Afrika is die wêreld se tweede grootstekontinent (naAsië) in sowel oppervlakte as bevolking. Saam met die eilande beslaan dit ongeveer 30 221 532 km² wat 20,3% van die totale landoppervlakte van dieaarde is en dit word bewoon deur meer as 1 miljard mense – ongeveer 'n sewende van die wêreldbevolking.
Afrika, wat 'n oppervlakte van ruim 30 miljoen km² beslaan, is naAsië en dieAmerikas die derde grootste vasteland ter wêreld. Hoewel dieewenaar Afrika feitlik reëlreg in die helfte sny, dit is nou van noord na suid gesien, lê sowat twee derdes van die landmassa in dieNoordelike Halfrond. Verreweg die grootste deel, meer as twee deerdes, lê tussen dieKreefskeerkring en dieSteenbokskeerkring, en maak van Afrika die mees tropiese van alle vastelande.
Kenmerkend van Afrika is die algemene plat voorkoms van die landskap. Die grootste deel van die vasteland bestaan uit valleie en hoë plato's, met enkele heuwels en berge wat bokant die landskap uittroon. Die byna plat voorkoms van die landoppervlakte kan toegeskryf word aan die hoe ouderdom van 'n groot deel van die kontinent. Afrika bestaan uit 'n geweldig groot deel oeroue gesteentes wat in die verre verlede die diepliggende dele van die berge gevorm het. Met verloop van tyd het die berge deur verwering weggeslyt, behalwe waar daar baie harde gesteentes naby die oppervlak was, wat meer weerstand teen erosie kon bied.
Só 'n ou geologiese vorming word 'n skild genoem. Daar is talle aanduidings dat die Afrika-skild, sowel as soortgelyke geologiese skilde soos dié inSuid-Amerika,Australië,Indië enAntarktika, oorspronklik een groot vasteland, naamlikGondwanaland, gevorm het.
Die vastelande het stadig uitmekaar gedryf tot in hul huidige posisies op die aardbol. Volgens die teorie was die eilandMadagaskar, eers deel van Afrika (Plaattektoniek).
Weens verskeie vertikale bewegings is die Afrika-skild verdeel in 'n aantal skolle of verskuiwingsblokke, elk met 'n skoffelvormige bovlak, met 'n versonke middelste vlak. InSuider-Afrika is die plato's of tafellande hoër as die verder noord. Die gemiddelde hoogte in die suidelike deel van die kontinent is sowat 1 000 meter bo seespieël, terwyl dieDrakensberge, wat 'n opvallende "skottelrand" het, hoër as 3 000 m is.
Die Kongo-bekken lê sowat 300 meter bo seespieël, terwyl sy kante omtrent 1 000 meter hoog is. Noord van die bekken is die gemiddelde hoogte laer. Die diepste deel van die Sahara-bekken lê onder seespieël.
Afrika kan dus gesien word as 'n reeks plato's en valleie wat trapsgewys van suid na noord daal, met net enkele natuurlike grense tussenin.
In die oostelike dele van Afrika het reuse-breuk vormings, saam met vulkaniese uitbarstings, die landskap heeltemal verander. Hier is die landmassa letterlik "gebreek". So het lang en diep valleie (slenke) gevorm, wat deel vorm van 'n slenkstelsel wat van dieJordaanvallei, deur die Rooisee enEthiopië, na die Shire-vallei inMosambiek loop. InOos-Afrika verdeel die slenkstelsel in twee takke waar tussen die aardkors opgedruk is.
Op die plato lê die groot, maar vlakVictoriameer (skaars 80 m diep). Die westelike een van die twee groot slenkdale, naamlik dieGroot Skeurvallei, kan duidelik op 'n kaart herken word omdat dit só 'n reeks smal, diep mere gevorm het van noord na suid kry 'n mens dieAlbertmeer, dieEdwardmeer, dieKivumeer, dieTanganjikameer en dieMalawimeer (Njassameer). Die oostelike lyn, wat sy beginpunt by die seestraat vanBab-el-Mandeb het, is met die eerste oogopslag nie so maklik herkenbaar nie. Die grootste meer wat hier gevorm het, is dieTurkanameer, voorheen bekend as die Rudolfmeer.
Hoewel vulkaniese werkinge nog nie heeltemal uitgewoed is nie, het dit vandag nie naastenby die omvang en intensiteit wat dit voorheen gehad het nie. Daarvan getuig die groot, uitgewerkte vulkane wat tot vandag toe Afrika se hoogste berge is. Die hoogste berg isKilimandjaro naby die grens tussenKenia enTanzanië. Dit is 5 895 m hoog. Hoewel dit in die middel van die tropiese gebied geleë is, is dit ewigdurend ook metsneeu bedek. Ander uitgewerkte vulkane isBerg Kenia (5 199 m) en dieElgon-gebergte (4 321 m), onderskeidelik in Kenia en op die grens tussen Kenia enUganda. 'n Ander belangrike bewys van vulkaniese werkinge bestaan in die vorm van die lawa-afsettings wat groot oppervlaktes in Ethiopië en die hooglande van Oos-Afrika bedek.
Kameroenberg inWes-Afrika is deur 'n soortgelyke proses gevorm, maar op 'n kleiner skaal: in dié gebied het vulkaniese werkinge 'n groter rol gespeel as breukvorming, en die opstoot van aardkorsdele na bo. Kameroenberg loop tot onder die see deur. Daarvan getuig die eilandreeks Fernando Po, Principe, Sao Tomé enAnnobón.
Die vorming van bergreekse deur plooiing van die aardkors in die latere geologiese tydperke, het weinig invloed op Afrika gehad, meestal ook net aan die noordelike en suidelike rande. Hierdeur het dieAtlasgebergte in die noordweste gevorm, heel waarskynlik in ongeveer dieselfde tyd as wat die groot bergreekse inEurasië gevorm is.
Behalwe vir die Atlasgebergte met sy talle klein riviertjies, toon die waterverspreidingspatroon van Afrika 'n baie duidelike patroon wat ooreenstem met die relatief eenvoudige struktuur van die vasteland. Daar is 'n paar groot rivierbekkens, asook etlike bekkens wat nie na die see uitloop nie. Sowat een derde van Afrika se water loop nie uit na die see weens die geringereënval. Dit geld vir dieSahara én dieKalahari én die hoogliggende droë plato's in Suid-Ethiopië en Noord-Kenia.
Die riviere in die beskutte Oos-Afrika-bekken vloei uit in die Turkanameer. Aangrensend aan die Sahara en die Kalahari lê die groot moerasagtige mere, naamlik die soetTsjadmeer, wat waarskynlik ondergronds deur soetwaterstrome gevoed word en die Okavangomoerasse, wat weens 'n verdampingsproses soutwater bevat. Belangrike rivierbekkens is die Nylbekken, die Kongo-bekken, die stroomgebied van die Niger in Wes-Afrika, die Zambezi in die suidooste, en dieOranjerivier in Suider-Afrika.
In die algemeen is die riviere minder belangrik vir skeepvaart. Die Niger- en die Oranjerivier is byvoorbeeld in die droë seisoen te vlak vir skeepvaart. Die water van die Oranjerivier bereik selfs nie eers gedurende die hele jaar deur die see nie.
Verder het die kenmerkende platovoorkoms van Afrika tot gevolg dat die meeste riviere juis by die kus waar die platorand skielik ophou, opskiet bo 'n smal kusvlakte en watervalle of stroomversnellings tot gevolg het. Riviere vorm ook watervalle teen die kante van die plato's in die binneland waarvan talle baie indrukwekkend is.
Afrika se beroemdste waterval is dieVictoria-waterval op die grens tussenZambië enZimbabwe waar die water van die Zambezi 100 m na benede stort. Een voordeel van dié stapsgewyse afdaling van die Afrika-rivierbeddings, is dat daar op die vasteland talle geleenthede bestaan vir hidroëlektriese kraginstallasies.
Omdat die ewenaar deur die middel van Afrika loop, is die patroon van dieklimaat enplantegroeistreke wat in die Noordelike Halfrond lê, in 'n groot mate dieselfde as in dieSuidelike Halfrond.
Dat dit nie heeltemal dieselfde is nie, kan toegeskryf word aan die feit dat die noordelike deel baie wyer is, en net deur diesmal Rooi See van Eurasië se landmassa geskei word, terwyl die invloed van die Indiese Oseaan tot diep in die binneland van Suider-Afrika waargeneem kan word.
Die belangrikste verskil tussen die noorde en die suide is dat die wêreld se grootste woestyn, die Sahara, in die Noordelike Halfrond is, terwyl die woestyngebiede van Suider-Afrika (die Namib en die Kalahari) baie kleiner is.
Die simmetrie van die noordelike en suidelike helftes word ook verbreek deur die hoe plato's, en dit beïnvloed ook die reënvalpatroon en temperatuur. Behalwe vir die verskille tussen die hooglande en die laerliggende dele, word die klimaat verskille van Afrika hoofsaaklik bepaal deur verskille in reënval en nie deur verskille in temperatuur nie.
Temperatuur speel natuurlik ook 'n rol, maar (behalwe by die hoogste bergpieke) verander dit nie die algemene toestand dat Afrika regdeur die jaar warm bly. In die tropiese dele van Afrika word dieseisoenverskille in reënval bepaal deur die ekwatoriale laag-drukstelsel wat 'n baie hoër reënvalsyfer tot gevolg het. In diewinter (somer in die Noordelike Halfrond), beweeg die reënsone noord en in die somer van die Suidelike Halfrond (winter in die Noordelike Halfrond) beweeg dit suid. 'n Strook weerskante van die ewenaar bly regdeur die jaar onder die invloed van die reëngordel. 'n Breë sone aan weerskante van hierdie gordel ken 'n baie droë en 'n baie nat seisoen. Vir 'n gedeelte van die jaar heers daar dan 'n tropiese reënklimaat, terwyl dit die res van die jaar oorwegend droog is. Hierdie streek word dan beïnvloed deur die droë luggordels noord en suid van die vogtige ekwatoriale sone wat gedurende die loop van die jaar van noord na suid verskuif. Hoe verder daar, van die ewenaar beweeg word, hoe langer word die droë seisoen, omdat die reënstrook sy invloed vir 'n steeds korter tyd uitoefen. Die oorgang van vogtige na droë klimaat is gewoonlik geleidelik omdat daar geen topografiese grense is wat een klimaatsones van 'n ander skei nie. Om dieselfde rede is die klimaat wisselvallig, veral in die droër seisoene.
Die reëngordel beweeg nie volgens riglyne nie, omdat dit nie deur topografiese kenmerke gelei ward nie. Daarom is die begin van die reënseisoen moeilik voorspelbaar een jaar is dit vroeg, die volgende jaar laat. Soms val daar baie reën, dan weer minder. Die sones met wisselende droë en nat seisoene beweeg geleidelik oor na die woestyngebiede waar 'n stortbui baie selde voorkom.
In die suidelike deel van die vasteland is die woestyn relatief klein. Die Namibwoestyn, wat aan die kus van Namibië lê, is uiters droog. Die Kalahari inBotswana is in der waarheid eerder 'n halfwoestyn. Die reusagtige Sahara in die noorde word elke jaar steeds groter en brei veral na die suide uit omdat baie min reën voorkom. Dit vorm deel van 'n droëgordel wat tot diep in Asië strek.
'nMiddellandse Seeklimaat, 'n klimaat wat bestaan uit droë, warm somers, en koeler winters wanneer die meeste reën voorkom, oorheers in die noordweste en die suidelike grensgebiede van Afrika. Die patroon van Afrika se plantegroei hang van die klimaatstreke af.
Tropiese reënwoude groei in die natste dele, in die hartjie van die Kongo-bekken en die kus van Wes-Afrika. 'n Ander soort reënwoud sorg vir die natuurlike plantegroei teen die nat en reënerige hellings van die Oos-Afrika-hooglande. Rondom die oerwoud, strek die vogtige savanne of grasvlakte met hoë, wuiwende gras en hoë bome. Namate die klimaat droër word, groei die gras, en selfs die bome, laer as gewoonlik. Die bome met laer kruine begin hul blare in die droë seisoen verloor. Doringbosse en Acasias is kenmerkend van die droë savanne. Hoe nader daar aan die grense van die woestyn beweeg word, hoe yler word die plantegroei. 'n Kleiner gedeelte van Afrika as wat 'n mens sou verwag – minder as 10% – is heeltemal bar. Die boomlose grasveld in die binneland van Suid-Afrika sorg vir uitstekendelandboumoontlikhede.
Afrika het nie so baie oerwoude soos wat die algemene indruk is nie. Die grootste deel van sy oppervlakte bestaan uit uitgestrekte vlaktes, woestyne en savannes. Gedeeltelik is dit die natuurlike gevolg van prehistoriese vulkaniese uitbarstings. Die vulkaniese afsettings is net deur 'n dun lagie grond bedek waarin bome hulle moeilik kon vasanker. Die mens het die toestand later aansienlik laat toeneem deur brande, oorbeweiding en ander bedrywighede waterosie bevorder. Die klimaat het ook sy invloed laat geld. Die afgelope miljoen jaar het die klimaatstoestande drie keer gewissel van vogtig en nat tot droog. Só het die eens uit gebreide tropiese reënwoud al hoe kleiner geword. Aan die ander kant het die veranderinge in die klimaat die dier- en plantsoorte gedwing om hulle by die nuwe omstandighede aan te pas. Só het 'n groot verskeidenheid fauna en flora ontwikkel. Dat Afrika steeds die woonplek van die groot soogdiere is, is te danke aan die savannes en uitgestrekte grasvlaktes met verspreide boomgroepe. Ondanks die bedreiging wat die mens inhou, floreer reuse-troppewildsbokke,sebras enbuffels nog hier in die ongerepte dele van Afrika. Hul getalle word beheer deurleeus,luiperds,jagluiperds,hiënas,wildehonde,jakkalse en andervleisvretenderoofdiere.Kameelperde,renosters enAfrika-olifante is ook bewoners van die grasvlaktes, hoewel daar 'n soort olifant is wat net in die bosse bly. Die voëllewe bied 'n besondere verskeidenheid. Nêrens ter wêreld is daar so baieroofvoëls soos hier nie. Dit wissel van reuse-aasvoëls wat op groot stukke wildaas leef tot kleindwergvalke wat net vaninsekte leef. Die grootste voël ter wêreld, dievolstruis, wat tot 3 m lank kan word, word net in die savannes of grasvlaktes van Afrika aangetref. Onder die kenmerkende bome en struike wat wyd voorkom, is diekremetartboom (Adansonia digitata), ook bekend as die baobab of apebroodboom, en sekereAcacia-soorte. Die grootste woestyn in Afrika is die Sahara. Die yl plantegroei bestaan uit xerofiete of woestynplante wat hulle op een of ander manier by die droogtetoestand aangepas het. Hier kan 'n onderskeid getref word tussen grondwater en reënwaterplante. Grondwaterplante het baie lang wortels om die diep ondergrondse water maklik te kan bereik. Aalwyne kan hulle byvoorbeeld besonder goed by sulke toestande aanpas.
Reënwaterplante oorleef op hulle beurt weer deur middel van hul sade wat hul ontkiemingskrag vir jare kan behou. Wanneer dit wel reën, blom die reënplante binne 'n byna ongelooflik kort tyd.
Honderdduisende dadelpalms en ander vrugtebome word by oases aangeplant. Daarom is die plantegroei daar altyd weelderig. Die oorspronklike oaseplantegroei, wat waarskynlik uit struike soos dieselonsroos (Nerium oleander) en bome soos dietamarinde (Tamarindus indica) bestaan het, het feitlik verdwyn.
Die gebrek aan voedsel en skuiling, maak die lewe baie moeilik vir die grotersoogdiere wat uit die aard van die saak 'n maklike prooi vir mensejagters is. Diere soos die jagluiperd, dierooihartbees, diedamhert, 'nwildsboksoort, en die sierlikegemsbok, is feitlik heeltemal uitgeroei in die woestyngebiede. Die sandheuwels van die Kalahariwoestyn is toegegroei met hardegrassoorte, veral vingergras en ander soorte soetgras. In die valleie groei die sogenaamde "lewende klippe", die woestynplante, wat baie soos klippe lyk, maar hier eindig die ooreenkoms: die beskermde planthuid sorg daarvoor dat baie min vog ontsnap. Gevolglik is hul weefsel in der waarheid voedsaam en sappig.
Die Namib-woestyn in Namibië is een van die mees onherbergsame streke ter wêreld. Ook hier is die harde aapstertstreekgras (Aristida congesta) van die min plante wat aangetref word. Die beroemdeWelwitschiaplant (Welwitschia mirabilis) kan ondanks die meedoënlose klimaat honderde jare aan die lewe bly.
Die tropiese reënwoude kom voor in gebiede waar die reënval meer as 1 500 mm per jaar is. Weens die vogtigheid en die baie hitte, is daar altyd 'n immergroen en baie weelderige, digte plantegroei. In Afrika word reënwoude hoofsaaklik langs die Weskus aangetref.
Ruimte vir groot troppe is daar nie en die meeste soogdiere is alleenlopers. Hulle is gewoonlik sku diere wat snags aktief is. Een van die grootste inwoners van die reënwoud is dieokapi ('n skaars verwant van die kameelperd), die boseland en die reuse-bosvark.
Die sterksteaapsoort is diegorilla soos die laagland-gorilla van Nigerië, Kameroen en die Kongo, en die berggorilla van Uganda en die vulkaangebied van die oostelike Kongo, waar dit tot op 'n hoogte van 4 000 m voorkom.
Die ander mensaap van Afrika, diesjimpansee, kan heel gemaklik in die grasvlaktes leef, maar is in die oerwoud beter teen mense beskerm.
Die reënwoude het ook talle belangrike bruikbare plante opgelewer soos die oliepalm, en die tropiese kola- en diekoffieboom.
↑Gudmastad, Ericha (2013)."2013 World Population Data Sheet"(PDF).www.prb.org (in Engels). Population Reference Bureau.Geargiveer(PDF) vanaf die oorspronklike op 20 Oktober 2017. Besoek op18 Augustus 2015.