Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Addis Abeba

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Addis Abeba


KaartWapen
Vlag
 LandVlag van Ethiopië Ethiopië
 Administratiewe gewesAddis Abeba
 Koördinate09°01′N38°45′O / 9.017°N 38.750°O /9.017; 38.750
 Stigting1886
 Oppervlakte: 
 - Totaal527vk km
 Hoogte bo seevlak2 355 m
 Bevolking: 
 - Totaal (2008)3 384 569
 - Metropolitaanse gebied4 567 857
 - Bevolkingsdigtheid5 165/vk km
 TydsoneUTC +3
 Burgemeester (party)Adanech Abebe

Addis Abeba is diehoofstad en grootste stad vanEthiopië en lê op 'n hoogte van 2 355 m. Die stad het 'ninternasionale lughawe, 'n spoorlyn wat na die hawe vanDjiboeti lei en 'n universiteit. Belangrike bedrywe sluittabak,voedselprodukte,tekstiel, chemikalieë ensement in.

Geskiedenis

[wysig |wysig bron]

Die stad is in 1886 deurMenelik II gestig en het reeds twee jaar later die hoofstad geword.Italië het dit van 1936 tot 1941 beset toe hulle dit die hoofstad vanItaliaans-Oos-Afrika gemaak het.

Besienswaardighede

[wysig |wysig bron]

Die St. George-katedraal, nasionale museum, nasionale biblioteek en Menelik II se graftombe is van die besienswaardighede vir die toeris. Die stad was die hoofkwartier van dieOrganisasie vir Afrika-eenheid en is steeds die hoofkwartier van dieVerenigde Nasies se Ekonomiese Kommissie vir Afrika en van dieAfrika-unie.

Bevolking

[wysig |wysig bron]

Addis Abeba se bevolking is in 1992 op 1 763 000 geraam , maar het intussen toegeneem tot 3 384 569 (2008), wat dit die grootste stad maak in 'n land wat nié aan die see grens nie.

Eksterne skakels

[wysig |wysig bron]
Hoofstede vanonafhanklike lande
Hoofstede vanafhanklike gebiede
Hoofstede vanomstrede gebiede
Hoofstede van
aLobamba is dieregeringsetel, asook koninklike en wetgewende hoofstad vanEswatini.bKaapstad enBloemfontein is saam metPretoria ook hoofstede vanSuid-Afrika.cAbidjan is die regeringsetel en ekonomiese hoofstad van dieIvoorkus.dTifariti diende facto as hoofstad van dieArabiese Demokratiese Republiek Sahara.
NormdataEdit this at Wikidata
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Addis_Abeba&oldid=2472471"
Kategorieë:
Versteekte kategorieë:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp