90482 Orcus (voorlopige naam2004 DW) is ’ntrans-Neptunus-voorwerp (TNV) in dieKuipergordel met ’n grootmaan, Vanth. Dit is op 17 Februarie 2004 ontdek deur dieAmerikaanse sterrekundiges Michael Brown, Chad Trujillo en David Rabinowitz. Beelde van Orcus voor sy ontdekking strek terug tot 8 November 1951.[2]
Die wentelbane van Orcus (blou), Pluto (rooi) en Neptunus (grys).
Orcus is ’nplutino, ’n TNV wat in ’n 2:3-resonansie met die ysreusNeptunus vasgevang is: Dit voltooi twee omwentelings om dieSon vir elke drie deur Neptunus. Dit is baie soortgelyk aanPluto, behalwe dat dit altyd aan die teenoorgestelde fase van sy wentelbaan is. Orcus is by syafelium wanneer Pluto by syperihelium is en omgekeerd. Verder wys die afelium van Orcus se wentelbaan in feitlik die teenoorgestelde rigting as Pluto s'n, hoewel dieeksentrisiteit enbaanhelling dieselfde is. Vanweë dié ooreenkomste en verskille word Orcus en sy groot maan, Vanth, wat herinner aan Pluto se groot maan,Charon, soms beskou as dieanti-Pluto. Dit was ’n groot oorweging in die keuse van sy naam, want diegodheid Orcus was dieEtruskers se weergawe van dieRomeinsePluto, en dit het later die altenatiewe naam vir Pluto geword.[14]
Orcus se oppervlak is relatief helder, met syalbedo wat tot 23% kan wees. Dit is grys en ryk aanwater. Dieys is hoofsaaklik in kristalvorm, wat dui opkriovulkanisme in die verlede. Ander samestellings soosmetaan ofammoniak kan ook teenwoordig wees. Die bestaan van ’n maan het wetenskaplikes in staat gestel om die stelsel semassa te bereken – dit is min of meer dieselfde as dié vanSaturnus se maanTethis. Die verhouding van die massa tussen Orcus en Vanth is onseker, moontlik iewers tussen 1:33 en 1:12.[8]
Orcus se deursnee word op sowat 920 km geraam en Vanth s’n op sowat 280 km; dit is mits hul albedo dieselfde is.[6]
↑Brown, Michael E.; Butler, Bryan J. (22 Januarie 2018). "Medium-sized satellites of large Kuiper belt objects". [astro-ph.EP].
↑8,08,1Carry, B.; Hestroffer, D.; Demeo, F. E.; Thirouin, A.; Berthier, J.; Lacerda, P.; Sicardy, B.; Doressoundiram, A.; Dumas, C.; Farrelly, D.; Müller, T. G. (2011). "Integral-field spectroscopy of (90482) Orcus-Vanth".Astronomy & Astrophysics.534: A115.arXiv:1108.5963.Bibcode:2011A&A...534A.115C.doi:10.1051/0004-6361/201117486.
↑Barucci, M. A.; Merlin; Guilbert; Bergh; Doressoundiram; et al. (2008). "Surface composition and temperature of the TNO Orcus".Astronomy and Astrophysics.479 (1): L13–L16.Bibcode:2008A&A...479L..13B.doi:10.1051/0004-6361:20079079.