1820-Setlaars is die historiese term vir die sowat 4000 blanke Britse immigrante wie tussen April en Junie 1820 in sestig groepe inSuid-Afrika aangekom het. Die meeste setlaars het inAlgoabaai (vandagGqeberha) aan wal gegaan en is op plase in die distrikAlbanie omGrahamstad in dieOos-Kaap gevestig. Soos altyd, was daar uitsonderings. Omtrent 200 immigrante moes onverwags en teësinnig na 'n lang reis vanaf Londen viaCork, Ierland, terugvaar vanafSimonstad naSaldanha, en is afgelaai en naClanwilliam ("Jan Dissselsvlei") gekarwei. Weens haglike omstandighede is almal behalwe vyf gesinne (Archer, Stone, e.a.) weer gekollekteer en na die "Oos-Kaap" geneem.[1] Baie Suid-Afrikaanse families is nakomelinge van dié immigrante.[2]
Hulle was nie die eerste Britse immigrante wat na die Kaap gekom het nie, maar dit was die enigste staatsondersteunde skema wat 'n taamlike groot Engelssprekende gemeenskap na 'n bepaalde streek in Suid-Afrika geneem het.[3]
Die setlaars uitEngeland, waaronder ook 'n aantal adellikes, is deur die Britse regering en die koloniale owerhede van die Provinsie van die Kaap die Goeie Hoop aangemoedig om in Suid-Afrika 'n nuwe tuiste te vind, maar in wese was dit 'n poging om die anglofone element van die Suid-Afrikaanse bevolking te versterk en veral die grensgebied van die Oos-Kaap deur middel van 'n groter blanke bevolking teen aanvalle van dieXhosa-stamme te verdedig. Dit was die grootste Britse immigrasiegolf in die geskiedenis van Suid-Afrika.
Na dieNapoleontiese Oorloë isGroot-Brittanje deur ernstige werkloosheid in die gesig gestaar. Die regering het derhalwe emigrasie naoorsese Britse besittings bevorder, waaronder dieKaapkolonie. Aan voornemende emigrante is vrye landbougrond in die Oos-Kaap toegesê, en dié aanbod was aantreklik genoeg vir 90 000 aansoekers van wie uiteindelik 4 000 gekies is. Tussen Desember 1819 en Maart1820 het altesaam 21 emigranteskepe vanaf Britse hawens vertrek.[4] Die eerste setlaars het op 17 Maart 1820 aan boord van dieNautilus en dieChapman inKaapstad seTafelbaai aangekom. Hulle is van daar na Algoabaai gestuur, die huidigeGqeberha (voorheen Port Elizabeth).
Lord Somerset, die destydse Britse goewerneur, het die setlaars aangemoedig om hulle in die grensgebied van die Oos-Kaap te vestig om hierdie gebied teen dieXhosas te verdedig. Die immigrante het plase naby die dorpBathurst ontvang en is teen betaling van basiese toerusting en voedselvoorrade voorsien. Maar 'n verskeidenheid faktore het daartoe gelei dat baie setlaars hul landbouaktiwiteite gestaak en hulle in nabygeleë nedersettings gevestig het.
Die meeste setlaars was geskoolde ambagsmanne wat weens die gebrek aan landboukundige kennis geen belang in die boerderybedryf gestel het nie. Die lewensomstandighede in die grensgebied was haglik. Gewasse is deurdroogtes en siektes bedreig, terwyl ook die gebrek aan vervoer sake bemoeilik het. Weens hierdie probleme, en onder die indruk van dieguerilla-taktiek van die Xhosa-krygers in die grensgebied, het talle setlaars hulle in stedelike nedersettings soos Port Elizabeth, Grahamstad enOos-Londen gevestig. Sodoende het die oosgrensgebied, in teenstelling met Lord Somerset se planne, eerder 'n ylbevolkte streek gebly.
Nogtans het van die setlaars, wat op hulle plase aangebly het, 'n belangrike bydrae tot die plaaslike landboubedryf gelewer en gewasse soosmielies,rog engars verbou. Skaapteelt en wolvervaardiging, wat deur hulle in die gebied ingevoer is, sou gaandeweg tot winsgewende bedrywe ontwikkel. Ander setlaars, wat hulle al in Engeland as handelaars en sakemanne bekwaam het, het 'n hupstoot aan die plaaslike handel en ekonomie gegee en die vinnige groei van nuwe nedersettings soos Grahamstad en Port Elizabeth bevorder. Die Oos-Kaapse Albany-distrik was nou 'n Angel-Saksiese eiland temidde van 'n Afrikaans- en Xhosa-sprekende omgewing, en 'n mylpaal in die geskiedenis van Engelssprekende Suid-Afrikaners.
'n Ander groep 1820-setlaars het verder noordwaarts na Natal getrek, die stamland van dieZoeloevolk wat destyds deur koningSjaka met 'n leër van hoogs opgeleide en gedissiplineerde krygers geregeer is. Aanvoerders van die Britse setlaars het aansoek by Sjaka gedoen om hulle in die gebied te vestig. Sjaka, wat beïndruk was deur die Europese tegnologie wat die setlaars kon inbring, het sy toestemming in ruil vir vuurwapens verleen.
Die Nasionale 1820-Setlaarsmonument, wat in 1974 in Grahamstad geopen is, herdenk die Britse setlaars. In die "lewende monument" word toneelstukke, musikale opvoerings en kulturele feeste aangebied.
Die onmiddellike gevolg van die koms van die Britse setlaars in 1820 was 'n verdubbeling van die Engelssprekende bevolking in die Kaapkolonie en 'n aansienlike toename van die Blanke bevolking as geheel. Hoewel Somerset se skema gedeeltelik misluk het, was die Oosgrens nogtans digter bevolk as voorheen en die gebied het geleidelik 'n Engelse karakter gekry. Die Kaapse regering was nou verplig om meer aandag aan die beskerming van lewens en grondbesit aan die Oosgrens te gee.
Nuwe dorpe soosSomerset-Oos, Bathurst en Grahamstad het vinnig gegroei. As sentrum van die nuwe, florerendeMerino-wolbedryf wat deur die Britse immigrante ingevoer is, hetPort Elizabeth vinnig tot 'n stad gegroei. Britsesendelinge het Xhosa-land binnegedring en deur hul toedoen, hetXhosa 'n geskrewe taal geword en is dieBybel in Xhosa vertaal. Die eerste twee publikasies in Grahamstad is in die 1830's gevolg deur ander.
As gevolg van die handelsbedrywighede van sommige Setlaar-gesinne het die handel met die plaaslike inwoners, (veral inivoor en velle) floreer, en die binneland is al hoe verder oopgestel.
Die Setlaars het ook 'n belangrike rol gespeel in die ontwikkeling en die beveiliging van hul nuwe vaderland. Die Suurveld is deur hulle mak gemaak, en Hollandse en Britse koloniste het skouer-aan-skouer geveg teen die aanvalle van vyandige stamme. Nieteenstaande die Hollandse grensboere se wrewel oor die optrede van Britse bewindhebbers, was hulle hul Britse mede-grensgenote oor die algemeen simpatiek gesind. Baie van die Setlaars het op hul beurt ook begrip gehad vir die Hollandse boere se besluit om die Kaapkolonie in1836 met dieGroot Trek te verlaat, want hulle het die Trekkers se griewe teen die Britse grensbeleid gedeel. Sommige van hulle was trouens lus om saam te trek, en toe die gryseJacobus Uys se trekgeselskap deur Grahamstad gaan, is 'n pragtige ingebonde Bybel deur 'n groep Setlaars aan hom geskenk. Die verlies van sulke stoere en getroue bondgenote soos die Voortrekkers was dan ook 'n groot ramp vir die Setlaarboere.
Op politieke gebied het die Setlaars 'n groot en onmiddellike bydrae gelewer. Hulle het nie net vryheid van die pers bewerkstellig nie, maar het ook 'n sleutelrol gespeel in die aanstel van 'n kommissie van ondersoek wat oor Somerset se regering verslag moes doen. Die kommissie het aanbeveel dat die goewerneur sy alleenseggenskap ontneem word deur die aanstelling van 'n Raad van Advies.Thomas Pringle enJohn Fairbairn, twee setlaars met meer skryftalent as belangstelling in boerdery, het hier 'n belangrike rol gespeel. So het die Britse setlaars op ekonomiese, politieke en kulturele gebied hul stempel afgedruk op die geskiedenis van Suid-Afrika.
![]() | Wikimedia Commons bevat media in verband met1820 Settlers. |