Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Þing

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Germaanse þing (GE 193)

'nÞing (uitspraak:θiŋ; letterlik "ding" of "saak") was 'n tipe volksvergadering inGermaanse en sommigeKeltiese samelewings waar vryburgers en regsprekers ontmoet het om sake van plaaslike regering te bespreek. 'n Bekende voorbeeld is dieYslandse parlement, dieAlþingi, wat uit hierdie tipe volksvergadering ontstaan het.

Etimologie

[wysig |wysig bron]

Die woordþing soos dit inOudnoors,Oudfries enOudengels die betekenis van "vergadering" gehad het, het dieselfde etimologiese oorsprong as die woordething (Engels),Ding (Duits),ding (Afrikaans enNederlands), enting (Deens,Noors, enSweeds) wat vandag "voorwerp" beteken.[1] Hierdie oorsprong is dieOergermaanseþingą ("vergadering").

Die ewolusie van die woordþing se betekenis van "vergadering" tot "voorwerp" kan vergelyk word met dié van dieLatynsecausa ("dagvaarding") totchose (Frans),cosa (Spaans,Italiaans, enKatalaans), encoisa (Portugees), wat almal "voorwerp" of "ding" beteken.[1][2]

Verder kan die verband wat die woordþing tussen "vergadering" en "voorwerp" het, ook vergelyk word met die woordsaak (Afrikaans),zaak (Nederlands),Sache (Duits),sak (Noors), ensag (Deens) wat almal beide 'n "affêre" en 'n "voorwerp" kan beteken.

Þing betekenparlement inYslands.

Verwysings

[wysig |wysig bron]
  1. 12Douglas Harper seOnline Etymological Dictionary,they totthoro.
  2. Wiktionary

Sien ook

[wysig |wysig bron]
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Þing&oldid=1368592"
Kategorieë:

[8]ページ先頭

©2009-2026 Movatter.jp