Aboesir (Arabies: ابو صير) is ’n groot begrafnisterrein inEgipte wat gedien het as dodeakker vir dieAntieke Egiptiese hoofstadMemphis. Dit is nabyKaïro geleë en is ook die naam van die dorp in dieNylvallei van waar die terrein sy naam kry.
Aboesir is net ’n klein deel van ’n groot gebied volpiramides wat strek vanGiza tot byDahsjoer en ookSaqqara insluit. Dit het gewild geraak onder diefarao's van die 5de Dinastie nadat die terrein by Giza "vol" was van die enorme piramides en ander grafmonumente van die konings van die 4de Dinastie.
By Aboesir is die grootste voorrade papirusse nog uit dieOu Ryk, dieAboesir-papirusse, ook ontdek. Die eerste vonds was in die 19de eeu in diedodetempel van koningNeferirkare, en die tweede in die 20ste eeu in die komplekse vanNeferefre en sy ma, koninginChentkaoes II.
Die Tsjeggiese Instituut van Egiptologie inPraag doen sedert 1976 uitgrawings by Aboesir.
Daar is altesaam 14 piramides uit die 5de Dinastie op die terrein. Die gehalte van die bouwerk by Aboesir is heelwat swakker as dié uit die 4de Dinastie. Dit dui moontlik op ’n afname in die farao's se mag of ’n swakker ekonomie. Die piramides is kleiner en is van ’n swak gehalte kalksteen gebou. Almal is trappiramides, buiten dié van Neferirkare, die grootste een – daar word geglo dit is oorspronklik as ’n trappiramide ontwerp, maar later in ’n "ware" (of gladde) piramide verander deur die trappe op te vul.
Die grootste drie piramides is:
Die Piramide vanNeferirkare, die hoogste piramide op die terrein.
Die Piramide vanNioeserre, wat die beste bewaar gebly het.
Die Piramide vanSahoere, bekend vir sy pragtige reliëfwerke.
Aboesir, Saqqara en Dahsjoer het groot skade gely tydens die Egiptiese onluste van 2011 deurdat grafte en pakkamers beroof is.[1][2] Rooftogte en die beskadiging van mummies het tot in 2013 voortgeduur met onder meer georganiseerde uitgrawings.[3]