Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

3G

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

3G is die derde-generasie van sellulêre draadlose mobiele telekommunikasietegnologie. Dit is 'n opgradering tot 2.5G en 2.5GGPRS netwerke, welke 'n vinniger dataverplasings spoed bied.[1] Dit is gebaseer op 'n stel standaarde wat gebruik word vir mobiele toestelle en vir mobiele telekommunikasiedienste en -netwerke wat voldoen aan die Internasionale Mobiele Telekommunikasie-2000 (IMT-2000) spesifikasies wat deur die Internasionale Telekommunikasie Unie uitgereik is.

3G word gebruik in draadlose stem telefoonstelsels en vir mobieleinternet -toegang, vaste draadlose internettoegang, video-oproepe en mobiele TV.[1]

3G-telekommunikasienetwerke ondersteun dienste wat 'n inligtingsoordragkoers van ten minste 144kilogrepe per sekonde bied.[2][3][4]

Latere 3G-vrystellings, wat dikwels as 3.5G en 3.75G aangedui word, bied ook mobiele breëband toegang van verskeiemegagrepe per sekonde virslimfone en mobiele modems virskootrekenaars. Dit verseker dat dit toegepas kan word op draadlose telefoontoestelle en vir mobiele internettoegang, vaste draadlose internettoegang, video-oproepe en mobiele TV-tegnologie.

'n Nuwe generasie van sellulêre standaarde is ongeveer elke tiende jaar sedert1G-stelsels in 1979 en die vroeë tot middel-1980's bekendgestel. Elke generasie word gekenmerk deur nuwefrekwensiebande, hoër dataoordragtempo's en nie-terugwaarts versoenbare oordragtegnologie. Die eerste kommersiële 3G-netwerke is in 2001 bekendgestel.[5][6][7][8]

Verwysings

[wysig |wysig bron]
  1. 1,01,1"All about the Technology".itu.int (in Engels). 4 April 2011.Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Oktober 2019. Besoek op17 Augustus 2019.
  2. "3G CELLULAR STANDARDS WITH PATENTS".projectsatbangalore.com (in Engels). 24 Junie 2014. Besoek op17 Augustus 2019.
  3. "Factors that are contributing to death of 3G in India".businesstoday.in (in Engels). 5 Julie 2015.Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 Augustus 2019. Besoek op17 Augustus 2019.
  4. "3G vs. 4G: What's the Difference?".PCMAG (in Engels). 10 Februarie 2015.Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 Oktober 2019. Besoek op17 Augustus 2019.
  5. Charny, Ben (1 Oktober 2001)."World's first 3G phone network goes live".ZDNet (in Engels).Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 September 2015. Besoek op16 Augustus 2019.
  6. McCarthy, Kieren (1 Oktober 2001)."World's first 3G network live today".theregister.co.uk (in Engels). Besoek op16 Augustus 2019.
  7. "THE EVOLUTION TO 3G MOBILE — STATUS REPORT".itu.int (in Engels). 29 Julie 2003.Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 September 2019. Besoek op16 Augustus 2019.
  8. "First 3G mobiles launched in Japan" (in Engels (VK)). 1 Oktober 2001.Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 April 2020. Besoek op16 Augustus 2019.

Eksterne skakels

[wysig |wysig bron]
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=3G&oldid=2431645"
Kategorie:
Versteekte kategorieë:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp