$Trump (gestileer in alle hoofletters) is 'nkriptogeldeenheid en 'n sogenaamdememe-bewys wat geassosieer word met dieAmerikaanse presidentDonald Trump, aangebied op dieSolana-blokkettingplatform.[1] Een biljoen munte is oorspronklik geskep; 800 miljoen bly in besit van twee maatskappye wat deur Trump besit word, nadat 200 miljoen in die openbaar vrygestel is in 'n aanvanklike muntaanbod (ICO) op 17 Januarie 2025.[2] Minder as 'n dag later was die totale markwaarde van alle munte meer as $27 miljard. Die logo is 'n beeld van Trump wat sy vuis oplig nadat hy diepoging tot sluipmoord in Julie 2024 oorleef het.[3]
Ná sy bekendstelling het sy prys oornag met meer as 300% gestyg. Binne twee dae het dit die 19de waardevolste vorm van kripto-geldeenheid in die wêreld geword, met 'n totale handelswaarde van byna $13 miljard, en 'n totaal van $29 miljard se transaksies gebaseer op 'n $64-waarde van elk van die 200 miljoen munte wat uitgereik is deur die middag van 19 Januarie. DieNew York Times het berig dat Trump-affiliasies 'n bykomende 800 miljoen munte beheer het wat hipoteties meer as $56 miljard werd kan wees, wat Trump moontlik een van die rykste mense in die wêreld maak teen 'n geraamde netto waarde van $63,8 miljard.[4] Op 19 Januarie 2025 het Trump se vrou,Melania, haar eie meme-munt, $Melania, bekendgestel.[5]