DieAfrikanasiesbeker (amptelike naam inFrans:Coupe d'Afrique des Nations (CAN) ofEngels:African Cup of Nations) is 'nsokkertoernooi wat deurAfrikalande beslis word. Die kampioenskap word deurCAF, die Konfederasie van Afrikasokker gereël. Dit is tussen 1957 en 1968 met onreëlmatige tussenposes gespeel. Van 1968 af is die kampioenskap al om die twee jaar in ewe jare aangebied, maar sedert 2013 word dit in onewe jare gehou om nie in dieselfde jaar van dieSokker-Wêreldbeker aangebied te word nie.[1]
Die eerste toernooi is in Februarie 1957 inSoedan aangebied. Soedan,Egipte,Ethiopië enSuid-Afrika het hiervoor ingeskryf, maar Suid-Afrika is om politieke redes uitgesluit. In 1962 neem vier lande aan die toernooi deel en vind daar vir die eerste keer kwalifiserende wedstryde plaas. In 1963 word die deelnemende lande tot ses uitgebrei, in 1968 tot agt en in 1996 tot 16. Die laaste uitbreiding in aantal lande vind in 2019 plaas, vanaf hierdie jaar neem 24 lande aan die eindronde deel.
Suid-Afrika het vir die eerste keer in 1996 aan die 20ste Afrikanasiesbeker deelgeneem, nadat hulle nie in 1994 kon kwalifiseer nie. Die kompetisie is die jaar ook vir die eerste keer in Suid-Afrika aangebied. Dit is dan ook die eerste en enigste keer watBafana-Bafana die trofee ingepalm het, nadat hulleTunisië op hulle tuisveld in die eindstryd verslaan het.
Die mees onlangse toernooi (2023) is deur dieIvoorkus gewen en hulle hou tans die beker. Die gasheerland(e) kry 'n outomatiese plasing. Tot in 2017 het die wenner van die mees onlangse Afrikanasiesbeker vir die daaropvolgendeSokker-Konfederasiebeker gekwalifiseer. Dié toernooi is egter deur FIFA in Maart 2019 geskrap.