DieAct of Settlement, ofOpvolgingswet, is ’n wet van die parlement vanEngeland van 1701 wat die troonopvolging vanEngeland enIerland beperk tot slegsProtestante. Dit het tot gevolg gehad dat afstammelinge vankoning Karel I (buiten sy Protestantse kleindogter prinses Anna, later koninginAnna) uitgesluit is van die troonopvolging en dat die eerste aanspraakmaker diekeurvorstinSophia van Hannover was; sy was ’n kleindogter vanJakobus VI en I. Ná haar sou die troon slegs na haar nie-Katolieke erfgename gaan.
Die wet is genoodsaak deurdat nógWillem III enMaria II nóg Maria se suster, die toekomstige koningin Anna, enige oorlewende kinders gehad het en al die lede van dieHuis van Stuart Katoliek was. Die lyn van Sophia van Hannover was die mees junior lyn van die Stuarts, maar het bestaan uit toegewyde Protestante. Sophia is op 8 Junie 1714 oorlede, kort voor koningin Anna se dood op 1 Augustus 1714. Met Anna se afsterwe het Sophia se seunkoning George I geword. Dit was die begin van dieHannoverdinastie in Brittanje.
Die wet het ’n groot rol gespeel in die vorming van dieKoninkryk van Groot-Brittanje. Engeland enSkotland het sedert 1603 ’n monarg gedeel, maar is apart regeer. Die Skotse parlement was teensinniger as die Engelse parlement om afstand te doen van die Huis van Stuart, waarvan die lede Skotse monarge was lank voordat hulle monarge van Engeland geword het. Engeland se druk op Skotland om die Act of Settlement te aanvaar was een van die faktore wat gelei het tot dieparlementêre vereniging van die twee lande in 1707.
Kragtens die Act of Settlement sou enigiemand wat ’n Rooms-Katoliek word of met een trou, sy aanspraak op die troon verloor. Dit het ook perke geplaas op die rol van buitelanders in die Britse regering en die mag van die monarg met betrekking tot die parlement van Engeland. Sommige van die bepalings is deur daaropvolgende wetgewing verander.
Saam met die Handves van Regte van 1689 is die Act of Settlement vandag een van die belangrikste grondwetlike bepalings van troonopvolging – nie net van Brittanje nie, maar ook van die anderStatebondslande waarvan die Britse monarg die staathoof is.[1] Die Act of Settlement kan net deur ’n land se parlement verander word, en dan net met die toestemming van al die ander lande, want dit raak die opvolging van die gesamentlike troon.[2]
Ná diePerth-ooreenkoms van 2011 het wetgewing wat die wet verander op 26 Maart 2015 in al die Statebondslande metkoningin Elizabeth asstaatshoof van krag geword. Daarvolgens is uitsluiting van die troon weens ’n huwelik met ’n Rooms-Katoliek verwyder. Ander bepalings van die wet geld steeds.
Ná dieGlorieryke Rewolusie is die troonopvolging in Engeland bepaal deur die Handves van Regte van 1689, waarkragtensJakobus II se vlug uit Engeland naFrankryk tydens die rewolusie neergekom het op ’nabdikasie van die troon. Sy dogter, Maria II, en haar man, Willem III (wat ook Jakobus se susterskind was), is dus as sy opvolgers beskou. Die Handves van Regte het ook bepaal dat die opvolging deur Maria en Willem se afstammelinge sou loop, dan deur Maria se suster, Anna, en haar afstammelinge, en dan deur die afstammelinge van Willem deur ’n moontlike tweede huwelik. Tydens die debat het die Hoërhuis probeer om Sophia en haar afstammelinge by die troonopvolging te voeg, maar dit is nie deur die Laerhuis goedgekeur nie.[3]
Maria II is in 1694 sonder kinders oorlede, en Willem III het nie weer getrou nie. In 1700 is prins Willem, Anna se enigste kind wat sy babadae oorleef het, op 11-jarige ouderdom aanpokke oorlede.[4] Anna was dus die enigste erfgenaam van die troon. Die Handves van Regte het Katolieke van die troon uitgesluit, dus ook Jakobus II en sy afstammelinge. Dit het egter nie voorsiening gemaak vir die troonopvolging ná Anna nie. Die parlement het dus bevind dit is nodig om wel Sophia en haar afstammelinge in te sluit en so te verseker dat die konings Protestants bly.
Die Act of Settlement het daarvoor voorsiening gemaak dat Sophia, ’n kleindogter van Jakobus VI en I en ’n niggie van Karel I, en haar afstammelinge die troon kon bestyg, terwyl dit Katolieke "vir altyd" uitgesluit het. Die wet het nie eens aanhangers van nie-Christelike gelowe genoem nie, wat dit sou ondenkbaar gewees het in 18de-eeuse Engeland.