Kaart van antiekeAthene met die Akademie aan die noordweste van die stad.Die antieke pad na die Akademie.Dieargeologiese ligging vanPlato se Akademie in 2008.
'nAkademie (AttieseGrieks: Ἀκαδήμεια; Koine Grieks: Ἀκαδημία) is 'n instelling virsekondêre ofhoër onderwys, navorsing of erelidmaatskap. Die verwante termakademia verwys na die globale leerkrag van professore en navorsers in institusies vir hoër onderwys. Sogenaamdeakademiese vryheid word gesien as 'n grondslag vir intellektuele omgewings, waarbinne die reg om kennis na te strewe, rede te voer, te onderrig en navorsing te doen, beskerming geniet van inmenging deur enige owerhede of sensuur.[1]
Die naam kan teruggevoer word naPlato se skool virfilosofie wat hy om en by 385 v.C. te Akademia gestig het. Laasgenoemde was 'n heiligdom vanAthena, die godin van wysheid en vaardigheid, wat noord vanAthene inGriekeland geleë was. 'n Akademie in sy klassieke vorm is dan 'n plek van intellektuele besinning en werksaamhede en vir die waardering en bevordering van skeppende werk.[2] Die Platoniese Akademie is waarskynlik tydens die beleg vanSulla in 86 v.C. vernietig,[3] en 'n Akademie sou eers weer in die 5de eeu herrys.
In die moderne wêreld word die woord akademie vryelik toegepas in leerskole in sport, fotografie, modelwerk, skoonheidsalonne, ensomeer,[2] wat gevolglik nie die oorspronklike betekenis gestand doen nie.
↑Venter, Albert; Botha, Susan; du Plessis, Louis; Alberts, Marietta (2017).Explanatory dictionary of politics / Verklarende politieke woordeboek. Kaapstad: Juta and Company. p. 1.ISBN9781485119944.