Inrekenaarwetenskap definieer 'nadresruimte 'n reeks diskrete adresse waarvan elkeen kan ooreenstem met 'n fisiese of virtuelegeheue-register, 'nnetwerknodus, randtoestel, skyfsektor of ander logiese of fisiese eenheid.
'n Geheue-adres identifiseer 'n fisiese ligging in rekenaargeheue, soortgelyk aan 'n straatadres in 'n dorp. Die adres dui die ligging aan waar die data gestoor is, net soos 'n straatadres 'n spesifieke woonhuis in 'n woonbuurt aandui.
Voorbeelde van adresruimtes:
Spesifieke voorbeeld van toepassing op dieLinux-bedryfstelselkern
Oor die algemeen sal een adresruimte fisies verskil van 'n ander ligging in geheue. Dit gebeur egter soms dat adresruimtes oorvleuel. Wanneer adresruimtes oorvleuel is vertaling nodig. Virtuele tot fisiese adresruimte vertaling is byvoorbeeld nodig om die adresse in virtuele geheue te vertaal na die fisiese adresruimte -- een fisiese adres en een of meer virtuele adresse kan almal na dieselfde fisiesegreep inRAM verwys.