![]() | |
Tipe | Openbaremaatskappy (Euronext:EAD,FWB:EAD) |
---|---|
ISIN | NL0000235190 ![]() |
Gestig | 2000 |
Hoofkantoor | ![]() |
Sleutelpersone | Louis Gallois (CEO) Rüdiger Grube (Chairman) |
Produkte | Kommersiële lugrederye (lys) |
Inkomste | €39,434 miljoen (2006) |
€399 miljoen | |
4 232 000 000 euro (2024) ![]() | |
Totale bates | 129 213 000 000 euro (2024) ![]() |
Aantal werknemers | 116 805 (2006) |
Moedermaatskappy | SOGEADE DaimlerChrysler |
Filiale | Airbus EADS Astrium Eurocopter MBDA (37.5%) Arianespace (26,68%) |
Webwerf | www.eads.eu |
DieEuropean Aeronautic Defence and Space Company EADS N.V. (EADS) is 'n grootEuropeselug- en ruimtevaart maatskappy wat op10 Julie2000 gevorm is deur die samesmelting vanAérospatiale-Matra vanFrankryk,Construcciones Aeronáuticas SA (CASA) vanSpanje, enDaimlerChrysler Aerospace AG (DASA) vanDuitsland. Die maatskappy ontwikkel, vervaardig en bemark burgerlike en militêre vliegtuie asook misiele, ruimte-vuurpyle, satelliete, en verwante stelsels.[2]
EADS is deur sy lidmaatskappye gevorm in Julie 2000 om die wêreld se tweede grootste lug- en ruimtevaartmaatskappy (naBoeing) te word. EADS is ook die tweede-grootste Europese wapenvervaardiger (naBAE Systems.)
Vroeg in2001 het EADS en sy vennootmaatskappy in Airbus, BAE Systems, besluit om 'n ten volle geïntegreerde maatskappy te stig. Airbus het dit op12 Julie 2001 formeel reggekry. Die nuwe reling het gelei tot aandeelhouding in Airbus van 80% (EADS) en 20% (BAE). In April 2001 het EADS ingestem om sy misielbesigheid met die van BAE Systems enAlenia Marconi Systems (BAE/Finmeccanica) saam te smelt omMBDA te vorm. EADS het 'n 37,5% aandeel in die nuwe maatskappy wat in Desember 2001 formeel gevestig is opgeneem.
Op16 Junie 2003 het EADS BAE se 25% aandeel inAstrium, die satelliet en ruimtestelselvervaardiger, oorgeneem om die alleeneienaar daarvan te word. EADS het die maatskappy herdoop naEADS Astrium. In Junie 2005 het EADS aangekondig dat dit oorweeg om metJapannese maatskappye en die JapanneseMETI saam te werk om 'n supersoniese vliegtuig te ontwikkel wat bedoel was om 'n groter, vinniger, en stiller plaasvervanger te wees vir dieConcorde, wat in Oktober 2003 uit diens onttrek is.[3]
EADS is na die stigting daarvan deur twee hoofbestuurders bestuur, een Frans,Louis Gallois, en een Duits, Thomas Enders. Op soortgelyke wys is die leierskap van die raad van direkteure deur twee medevoorsitters gedeel: Arnaud Lagardère en Manfred Bischoff. Lede van die raad van direkteure van EADS was: Manfred Bischoff, François David, Juan Manuel Eguiagaray, Thomas Enders, Noël Forgeard, Louis Gallois, Rüdiger Grube, Jean-Paul Gut, Arnaud Lagardère, Hans Peter Ring, en Michael Rogowski.
In laat 2004 is Noël Forgeard (toe Airbus CEO) deur Lagardère genomineer as die volgende Franse CEO van EADS. Forgeard het voorgestel dat die stelsel afgeskaf moes word ten gunste van 'n enkele hoofbestuurder in 'n skuif wat DaimlerChrysler gesien het as 'n poging om 'n Franse gedomineerde bestuurspan te bewerkstellig. Na uitgerekte argumente is die aanstelling deur die EADS Raad van Direkteure goedgekeur op25 Junie2005. Op dieselfde vergadering, in oorleg met vennoot BAE Systems, is Gustav Humbert as President en CEO van Airbus aangestel.
Op2 Junie,2006 het mede-CEO Noël Forgeard en Airbus hoofbestuurder Gustav Humbert bedank na die omstredenheid wat gevolg het op die aankondiging dat die aflewering van dieAirbus A380 vir 'n verdere ses maande vertraag sou word. Forgeard was ook onder druk as gevolg van die feit dat hy EADS aandele verkoop het twee weke voor die A380 aankondiging wat 'n 26% daling in die aandele prys tot gevolg gehad het.
Op16 Julie2007 het EADS 'n aantal veranderings in die bestuurstruktuur van die maatskappy aangekondig. Volgens die veranderinge het Rüdiger Grube die alleen voorsitter van die Raad van Direkteure geword, Louis Gallois die alleen hoofbestuurder van EADS, Thomas Enders die hoofbestuurder van Airbus en Fabrice Brégier die bedryfshoof van Airbus. Die aantal onafhanklike raadslede op die Raad van Direkteure is ook verhoog.[4]