Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Airbus A320

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Airbus A320

A300 ·A310 ·A318 ·A320 ·A330 ·A340 ·A350 ·A380

Lufthansa A320-211
TipeSmalromp passasierstraler
VervaardigerAirbus
Ontwerp deurAirbus
Nooiensvlug22 Februarie 1987
Bekendstelling28 Maart 1988 metAir France
StatusIn gebruik
HoofgebruikersAmerican Airlines
US Airways[1]
EasyJet
China Southern Airlines
China Eastern Airlines
Aantal gebou10 997 (teen Jul 2023)[2]
EenheidskosteTeen 2018 pryse:[3]
A318: VS$ 77.4 miljoen
A319: VS$ 92.3 miljoen
A320: VS$ 101.0 miljoen
A321: VS$ 118.3 miljoen.

DieAirbus A320-familie bestaan uit kort- tot mediumreeks smalromp, kommersiëlepassasiersvliegtuie vervaardig deurAirbus. Die familie sluit dieA318,A319,A320 en A321, asook die ACP besigheidstraler in. Die A320s word ook genoem A320ceo (met die huidige enjinopsie) na die bekendstelling van dieA320neo.[4] Finale montering van die vliegtuigfamilie word inToulouse,Frankryk enHamburg,Duitsland, gedoen. Aan die begin van 2009 het 'n aanleg in Tianjin,China ook begin met die vervaardiging van Airbusvliegtuie vir die Chinese mark.[4] In April 2013 het Airbus 'n nuwe produksiefasiliteit vir die A319, A320, A321 en variasies begin bou in Mobile, Alabama.[5] Die vliegtuigfamilie kan tot 220 passasiers akkommodeer en het 'n reikafstand van 3 100 tot 12 000 km (1 700 tot 6 500 seemyl), afhangende van die model.

Die eerste lid van die A320 familie – die A320 – is in Maart 1984 van stapel gestuur met sy nooiensvlug op 22 Februarie 1987. Die famile het gou uitgebrei om die A321 (eerste aflewering in 1994), die A319 (1996), en die A318 (2003) in te sluit. Die A320-familie word 'n baanbreker in die gebruik van digitale "fly-by-wire" vlugbeheerstelsels, sowel as systokkontroles, in kommersiële vliegtuie. Sedert sy bekendstelling is daar voortdurende verbeteringsprosesse in plek.

  • Planfoto van 'n IBERIA A320 wat vanaf Londen Heathrow opstyg.
    Planfoto van 'nIBERIA A320 wat vanaf Londen Heathrow opstyg.
  • Air Inter se A320-100 in 1991, een van die min A320-100s.
    Air Inter se A320-100 in 1991, een van die min A320-100s.
  • Die stuurkajuit van 'n A321.
    Die stuurkajuit van 'n A321.
  • Alitalia was die tweede gebruiker van die A321, na Lufthansa.
    Alitalia was die tweede gebruiker van die A321, naLufthansa.
  • A319 se linkervlerk met sy drukvin vol ontplooi gedurende landing. S7 Airlines, Moskou-Pavlodar.
    A319 se linkervlerk met sy drukvin vol ontplooi gedurende landing. S7 Airlines, Moskou-Pavlodar.
  • 'n Virgin America Airbus A320 "Enhanced" ekonomiese klas met LED-kajuitbeligting.
    'n Virgin America Airbus A320 "Enhanced" ekonomiese klas met LED-kajuitbeligting.

Tydlyn Airbus A3xx-reeks

[wysig |wysig bron]
197019801990200020102020
012345678901234567890123456789012345678901234567890123456789
A220
A300
A310
A318
A319 en A319neo
A320neo
 = In produksieA321 en A321neo
 = Uit produksieA330 en A330neo
 = ToekomsA340
 = Toekomstige modelleA350
A380


Verwysings

[wysig |wysig bron]
Wikimedia Commons bevat media in verband metAirbus A320.
  1. "US Airways' final flight closes curtain on another major airline".USA Today. 16 Oktober 2015.Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Oktober 2015. Besoek op22 Oktober 2015.
  2. "Airbus Orders and Deliveries"(XLS).Airbus. 31 Julie 2023.Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 Februarie 2019. Besoek op5 Augustus 2023.
  3. "AIRBUS AIRCRAFT 2018 Average List Prices"(PDF).airbus.com. Airbus.Geargiveer(PDF) vanaf die oorspronklike op 15 Januarie 2018. Besoek op15 Januarie 2018.
  4. 4,04,1"Airbus A320 (A320ceo en A320neo) vliegtuigfamilie" (in Engels). Airbus.com. 3 Maart 2013. Geargiveer vanafdie oorspronklike op 9 Junie 2017. Besoek op21 April 2013.
  5. Construction Review. Airbus Begins Work on $600 million Assembly Line in Alabama. URL besoek op 12 April 2013.[dooie skakel]
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit dieEngelse Wikipedia vertaal.
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Airbus_A320&oldid=2604626"
Kategorieë:
Versteekte kategorieë:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp