Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Adam

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Hierdie artikel handel oor die Bybelse persoon. Vir ander gebruike, sienAdam (dubbelsinnig).
Adam
GeboreGeskape op die 6de dag
Sterfca. 930 ná die skepping van die wêreld
EggenootBybels:Eva
Buite-Bybels: Eva volg opLilith
KindersBybels:Kain, Abel enSeth (drie seuns)
Buite-Bybels: Awan, Azura, en Luluwa of Aclima (drie dogters)
Adam

Adam betree die Tuin van Eden
Die Patriarg
Vereer inJudaïsme,Christendom,Islam,Baha’i-geloof
Feesdag24 Desember –Rooms-Katolieke Kerk
BeskermheiligeTuiniers en kleremakers
Stamboom van ses belangrike profete inIslam
 
 
ʾĀdam (Adam)
 
 
 
 
 
 
 
Nūḥ (Noag)
 
 
 
 
 
 
 
 
 
Ibrāhīm (Abraham)
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
Ismāʿīl (Ismael)
 
Iṣḥāq (Isak)
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
Mūsa (Moses)
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
Maryām (Maria)
 
 
 
 
 
 
 
 
 
ʿĪsā (Jesus)
 
 
 
 
Abdul-Muttalib
 
 
 
 
 
 
 
Mohammed
Stippellyne dui verskeie nageslagte aan

Adam (Hebreeus: אָדָם,ʾĀḏām;Arabies: آدَم,ʾĀdam;Grieks: Ἀδάμ,Adám;Latyn:Adam) is 'n persoon inBeresjiet/Genesis van dieHebreeuse Bybel en in die skeppingsverhaal in dieKoran.[1] Volgens die skeppingsverhaal[2] van dieAbrahamitiese gelowe was hy die eerstemens. In beide Beresjiet/Genesis en Koran word Adam en sy vrou uit 'nTuin van Eden verban, nadat hulle die vrug van 'n deurGod (JHWH/Allah) verbodeboom geëet het.[3] Baie name verskil egter, net soos die volgorde van gebeure, die gevolge van hierdie ongehoorsaamheid en Adam se latere biografie.

Baie vorms vanKreasionisme en Bybelse literalisme beskou Adam as 'n historiese persoon. Wetenskaplike bewyse ondersteun nie die idee dat die hele menslike bevolking van 'n enkele man afstam nie.[verwysing benodig]

Die woordadam word in die Bybel ook as 'nvoornaamwoord gebruik, individueel as "'n mens" en in 'n kollektiewe sin as "die mensdom".[4] Die Bybelse Adam (mens, mensdom) is geskape deuradamah (die aarde), en Beresjiet/Genesis 1–8 beskryf 'n aansienlike stuk van die band tussen hulle, want Adam is deur sy ongehoorsaamheid van die aarde vervreem.[5]

Volgens antieke tradisies beskou dieRooms-Katolieke Kerk Adam saam met Eva asheilige.[6] Die tradisionele liturgiese fees vandie heiliges Adam en Eva word sedert dieMiddeleeue in baie Europese lande soosDuitsland,Estland,Hongarye,Litaue en dieSkandinawiese lande op 24 Desember gehou.

Etimologie

[wysig |wysig bron]

Die woord "Adam" (Hebreeus: אָדָם,ādām), wat in die skeppingsverhaal as 'n eienaam gebruik word, beteken "mens" (in teenstelling tot ander wesens, veraldiere). As gevolg van die skepping word na die verwante woordAdamah (Hebreeus: אֲדָמָה,ădāmāh "aarde", grond") verwys.[7]

Die naam "Eva" (Hebreeus: חַוָּה,ḥawwāh ofcḥawwah; [ħaˈva] of [χaˈva]) hou verband met diewerkwoord חיהchajah ("leef", "lewendig bly") en beteken dus "die geanimeerde".[8] Na hierdie naam word in die Hebreeuse Bybel net twee keer verwys, naamlik in Beresjiet/Genesis 3,20 en 4,1. Voorheen word na haar net as "vou van Adam" verwys. Die Hebreeuse woorde vir vrou (אִשָּׁה,iššāh) en man (איִשׁ,īš) lyk amper dieselfde, hoewel hulle nie met mekaar verwant is nie. Dit is egter 'n woordspeling: Soos die mens (ādām) uit die aarde (ădāmāh) geskape is, is die vrou (iššāh) uit die man (īš) geskape.

In dieSeptuagint word die naam Adam as 'n eienaam αδαμadam gebruik, terwyl die naam van Eva met ΖωἠZoë "lewe" vertaal word. In dieNuwe Testament, wat net twee keer na Eva verwys (2 Korintiërs 11,3 en1 Timoteus 2,13), word Eva se naam met die Griekse ΕὕαHeúa weergegee. In dieMiddeleeuseBiblia Vulgata is haar naamHava,Heva of laterEva.

Sien ook

[wysig |wysig bron]

Verwysings

[wysig |wysig bron]
  1. Koran 3:59
  2. Womack 2005, p.81
  3. (en)Behbūdī, Muhammad Bāqir (1997).The Quran: A New Interpretation. Psychology Press. p. 87.ISBN 978-0-7007-0407-1.
  4. Hendel 2000, p. 18.
  5. Hendel 2000, p. 19.
  6. (en) Steve Ray, "St[s]. Adam and Eve, St. Abraham, St. Moses – Did You Know Some Old Testament People Are Saints?",https://www.catholicconvert.com/blog/2019/01/16/st-adam-eve-st-abraham-st-moses-did-you-know-some-old-testament-people-are-saints/Geargiveer 21 Julie 2019 opWayback Machine; conferCatechism of the Catholic Church, 61.
  7. (de) Wilhelm Gesenius:Hebräisches und Aramäisches Handwörterbuch über das Alte Testament. Uitgereik deur Herbert Donner. 18de uitgawe. Springer, Berlyn/Heidelberg 1995, bl. 10/11.
  8. (de) Wilhelm Gesenius:Hebräisches und Aramäisches Handwörterbuch über das Alte Testament. Uitgereik deur Herbert Donner. 18de uitgawe. Springer, Berlyn/Heidelberg 1995, bl. 217–226.

Eksterne skakels

[wysig |wysig bron]


Profete vanIslam, soos in dieKoran genoem.
ʾĀdamIederiesNūḥHüdSalihIbrāhīmLoetIsmāʿīlIṣḥāqYāqubYūsufAjjoeb
آدمادريسنوحهودصالحإبراهيملوطاسمعيلاسحاقيعقوبيوسفأيوب
AdamHenogNoagEberSelagAbrahamLotIsmaelIsakJakobJosefJob

SuaybMūsaHaroenDhoelkiflDawudSüleymanIljasAl-YasaYunusZakarijaJahjaʿĪsāMohammed
شعيبموسىهارونذو الكفلداودسليمانإلياساليسعيونسزكريايحيىعيسى
Mohammed
Mohammed
JetroMosesAäronEsegiëlDawidSalomoElijaElisaJonaSagariaJohannesJesus
NormdataEdit this at Wikidata
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Adam&oldid=2653781"
Kategorieë:
Versteekte kategorieë:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp