Nota: Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat.
Abazyns (абаза бызшва,Abaza Bizsjwa;Adigies: абазэбзэ) is ’ntaal van die Abazyne van dieKaukasus-gebergte in dieRepubliek van Karatsjai-Tsjerkessië inRusland. Dit bestaan uit twee dialekte, die Asjcherewa en die Tap'anta, wat die letterkundige standaard is.
Die taal word deur sowat 35 000 mense in Rusland gepraat waar dit in ’n aangepasteCyrilliese alfabet geskryf word. Dit word ook deur sowat 10 000 mense inTurkye gepraat waar dit in dieLatynse alfabet geskryf word.
Abazyns is, nes ander tale in dieNoordwes-Kaukasiese taalfamilie, hoogs agglutinerend – dit het talle medeklinkers (63 foneme) en net twee klinkers. Dit is nou verwant aanAbchasies, maar het ’n paar foneme wat nie in Abchasies voorkom nie.