Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Afrikaanse braille

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Afrikaanse braille is diebraillealfabet vanAfrikaans wat, met aanpassings virskryftekens, deur gesiggestremdes gebruik word. Afrikaanse braille word ook deurUnesco onderskryf.[1]

Geskiedenis en werking

[wysig |wysig bron]

Die eerste stelsel van Afrikaanse braille is in 1923 aan die Worcesterse Skool vir Blindes ontwerp en in gebruik geneem.[2] Later is begin met die standaardisering van Afrikaanse braille. In Julie 1934 is ’n vergadering opParys, Vrystaat, gehou om die nuwe konsepstelsel te bespreek. In Oktober 1934 is die voltooide stelsel vir die eerste keer gebruik vir die druk van ’n artikel inDie Nuwe Pionier.[2]

Lyn 1 word gevorm deur die gebruik van punte 1-2-4-5, en verteenwoordig die eerste 10 letters van die alfabet, A-J. Lyn 2 word gevorm deur punt 3 by elk van die tekens van lyn 1 te voeg, en verteenwoordig die volgende 10 letters van die alfabet, K-T. Lyn 3 word gevorm deur punte 3-6 by elk van die tekens van lyn 1 te voeg. Slegs die eerste 5 tekens word in onverkorte braille gebruik, en hulle verteenwoordig die orige letters van die alfabet (behalwe die W). Braille is van Franse oorsprong en daarom val W nie onder die reeks A-Z nie. Dit verklaar die posisie van W in Afrikaanse braille.[2]

Letters en syfers

[wysig |wysig bron]

a of 1

b of 2

c of 3

d of 4

e of 5

f of 6

g of 7

h of 8

i of 9

j of 0

k

l

m

n

o

p

q

r

s

t

u

v

x

y

z

w

Ander tekens

[wysig |wysig bron]

komma

punt

breuk-
teken

kappie

deel-
teken

akuut

gravis

aandag-
streep

!

:

;

?

afkap-
teken

koppel-
teken

%

=

Diakritiese tekens word vir die volgende letters gebruik:[3]

á,é,í,ó,ú,ý

à,è

ê,î,ô,û

ë,ï,ö,ü

Toepassing

[wysig |wysig bron]
  • ’n Skryfteken word geplaas voor die letter waarop dit betrekking het.

  

    
reën

   
dié

   

  • Die afkappingsteken word soos in gewone skrif gebruik.

     
so ’n

  
g'n

  • As die eerste letter van ’n woord met ’n hoofletter begin, word die hoofletterteken vooraan geplaas. As die hele woord hoofletters is, word die hoofletterteken verdubbel.

    
Piet

     
PIET

  • As ’n woord kursief is, word die kursiefteken voor die woord geplaas. As ’n paar woorde kursief is, word die kursiefteken verdubbel voor die woorde en kom een kursiefteken agteraan. ’n Kursiewe woord met ’n koppelteken kry ’n kursiefteken voor albei dele.

                  
Sal uasb. sit?

           
Sit nou.

            
Suid-Afrika

  • Syfers is die lettersa-j (1-0) met vooraan. ’n Persentasieteken word direk gevolg deur die syferteken en die syfer.

  
10

    
25%

  • Die punt word vir afkortings gebruik. Voorletters word met ’n spasie geskei.

   
asb.

     
d.w.s.

           
P.J. Smit

Nuwe ontwikkeling

[wysig |wysig bron]

’n B.Sc. (honneurs)-student inrekenaarwetenskap aan dieUniversiteit Stellenbosch, De Pallier Gerber, het in 2017 as deel van sy finalejaarprojek ’n program vir die Pionierskool vir Blindes in Worcester ontwikkel waarmee die omskakeling van Afrikaanse teks na braille – en andersom – met die klik van ’n muis moontlik is.

Dit bring mee dat ’n onderwyser se tyd vir lesvoorbereiding aansienlik verkort word. Hy kan in die klas op ’n rekenaarskerm die teks in braille met die teks in Afrikaans vergelyk en onmiddellik terugvoering gee. Die program sal ook die omskakelingsproses van Afrikaanse handboeke na braille vergemaklik. Dié rekenaarprogram is die eerste in sy soort.[4]

Verwysings

[wysig |wysig bron]
  1. World Braille UsageGeargiveer 27 Julie 2013 opWayback Machine, 2013.Unesco
  2. 2,02,12,2Vaughan, V.H. (opsteller).Afrikaanse Braille, Handleiding met Oefeninge, goedgekeur deur die Afrikaanse Braille-Komitee. Skool vir Blindes, Worcester. 1938.
  3. Afrikaanse braille byhttps://worddisk.com/wiki/South_African_brailleGeargiveer 25 Julie 2019 opWayback Machine
  4. Braille in Afrikaans, afrikaans.com. uit Beeld, 12 Desember 2017. Artikel: Carryn-Ann Nel. Besoek op 26 Julie 2019.
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Afrikaanse_braille&oldid=2618052"
Kategorieë:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp