Agnostisisme (Grieks: α-a- (sonder) + γνώσιςgnōsis (kennis), teenoorgnostisisme) is die filosofiese siening dat die logiese waarheid van sekere aansprake — spesifiek metafisiese aansprake met betrekking tot teologie, die hiernamaals of die bestaan van gode, geeste, of selfs uiteindelike werklikheid — onbekend is of, afhangend van die tipe agnostisisme, van nature onmoontlik is om te bewys. Agnostisisme word algemeen voorgehou as 'n middelgrond tussenteïsme enateïsme,[1] alhoewel dit nie 'n religieuse verklaring is nie.