Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

ADO Den Haag

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
ADO Den Haag
Volle naamAlles Door Oefening Den Haag
Stigting1 Februarie1905
TuisveldKyocera-stadion,Den Haag
Kapasiteit15 000
VoorsitterHenk Jagersma
Afrigter?
LigaEredivisie
SpankleureSpankleureSpankleure
Spankleure
Spankleure
 
Tuiskleure
SpankleureSpankleureSpankleure
Spankleure
Spankleure
 
Wegkleure

Alles Door Oefening Den Haag, algemeen bekend asADO Den Haag, is 'nNederlandsesokkerklub in die stadDen Haag. Die klub was vir 'n tyd bekend asFC Den Haag, met ADO wat die amateur tak van die klub verteenwoordig het. Alhoewel dit deel van een van die tradisionele drie groot Nederlandse stede uitmaak, kon die klub nie die suksesse vanAFC Ajax,Feyenoord ofPSV in terme van dieEredivisie of Europese kompetisies ewenaar nie. Daar is nieteenstaande 'n groot mededinging met Ajax en Feyenoord.

Geskiedenis

[wysig |wysig bron]
Muurskildery in die nuwe ADO-stadion

Die klub is gestig in 1905, maar het dit moeilik gevind om teen die groot Nederlandse spanne te kompeteer, deels a.g.v. die populariteit vankrieket in die stad.

ADO Den Haag wen dieEredivisie titel in 1942 en 1943 en dieKNVB-Beker in 1968 en 1975 (onder die naam FC Den Haag). Hulle grootste Europese sukses was 'n kwarteindronde wedstryd teenWest Ham United vir dieEuropese Beker Wenners Beker in1976. 'n 4-2 wen in Den Haag gevolg deur 'n 3-1 verloor inLonden het eliminasie tot gevolg gehad.

ADO ondersteuners het sterk bande met die Walliese klubSwansea City. Vlae van die respektiewe klubs word dikwels by die ander klub se wedstryde gewaai, en beide klubs speel gereeld voor-seisoen vriendelike wedstryde teen mekaar.Legia Warszawa (Pole),Club Brugge (België), enJuventus F.C. (Italië) deel ook sterk ondersteuner bande met ADO Den Haag.

Na 'n lang stryd in die land seEerste divisie, het ADO Den Haag vir seisoene in die Eredivisie gespeel en is weer afgeskuif in die Eredivisie 2006/2007 seisoen. Nietemin, na 'n 6de plek in die 2007-08 seisoen, wen hulle 'n uitspeel wedstryd, wat bevordering na die Eredivisie 2008-09 seisoen tot gevolg gehad het. Die klub se nuwe tuiste is die 15 000 sitplekDen Haag Stadion; daar is nog nie 'n amptelike naam vir die stadion nie. Hulle het gewoonlik hulle tuiswedstryde by dieZuiderpark Stadion gespeel; die grond gaan verkoop word vir publieke behuising. Hul kleure is geel en groen en hul gemiddelde tuiswedstryd bywoning in 2005-06 was 6 800 toeskouers, een van die laagste in die Eredivisie. Hulle het die 2008-09 seisoen begin met twee oorwinnings, wat hulle vir die eerste keer in 32 jaar aan die bo-punt van die Eredivisie geplaas het.

Erelys

[wysig |wysig bron]

Nederlandse kampioen (2)

1942,1943

KNVB-Beker (2)

1968,1975

(naaswenner (6)

1959,1963,1964,1966,1972,1987)

Eerste divisie (2)

1986,2003

Huidige spelers

[wysig |wysig bron]

Nota: Vlae toon nasionale spanne aan soos perFIFA toelatingsreëls. Spelers mag meer as een nie-FiFA nasionaliteit besit.

Nr.PosisieSpeler
1Vlag van NederlandDWRobert Zwinkels
2Vlag van MarokkoVAhmed Ammi
3Vlag van NederlandVChristiaan Kum
4Vlag van BelgiëVTimothy Derijck
5Vlag van NederlandVMitchell Piqué
6Vlag van SerwiëMSAleksandar Ranković
7Vlag van FrankrykVSKarim Soltani
8Vlag van NederlandMSDanny Buijs(captain)
9Vlag van EstlandVSAndres Oper
10Vlag van NederlandMSRichard Knopper
11Vlag van NederlandVSWesley Verhoek
12Vlag van NederlandMSRicky van den Bergh
13Vlag van NederlandVSRaily Ignacio
14Vlag van NederlandMSKees Luijckx(on loan fromAZ)
16Vlag van NederlandDWBarry Ditewig
17Vlag van NederlandVSYuri Cornelisse
18Vlag van NederlandVPascal Bosschaart
Nr.PosisieSpeler
19Vlag van MontenegroVSBogdan Milić
20Vlag van SlowakyeVCsaba Horváth
21Vlag van NederlandMSKai van Hese
22Vlag van NederlandDWBoy Waterman(on loan fromAZ)
23Vlag van NederlandMSMike de Geer
24Vlag van NederlandMSLeroy Resodihardjo
26Vlag van NederlandDWGino Coutinho
27Vlag van NederlandVSSanty Hulst
28Vlag van NederlandMSLex Immers
31Vlag van NederlandVJoel Tillema
33Vlag van NederlandVDanny van der Ree
35Vlag van NederlandMSRoderick Gielisse
36Vlag van NederlandVSCharlton Vicento
37Vlag van NederlandMSJens Toornstra
40Vlag van NederlandMSLevi Schwiebbe
41Vlag van NederlandVLorenzo Piqué
52Vlag van NederlandMSSerhat Koksal

Op uitleen

[wysig |wysig bron]

Nota: Vlae toon nasionale spanne aan soos perFIFA toelatingsreëls. Spelers mag meer as een nie-FiFA nasionaliteit besit.

Nr.PosisieSpeler
Vlag van NederlandVSBerry Powel(geleen aanDe Graafschap)

Bestuurders

[wysig |wysig bron]

[1]

Verwysings

[wysig |wysig bron]
  1. "argiefkopie". Geargiveer vanafdie oorspronklike op 22 Mei 2009. Besoek op26 April 2010.

Eksterne skakels

[wysig |wysig bron]
Wikimedia Commons bevat media in verband metADO Den Haag.
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=ADO_Den_Haag&oldid=2730979"
Kategorieë:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp