Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Abzu

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Hierdie bladsy bevatwigskrif. Sonder die regte lettertipe sal jy blokkies of snaakse tekens sien. Jy kan die regte lettertipehier kry.

Dieabzu ofengur (wigskrif:𒍪𒀊, ZU.AB;Sumeries: abzu;Akkadies:,apsû) was in dieMesopotamiese mitologie die naam van die oersee onder die onderwêreld en die aarde. Dit kon ook verwys het na die ondergrondse varswater; daar is geglo mere, fonteine, riviere en ander varswaterbronne kry hul water van die abzu.

As ’n god

[wysig |wysig bron]

Abzu word net in dieBabiloniese skeppingsverhaal, dieEnuma Elisj, as ’n god uitgebeeld. In dié mite is hy ’n oerwese wat uit varswater bestaan en die minnaar vanTiamat, ’n wese van soutwater. DieEnuma Elisj begin:

"Toe die hemel bo en die aarde onder nog nie bestaan het nie, was daar Abzu die varswateroseaan, die eerste, en Tiamat, die soutwatersee, sy wat die lewe aan hulle almal geskenk het; hulle het nog hul waters gemeng en geen weivelde was gevorm nie, ook geen rietvleie nie..."

Dié verhouding lei tot die geboorte van die jonger gode wat Abzu later vermoor om sy mag oor te neem. Woedend val Tiamat hulle aan nadat sy die eerste drake geskep en "hul liggaam met gif pleks van bloed" gevul het. Sy word doodgemaak deurMarduk, die stormgod, wat toe die hemel en aarde uit haar liggaam skep.

Verwysings

[wysig |wysig bron]
Oergode
Sewe gode wat verorden
Ander gode
Halfgode en helde
Geeste en monsters
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Abzu&oldid=1789735"
Kategorie:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp