Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Akihito

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Akihito
Keiser van Japan
Keiser Akihito in 2014
DinastieKeiserlike Huis van Japan
Bewind7 Januarie198930 April2019
Kroning12 November1990
Volle naamAkihito (明仁)
Gebore23 Desember 1933 (1933-12-23) (91 jaar oud)
Keiserlike Huishoudelike Agentskap-hospitaal, Keiserlike Paleis,Tokio,Japan
VoorgangerKeiser Shōwa
ErfgenaamKeiser Reiwa
OpvolgerKeiser Reiwa
GadeKeiserin Michiko (1959–hede)
KindersKeiser Reiwa
Prins Akishino
Sayako Kuroda
VaderKeiser Shōwa
MoederKeiserin Kōjun

Akihito (明仁,Akihito? gebore23 Desember1933) het vanaf 1989 tot 2019 askeiser (天皇,tennō?) vanJapan gedien en was die 125ste keiser volgens Japan se tradisionele opvolgingsorde.[1] Soos in Japan gebruiklik is hy tydens sy bewind nie by sy geboortenaam Akihito genoem nie, maar "keiserlike majesteit" (天皇陛下,tennō heika) of "Sy huidige majesteit" (今上陛下,kinjō heika). Syposthume naam salKeiser Heisei (平成天皇,Heisei Tennō) wees, sy regeringstyd sal ná sy afsterwe darem as Heisei-tydperk (平成時代,Heisei jidai) bekend staan. Hy het dieKrisanttroon in 1989 bestyg en in 2019 abdikeer. Sedert sy abdikasie is die amptelike aanspreekvorm keiser emeritus (上皇,Jōkō?).[2]

Standaard van die keiser emeritus, tans Akihito

Akihito is die oudste seun van die sewe kinders vanKeiser Shōwa en sy vrou Nagako. ToeTokio in Maart 1945 deur Amerikaanse bomwerpers aangeval is, is Akihito en sy jonger broer Masahito (hy heet nou Hitachi) na veiligheid geneem. In Junie 1953 het hy Japan tydens die kroning vankoningin Elizabeth II verteenwoordig.

Hy trou op 10 April 1959 met Shoda Michiko. Hulle het drie kinders:

  • Naruhito (* 23 Februarie 1960)
  • prins Akishino (* 30 November 1965)
  • prinses Sayako (* 18 April 1969)

As die destydse kroonprins, het hy sewe staatsbesoeke saam met kroonprinses Michiko afgelê. Ná die afsterwe van sy vader word hy op 7 Januarie 1989 die keiser van Japan. Die amptelike kroningseremonie het egter eers op 12 November 1990 plaasgevind. In Desember 2017 het die Japannese regering die abdikasie van Akihito vir 30 April 2019 aangekondig, hy is op 1 Mei 2019 deur sy oudste seun, Kroonprins Naruhito, opgevolg.[3][4]

  • 'n Japannese posseël ter viering van die keiserlike huwelik in 1959
    'n Japanneseposseël ter viering van die keiserlike huwelik in 1959
  • Die keiserlike paartjie in 2005.
    Die keiserlike paartjie in 2005.
  • Die keiserlike gesin in November 2013
    Die keiserlike gesin in November 2013

Verwysings

[wysig |wysig bron]
  1. (en)Nussbaum, Louis-Frédéric (2002).Traditional order of Tennō. pp. 962–963.{{cite book}}:|work= ignored (hulp)
  2. (en)"Emperor Akihito to Be Called Emperor Emeritus after Abdication".nippon.com.Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Maart 2019. Besoek op1 Mei 2019.
  3. (en)Enjoji, Kaori (1 Desember 2017)."Japan Emperor Akihito to abdicate on April 30, 2019".CNN. Tokio.Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 Junie 2019. Besoek op1 Mei 2018.
  4. (en)"Naruhito: Japan's new emperor pledges to be symbol of unity".BBC. 1 Mei 2019.Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Maart 2020. Besoek op1 Mei 2019.

Eksterne skakels

[wysig |wysig bron]
HierdieJapanartikel is ’nsaadjie. Voel vry om die Afrikaanse Wikipedia te help deur dituit te brei.
Voorafgegaan deur
Keiser Shōwa
125steTennō
1989–2019
Opgevolg deur
Keiser Reiwa
Internasionaal
Nasionaal
Akademie
Mense
Ander
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Akihito&oldid=2773139"
Kategorieë:
Versteekte kategorie:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp