Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

1388

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
1388
|13de eeu |14de eeu |15de eeu |

◄ ◄ | |1383 |1384 |1385 |1386 |1387 | ◄1388 ► |1389 |1390 |1391 |1392 |1393 | |► ►

Dae |Eeue |Geskiedenis |Geskiedenisportaal
Sien ook:Kategorie:1388
Kalenders  
Yoshimoto Nijo


Diejaar 1388 was 'nskrikkeljaar wat volgens dieGregoriaanse kalender op 'nDinsdag begin het. Dit was die 88ste jaar van die14de eeu n.C. In teenstelling metgewone jare het die jaar 366 dae en 'n29 Februarie gehad. Volgens dieJuliaanse kalender het die jaar op 'nWoensdag begin.

Gebeure

[wysig |wysig bron]
  • Februarie – Die hele hof van koningRichard II vanEngeland word aan hoogverraad skuldig bevind. Hulle almal is óf tereggestel óf uit die land verban.
  • 9 April – Slag van Näfels inSwitserland. Die veldslag was tussen Glarus met hul bondgenote, die Ou Switserse Bond en die Habsburgers. Oorwinning behoort aan die Switsers.
  • Augustus – Slag van Otterburn. 'n Skotse leër onder leiding van James Douglas verslaan 'n Engelse leër en neem hul leier, Harry Hotspur gevange. James Douglas sterf egter tydens die veldslag.
  • 27 Augustus – Slag van Bileća. Die veldslag is geveg tussen die Bosniese magte gelei deurhertog Vlatko Vuković en dieOttomane onder leiding van Lala Shahin Pasha. Die Bosniërs treë as oorwinnaars uit die stryd.

Ongedateerd

[wysig |wysig bron]
  • Stigting van die universiteit vanKeulen (Duitsland).
  • Die WyclifBybel word deur John Purvey voltooi. Daar word begin om die volgelinge van Wyclif (die Lollards) te vervolg.
  • John van Gaunt, oom van Richard II vanEngeland maak vrede metKastilië. Hy maak sy aanspraak op die Kastiliaanse troon deur toe te laat dat sy dogter, Catherine van Lancaster met prins Hendrik III, die oudste seun Johan I van Kastilië trou.
  • Ramesuan word weer as koning van Ayutthaya (die hedendaagse suide vanThailand) aangestel nadat hy die 17-jarige koning Thong Chan ontroon en tereggestel het.
  • Goryeo Revolusie: Generaal Yi Seonggye begin 'n vier jaar revolusie in Goryeo (nouKorea) nadat hy deur koning U van Goryeo beveel is om die magtige Sjinese weermag aan te val.
  • Goryeo Revolusie: Koning U van Goryeo word gedwing om van sy amp afstand te doen. Hy word deur sy seun, Chang vervang.
  • 'n Sjinese invalsmag onder leiding van Generaal Lan Yu verslaan 'n groot Mongoolse leër onder leiding van Khan Toghus Temur. Honderd lede van die Yuan koninklike familie word gevange geneem. Toghus Temur sterf toe hy probeer ontsnap het en was sodoende deur sy teenstander, Jorightu as Khan vanMongolië opgevolg.
  • 'n Sjinese leër onder leiding van generaal Xu Da vernietig Karakoroem, die hoofstad van die Mongoolse Ryk
  • Tran Ngung werp Tran Hien as koning vanViëtnam omver.
  • Omar I word deur Sa'id as koning van die Kanem-Bornu Ryk (hedendaagse Oos-Tsjad enLiberië) opgevolg. Sa'id word egter dieselfde jaar as koning deur Kade Alunu opgevolg. Beide Omar en Sa'id is deur Bilala-indringers vermoor.
  • Ghiyas-ud-Din Tughluq II volg Firuz Shah Tughluq as sultan van Delhi op.
  • Karel VI van Frankryk neem volle beheer van die regering oor en eindig sodoende die heerskappy van sy oom, Filip die Stoute.
  • Die Jubostinja-klooster word inSerwië gebou.
  • Bredevoort inGelderland krystadsregte.
  • Die Cozia-klooster word in Walagye gebou.

Geboortes

[wysig |wysig bron]

Sterftes

[wysig |wysig bron]
  • Januarie – Karlo Thopia, prins vanAlbanië (*1335)
  • 4 Maart – Thomas Usk, Engelse skrywer (tereggestel).
  • 26 Maart – Niccolò II d'Este, heer van Ferrara, Modena en Parma (*1338)
  • 31 Maart – Everaard t'Serclaes, heer van Cruychembourg (Ternat) wat hy bevry het uit die heerskappy vanVlaandere (* ca.1320)
  • 15 Mei – Wenceslaus I van Saksen-Wittenberg (*1337)
  • 15 Julie – Agnes van Durazzo, keiserinmetgesel van Jakob van Baux van die Latynse Ryk (*1345)
  • 14 Augustus – James Douglas, 2de Graaf van Douglas (gesterf tydens die Slag van Otterburn) (*1358)
  • 3 September – Antonio I della Scala, heer vanVerona en buite-egtelike seun van Cansignorio della Scala (*1362)
  • Datum onbekend
    • Simon de Burley, bewaarder van die Cinque Poorte en konstabel van die Dover Kasteel (*1336)
    • Sultan Firuz Shah Tughlaq van Delhi, heerser van die Tughlaq-dinastie (*1309)
    • Uskhal Khan, Keiser Tianyuan van Noord-Yuan.
    • Otto VI van Tecklenburg.
    • Antonio Pucci, Italiaansedigter (*1310)
    • Choe Yeong, Koreaanse generaal (*1316)
    • Johannes von Leysen, Duitse stigter en eerste burgemeester van Allenstein (vandag Olsztyn,Pole) (*1310)
    • Nijō Yoshimoto, seun van Nijō Michihira (*1320)
    • Robert Tresilian, Engelse prokureur en hoofregter (tereggestel vir sy lojaliteit aan koning Richard II).
    • Francesco Zorzi,Markgraaf van Bodonitsa en lid van die Venesiese Zorzi-familie (*1337)
    • Bhre Wengker Wijayarajasa -- wie se mausoleum dieCandi Surowono is.
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=1388&oldid=1824297"
Kategorie:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp