Abia (Hebreeus "my vader is Jah". "Jah" is ´n afkorting van "Jahwe") was die tweede koning van diekoninkryk van Juda en het 3 jaar regeer (913 tot 911 voor Christus). Hy was uit die familie van koningDawid en die seun van koningRehabeam. Volgens 2Kronieke 13 het hy soos sy vader afgode aanbid maar tydens die oorlog teen koningJerobeam I van Israel het hy op die Here gesteun. Die oorlog aan die begin van sy ampsperiode was ´n poging om beide lande weer te herenig. Ondanks die groot oormag van Jerobeam het Abia geseëvier en 500 000 soldate van Israel het gesneuwel. Abia het die stede Bethel, Jesana en Efron verower. Die Here het hom "ter wille van Dawid" die oorwinning oorJerobeam I gegee (2 Kronieke 13).
Abia se moeder wasMaäga/Migaja wat in 1Konings 15: 2 die "dogter vanAbisalom" en 2 Kronieke 13: 2 "die dogter vanUriël uitGibea" genoem word. Daar word vermoed dat Uriel moontlik Absalom se skoonseun was en dat Maäga/Migaja gevolglik Absalom se kleinkind sou gewees het.
Volgens oorlewering het Abia 14 vrouens, 22 seuns en 16 dogters gehad. Hy is opgevolg deur sy seunAsa.