hiervoor was om 'n kettingreeks teaters op te rig, soos onder anderTheatrical Syndicate,Edward Laurillard en veralThe Shubert Organization. Deur vir toeriste vertonings aan te bied in groot stede, moes die produksies vir lang tye aaneen vertoon, veral met musiekblyspele. In hierdie tyd het dit selfs nog meer noodsaaklik geraak om 'n bekende akteur aan 'n produksie se titel te koppel.[11]
Klassieke toneelspel is 'n filosofie van spel wat integreer met die uitdrukking van die liggaam, stem, verbeelding, verpersoonliking, improvisasie, eksterne stimuli en teksanalise. Dit is gebaseer op die teorieë en stelsel van klassieke akteurs en regisseurs, insluitend Konstantin Stanislavski en Michel Saint-Denis.
In die Stanislavski-stelsel, ook bekend as Stanislavski se metode, neem akteurs hul eie gevoelens en ervarings om die egtheid van die karakter te weerspieël. Akteurs sit hulself in die gedagtegang van die karakter en soek vir ooreenkomste tussen hulself en die karakter om 'n ware uitbeelding van die karakter weer te gee.
Metode toneelspel is 'n reeks tegnieke wat saamgestel is vir die opleiding van akteurs om 'n beter karakter te skep, soos geformuleer deurLee Strasberg. Strasberg se metode is gebaseer daarop dat 'n akteur 'n emosionele en kognitiewe begrip van hul rol moet ontwikkel en om hul eie persoonlike ervarings te gebruik om met die karakter te kan identifiseer. Hierdie metode word deels gebaseer op Stanislavski se stelsel. Ander metodes word ook op Stanislavski se idees gebaseer, soos dié vanStella Adler enSanford Meisner, maar dit word nie as "metodespel" beskou nie.[12]
Meisner-tegniek vereis dat die akteur moet fokus op die ander akteur om dan heeltemal in die oomblik te wees. Hierdie metode maak dat akteurs meer eg voorkom in tonele. Dit is gebaseer op die beginsel dat toneelspel homself sal vind deur middel van uitdrukking wanneer daar op die ander persoon se emosies gesinspeel word.
Voorheen, in sekere gemeenskappe, kon net mans akteurs wees. Inantieke Griekeland enantieke Rome[13] en dieMiddeleeuse wêreld, was dit beskou as 'n skande vir 'n vrou om op 'n verhoog te wees; dit was die siening tot en met die 17de eeu inVenesië. In die tyd vanWilliam Shakespeare is vroue se rolle oor die algemeen deur mans of seuns vertolk.[3]
Toe 'n agtien-jaar Puriteinse verbod op drama opgehef is in 1660, het vroue begin deelneem aan produksies in Engeland. Margaret Hughes word dikwels gereken as die eerste professionele aktrise op die Engelse verhoë.[14] Hierdie verbod is deels beëindig tydens die bewind vanCharles II, omdat hy aktrises op die verhoog geniet het.[15] Charles II het ook briewe uitgereik aan Thomas Killigrew en William Davenant om hulle magtiging te gee om op te voer by twee Londense teatermaatskappye, met meer ernstige dramas, die briewe is ook in 1662 aangepas en weer uitgereik wat aktrises toelating tot die verhoog gee vir die eerste keer.[16]
In die19de eeu is vroue in teater in 'n negatiewe lig beskou en as losbandig beskou. Ten spyte van die vooroordele van hierdie tydperk, was dit ook die tyd van die eerste vroulike "sterre", veralSarah Bernhardt.[17]
In Japan hetonnagata (mans) die vroulike rolle vertolk en is meestal inkabuki teater gebruik toe vroue verban was van verhoë in die Edo-tydperk. In sekere vorme van Chinese dramas, soos die Beijing-opera, het mans tradisioneel al die rolle (insluitend vroulik) vertolk, terwyl vroue dikwels rolle in die Shaoxing opera kon vertolk.[18]
In die moderne tye het vroue dikwels die rolle van jong mans of seuns vertolk. Byvoorbeeld die groep akteurs vanPeter Pan, is oorspronklik deur vroue vertolk en die oorgrote meerderheid van die rolle was dié van seuns.Opera het ook verskeie manlike rolle gehad wat deur vroue gesing is, gewoonlik mezzo-soprane. Voorbeelde is Hansel inHänsel und Gretel, Cherubino inThe Marriage of Figaro en Octavian inDer Rosenkavalier.
Vroue wat manlike rolle in films vertolk is ongewoon. In1982 het Stina Ekblad die geheimsinnige Ismael Retzinsky inFanny and Alexander vertolk enLinda Hunt het die Oscar-toekenning vir Beste Ondersteunende Aktrise ontvang vir die speel van Billy Kwan inThe Year of Living Dangerously. In 2007 isCate Blanchett ook genomineer vir die Academy-toekenning vir Beste Ondersteunende Aktrise vir die speel van Judas Quinn, 'n fiktiewe voorstelling vanBob Dylan in die 1960's, inI'm Not There.
In die 2000's is vroue wat manlike rolle in teater vertolk redelik algemeen, veral in ouer aanbiedings, soos die werk van Shakespeare, waar daar 'n groot aantal manlike rolle is, is die geslag onbelangrik.[5]
Om 'n akteur te laat aantrek soos die teenoorgestelde geslag vir 'n komiese effek, is deel van die tradisie vankomiese teater en film. Die meeste van Shakespeare se komedies sluit gevalle in van openlikekruiskleding, soos Francis Flute inA Midsummer Night's Dream. Die fliekA Funny Thing Happened on the Way to the Forum metJack Gilford waar hy soos 'n jong bruid aangetrek is, is nog 'n voorbeeld.Tony Curtis enJack Lemmon se karakters het in dieBilly Wilder film,Some Like It Hot, soos vroue aangetrek om van bendelede te ontsnap. Kruiskleding is iets wat gereeld gebruik is in meeste van dieCarry On films.Dustin Hoffman enRobin Williams het elk in komiese trefferfilm verskyn (Tootsie enMrs. Doubtfire, onderskeidelik) waar hulle in meeste van die tonele soos vroue geklee is.
Soms word die kwessie verder gekompliseer, byvoorbeeld wanneer 'n vrou die rol van 'n vrou vertolk wat soos 'n man aantrek - wat haarself dan voordoen as 'n man, soosJulie Andrews in dieVictor/Victoria, ofGwyneth Paltrow inShakespeare in Love. InIt's Pat: The Movie, weet die kyker nooit wat die geslag van die deurslaggewende karakters, Pat en Chris (gespeel deurJulia Sweeney enDave Foley) is nie. Net so, in die bogenoemde voorbeeld vanThe Marriage of Figaro, is daar 'n toneel waar Cherubino ('n manlike karakter vertolk deur 'n vrou) aangetrek is soos 'n vrou; die ander karakters in die toneel is bewus van een vlak van geslagsomruiling, maar die gehoor is van twee vlakke bewus.
'n Paar moderne rolle word gespeel deur iemand van die teenoorgestelde geslag om vloeibaarheid van die geslag te beklemtoon. Edna Turnblad inHairspray is gespeel deurDevine in die oorspronklike 1988-film,Harvey Fierstein in die Broadway-musiekblyspel, enJohn Travolta in die 2007 fliek musiekblyspel.Eddie Redmayne was genomineer vir 'nOscar vir die spel van Lili Elbe ('n trans vrou) in 2015 virThe Danish Girl.[19]
In teenstelling met die Antieke Griekse teater het die Antieke Romeinse teater vroulike kunstenaars toegelaat om te speel. Min aktrises is egter in Rome gebruik vir sprekende rolle aangesien die meerderheid van hulle selde in sprekende rolle, maar eerder in dans rolle laat speel is. Diegene wat rykdom, roem en erkenning vir hul kuns gekry het soos die Eucharis, Dionysia, Galeria Copiola en Fabia Arete, het ook hul eie gilde,Sociae Mimae, gestig.[20]
Hoewel vroue in Engeland tot en met die tweede helfte van die 17de eeu nie op die verhoog verskyn het nie, was hulle wel in opvoerings betrokke inItalië,Spanje enFrankryk laat in die16de eeu. Lucrezia Di Siena, wie se naam op 'n akteurskontrak inRome aangeteken is vanaf 10 Oktober 1564, word na verwys as die eerste Italiaanse aktrise en Vincenza Armani en Barbara Flaminia as die eerste primadonnas en gedokumenteerde aktrises in Italië en Europa.
Ná 1660 inEngeland, toe vroue op die verhoog begin verskyn het, is die termeakteur ofaktrise aanvanklik uitruilbaar gebruik vir rolle van vroulike kunstenaars. Later het die termaktrice ofaktrise geword via die Franse invloed om na vroulike kunstenaars in die teater en filmbedryf te verwys. Dieetimologie is 'n eenvoudige afleiding uitakteur. Wanneer daar na groepe of 'n groep kunstenaars verwys word van beide geslagte word die termakteurs gebruik.[21]
Die heraanvaarding van die neutrale term dateer terug na die na-oorlogse tydperk van die 1950 en 60's toe bydraes deur vroue tot kultuur oor die algemeen hersien is. ToeThe Observer enThe Guardian hul gekombineerde stylgids gepubliseer het, is die term akteur gebruik om na mans en vroue te verwys; en wanneer die termaktrise gebruik word is dit slegs wanneer die woord voor 'n toekenning se naam staan, byvoorbeeld Oscar vir beste aktrise.[21] Die gids se skrywers verklaar dat aktrises in dieselfde kategorie as skrywers, komediante, bestuurders, vroulike dokters en manlike verpleërs val en dateer van 'n tydperk toe sekere professies slegs vir een geslag beskore was, gewoonlik mans. Die aktriseWhoopi Goldberg het in 'n onderhoud die volgende oor die saak gesê: "'n Aktrise kan slegs 'n vroulike rol speel. Ek is 'n akteur - ek kan enige rol vertolk." DieVerenigde Koninkryk se kunstenaarsunie,Equity, het geen beleid oor die gebruik van die term akteur of aktrise nie. 'n Woordvoerder van Equity het gesê dat die unie glo daar is nog nie konsensus bereik oor die term nie en dat dit verdeeldheid bring. In 2009 het dieLos Angeles Times verklaar dat "aktrise", die algemene term bly wat gebruik word in die groot waarnemende toekennings wat gegee word aan vroulike kunstenaars[22] (bv., Academy-toekenning vir Beste Aktrise).
In 2015 hetForbes berig dat " net 21 van die 100 topfilms van 2014 vroulike hoofrolle gehad het, terwyl slegs 28.1% van die karakters in 100 topfilms vroue was".[23] "In die Verenigde State van Amerika is daar 'n groot gaping in die salarisskale van akteurs en aktrises. Gemiddeld word wit vroue slegs 78 sent betaal vir elke dollar wat 'n wit man maak, terwyl Spaanse vroue 56 sent verdien vir elke dollar wat 'n man verdien. Swart vroue verdien 64 sent en Inheemse Amerikaanse vroue net 59 vir elke dollar teenoor mans."Forbes se analise van Amerikaanse akteurs se salarisse in 2013 het getoon dat mans 2½ keer meer geld verdien as vroulike akteurs. Dit beteken dat Hollywood se topbetaalde aktrises net 40 sent verdien vir elke dollar wat topbetaalde manlike akteurs maak."[24][25][26]
Akteurs wat in dieteater,film,televisie enradio werk, moet spesifieke tegnieke en vaardighede leer. Tegnieke wat goed werk in een soort spel, werk nie noodwendig vir 'n ander soort spel nie.
Om op die verhoog te speel, moet akteurs die verhoog se rigtingaanwysings leer wat op die teks aangedui word, soos "Stage Left" en "StageRight". Hierdie aanwysings is gebaseer op die akteur se posisie van waar hy/sy staan en na die gehoor kyk. Akteurs moet ook die betekenis van die verhoogaanwysings leer: "Upstage" (weg van die gehoor) en "Downstage" (na die gehoor).[27] Teaterakteurs moet weet wat dit is om 'n ander karakter te blokkeer, wat beweging op die verhoog impliseer en hoe om ander karakters sigbaar te maak vir die gehoor. Die regisseur gee ook instruksies omtrent alle bewegings en akteurs moet weet wanneer om rekwesiete te gebruik en hoe om oor die verhoog te beweeg.
Sommige teaterakteurs moet leer hoe om op die verhoog te veg. Daar kan van 'n akteur verwag word om 'n handgeveg of swaardgeveg op die verhoog te doen. Akteurs word dan afgerig deur regisseurs wat spesialiseer in gevegte en die choreografie van elke beweging van die geveg word ingeoefen.[27]
Vanaf 1894 tot die einde van die 1920's, was films sonder klank. Akteurs in stilfilms moes met hul liggaamstaal en gesigsuitdrukkings alle emosies en reaksies beklemtoon sodat die gehoor 'n beter begrip kon vorm van wat in die toneel uitgebeeld word. Die melodramatiese spel was ook gewortel in teater, waar bewegings groot en sigbaar moes wees. Vaudeville-teater was 'n gewilde oorsprong van baie Amerikaanse stilfilmakteurs. Die deurdringende teenwoordigheid van verhoogakteurs het gelei tot die regisseur,Marshall Neilan, se uitbarsting in 1917: "hoe gouer die verhoogakteurs wat by film aangekom het, padgee, hoe beter sal dit wees vir films." In ander gevalle het regisseurs soos John Griffith Wray weer vereis dat akteurs lewensgrootte bewegings moet maak om 'n klem te plaas op uitdrukkings. Teen 1914 het dit aan die lig gekom dat Amerikaanse kykers eerder natuurlike tonele op die skerm wil sien.[28]
Baanbreker-filmregisseurs in Europa en die Verenigde State van Amerika het die beperkings van die vroeë 1910's raakgesien. Stilfilms se spel het meer natuurlik begin word en as gevolg van die werk van D.W. Griffith, het kinematografie verbeter en 'n subtiele, natuurlike toon ingeneem.[29]
Lillian Gish is erken as die eerste ware filmaktrise vir haar baanbrekerswerk in hierdie tyd op die verhoog en op skerm. Regisseurs soos Albert Capellani en Maurice Tourneur het begin aandring op naturalisme in hul films. Teen die middel van die 1920's het baie Amerikaanse stilfilms hierdie naturalistiese styl aangeneem, hoewel laeprofielstyle steeds gebruik is, soos in die filmMetropolis.[30]
Volgens Anton Kaes, 'n stilfilmstudent van die Universiteit van Wisconsin, het Amerikaanse stilflieks 'n verandering van tegniek ondergaan tussen 1913 en 1921, wat beïnvloed is deur Duitse stilfilms.[31]
Filmakteurs moet gewoond wees aan 'n kamera voor hulle[32] en moet hul korrekte posisie kan inneem. Hierdie posisie word op die vloer met band gemerk en dit is waar die maksimum lig en kamerafokus gaan wees. Filmakteurs moet ook weet hoe om goed voor te berei vir oudisies, wat gewoonlik 'n gedeelte uit die teks is.
In teenstelling met teaterakteurs, wat karakters ontwikkel om te herhaal vir gehore, is daar 'n gebrek aan kontinuïteit by filmakteurs, omdat tonele nie noodwendig opeenvolgens geskiet word nie, dus moet die filmakteur se karakter reeds ten volle ontwikkel wees.[29]
Omdat film die kleinste gebaar vasvang en vergroot, vereis dit 'n flambojante en liggaamlike uitvoering van die akteur. Die emosie is die moeilikste aspek om te bemeester in film, slegs klein gesigsuitdrukkings is nodig om 'n geloofwaardige karakter te skep.[29] Sommige teatersterre kon die oorgang van teater na film suksesvol uitvoer (byvoorbeeld,Laurence Olivier,Glenn Close, enJulie Andrews).
Op 'n televisiestel is daar gewoonlik verskeie kameras teen verskillende hoeke opgestel. Akteurs wat nuut is in die televisie-industrie, kan deurmekaar raak en nie altyd weet na watter kamera om te kyk nie.[27] Televisieakteurs moet die konsep van 'n "raam" verstaan. Die term "raam" verwys na dit wat vasgevang word in die kamera se lens. In die toneelbedryf, is daar vier tipes televisierolle, elke rol wissel in prominensie, frekwensie van voorkoms en ook besoldiging:
Gereelde reeks- rol: die hoofgroep akteurs is deel van 'n permanente groep.
Herhalende rolle: die akteurs is gebind tot 'n kontrak met 'n sekere aantal episodes in 'n reeks.
Mede-sterrolle: dit is 'n klein rol wat gewoonlik slegs in een episode is.
Gasrol: dit is 'n groter rol as 'n mede-ster rol en die karakter is gewoonlik die sentrale fokus van die episode.
Die opname van 'n radiodrama in Nederland (1949; Spaarnestad Foto).
'n Radiodrama is 'n gedramatiseerde, suiwer akoestieseopvoering, uitgesaai opradio of gepubliseer op klank-media, soos CD, USB, of beskikbaar op aanlyn klank platforms. Met geen visuele komponente, maak 'n radiodrama staat op dialoog, musiek en klank effekte om die luisteraar te help om die karakters en die storie te verbeel. Dit is ouditiewe in die fisiese dimensie maar ewe sterk soos 'n visuele krag in die sielkundige dimensie."[33]
Radiodramas het gewildheid bereik binne 'n dekade van sy aanvanklike ontwikkeling in die 1920's. Teen die 1940's was dit 'n toonaangewende internasionale gewilde vorm van vermaak. Met die koms van die televisie in die 1950's, het radiodramas wel van sy gewildheid verloor, in sommige lande het dit nooit groot gehore betrek nie.
Vanaf 2011 het radiodramas 'n minimale teenwoordigheid in die Verenigde State van Amerika. Baie van die Amerikaanse radiodramas is beperk tot heruitsendings ofpodsendings van vorige dekades. Ander lande het weer 'n suksesvolle luisteraarsaanhang, dieBBC vervaardig en saai byvoorbeeld elke jaar honderde nuwe radiodramas uit op hul sendersRadio 3,Radio 4 enRadio 4 Extra.
↑"The dramatic world can be extended to include the 'author', the 'audience' and even the 'theatre'; but these remain 'possible' surrogates, not the 'actual' referents as such" (Elam 1980, 110).
12Neziroski, Lirim (2003)."narrative, lyric, drama".Theories of Media:: Keywords Glossary:: multimedia (in Engels). University of Chicago.Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 November 2019. Besoek op14 Maart 2009.For example, until the late 1600s, audiences were opposed to seeing women on stage, because of the belief stage performance reduced them to the status of showgirls and prostitutes. Even Shakespeare's plays were performed by boys dressed in drag.
↑Smallweed (23 Julie 2005)."Smallweed" (in Engels). The Guardian.Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 April 2009. Besoek op14 Maart 2009."Whereas women's parts in plays have hitherto been acted by men in the habits of women ... we do permit and give leave for the time to come that all women's parts be acted by women," Charles II ordained in 1662. According to Brewer's Dictionary of Phrase and Fable, the first actress to exploit this new freedom was Margaret Hughes, as Desdemona in Othello on December 8, 1660.
↑"Women as actresses"(PDF).Notes and Queries. The New York Times. 18 Oktober 1885. Geargiveer vanafdie oorspronklike(PDF) op 11 Mei 2011. Besoek op14 Maart 2009.There seems no doubt that actresses did not perform on the stage till the Restoration, in the earliest years of which Pepys says for the first time he saw an actress upon the stage. Charles II, must have brought the usage from the Continent, where women had long been employed instead of boys or youths in the representation of female characters.
↑Fisk, Deborah Payne (2001). "The Restoration Actress". In Owen, Susan J.A companion to restoration drama, p. 73 Oxford [u.a.]: Blackwell.ISBN 978-0631219231.
↑'Studies in hysteria': actress and courtesan, Sarah Bernhardt and Mrs Patrick Campbell
↑Richard Gunde,Culture and Customs of China (2002), p. 63.
↑Linden, Sheri (18 Januarie 2009)."From actor to actress and back again".Entertainment. Los Angeles Times. Besoek op14 Maart 2009.It would be several decades before the word "actress" appeared – 1700, according to the Oxford English Dictionary, more than a century after the word "actor" was first used to denote a theatrical performer, supplanting the less professional-sounding "player."
Csapo, Eric, en William J. Slater. 1994.The Context of Ancient Drama. Ann Arbor: The University of Michigan Press.ISBN 0-472-08275-2.
Elam, Keir. 1980.TheSemiotics of Theatre and Drama. New Accents Ser. London and New York: Methuen.ISBN 0-416-72060-9.
Weimann, Robert. 1978.Shakespeare and the Popular Tradition in the Theater: Studies in the Social Dimension of Dramatic Form and Function. Ed. Robert Schwartz. Baltimore and London: The Johns Hopkins University Press.ISBN 0-8018-3506-2.
British Actors' Equity: Die vakbond verteenwoordig Britse kunstenaars, insluitend akteurs, sangers, dansers, choreograwe, verhoogbestuurders, teaterdirekteure en ontwerpers, verskeidenheids- en sirkuskunstenaars, televisie- en radio-aanbieders, oploop- en ondersteuningskunstenaars, waagkunstenaars en direkteure en teatervegdirekteure.
Media Entertainment & Arts Alliance: 'n Australiese/Nieu-Seelandse vakbond wat almal in die media, vermaak, sport en kunstenywerhede verteenwoordig.