Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Tuisblad

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Welkom byWikipedia,
Vrydag, 13 Februarie 2026
Hier is tans128 001 artikels inAfrikaans.
Help ons om ’n wêreldklas-ensiklopedie in Afrikaans te skep.
Inleiding Hulp KontakGebruikersportaal Voorbladartikels Kategorieë Stel ’n vraag

Voorbladartikel
Ligging van die deelstaat Brandenburg in Duitsland.

Brandenburg (Duits: [ˈbʁandn̩ˌbʊʁk]luister(hulp·inligting);Nederduits:Bramborg/Brannenborg;Neder-Sorbies:Bramborska), amptelik dieDeelstaat Brandenburg (Land Brandenburg, afkorting: BB;Land Brannenborg;Kraj Bramborska), is 'ndeelstaat in die noordooste vanDuitsland. Die administratiewehoofstad en grootste stad isPotsdam. Brandenburg grens in die ooste aanPole, in die suide aan die deelstaatSakse, in die weste aan die deelstaatSakse-Anhalt, in die uiterste weste langs 'n klein deel van dieElbe se rivierloop aan die deelstaatNedersakse en in die noorde aanMecklenburg-Voorpommere. Die Duitse hoofstadBerlyn, wat 'n eie deelstaat vorm, word volledig deur Brandenburg omring.

Brandenburg se wisselvallige geskiedenis word in historiese bronne gedokumenteer wat sowat tien eeue terugstrek. Die land se status en grense was voortdurend aan veranderinge onderworpe. So het Brandenburg aanvanklik asmarkgraafskap bestaan, om later 'n keurvorstedom, die kerngebied vanPruise en een van sy provinsies en uiteindelik 'n deelstaat van dieDuitse Demokratiese Republiek (DDR) te word wat reeds vyf jaar ná sy stigting in 1947 weer ontbind en in drie administratiewe distrikte – Potsdam, Frankfurt (Oder) en Cottbus – omgeskep is. Met die hereniging van Wes- en Oos-Duitsland op 3 Oktober 1990 het Brandenburg sy vorige status herwin om een van die sestien deelstate van die Federale Republiek Duitsland te word.

Brandenburg is ten opsigte van sy oppervlakte die grootste van vyf nuwe oostelike deelstate wat op die gebied van die voormalige DDR gevorm is. Syinfrastruktuur is veral op Berlyn gerig, wat soos 'n eiland in die hart van Brandenburg lê. So word na Brandenburg dikwels as 'n deelstaat sonder geografiese hartland verwys. Saam met Berlyn vorm Brandenburg die metropolitaanse gebied (Duits:Metropolregion) Berlyn-Brandenburg en ook die welvarendste nedersettings van Brandenburg is in die omgewing van Berlyn geleë. Baie voormalige bewoners van die Duitse hoofstad het hulle hier in die landelike groen gordel gevestig. Die periferie van Brandenburg word deur yl bevolkte gebiede gekenmerk, wat veral op die landbou steun, soosPrignitz,Fläming,Spreewald,Oderbruch ofUckermark. In die omgewing van die stadCottbus in die suidooste lê uitgestrekte dagboumyngebiede, waar groot hoeveelhedebruinkool vir die termiese kragsentrales van die gebied ontgin word.

Op die oog af is Brandenburg met meer as 3 000 mere en sowat 33 000 kilometer se rivierlope een van die waterrykste deelstate van Duitsland. Maar ondanks hierdie groot hoeveelhede oppervlakwater is daar 'n tekort aan grondwater en die gebied ontvang in vergelyking met ander deelstate 'n lae reënval. Brandenburg is bowendien 'n sanderige streek waar die grond sonder aangepaste landboumetodes meestal te arm is vir intensiewe boerdery.

...lees verder

In die nuus
Die T20I-wêreldbekertrofee waarom meegeding word
Die T20I-wêreldbekertrofee waarom meegeding word

Het u geweet...

... dat dieSkotse uitvinderJohn Logie Baird reeds in 1926 inLonden die eerste publieke demonstrasie van 'ntelevisie gegee het? 10 jaar later was daar slegs 100 televisiestelle in die wêreld; vandag is daar meer as 1,5 miljard.

... datTsutomu Yamaguchi die enigste persoon is wat beide dieatoombomontploffings opHirosjima enNagasaki oorleef het?

... dat dieRepubliek van Vermont in1777 die eerste geskrewe grondwet inNoord-Amerika aanvaar het? Dit het in1791 asVermont die 14de deelstaat van dieVSA geword.

... datbroom enkwik die enigste tweeelemente is wat in suiwer vorm as 'n vloeistof by kamertemperatuur voorkom?

... datBotswana die mins korrupte land inAfrika is? Volgens Transparency International is dit naby lande soosPortugal enSuid-Korea gelys.

Vandag in die geskiedenis

13 Februarie:

Thomas Edison
Thomas Edison

Voorbladbeeld
'nFinnairAirbus A319-112 OH-LVL land byHelsinki-Vantaa-lughawe insneeutoestande op 24 Februarie 2017.
'n Finnair Airbus A319-112 OH-LVL land by Helsinki-Vantaa-lughawe in sneeutoestande op 24 Februarie 2017.
Vind artikels

Geografie -Geologie
Suid-Afrika Namibië Botswana Eswatini Lesotho Mosambiek Zimbabwe

Afrika Suider-Afrika Amerika Antarktika Asië Europa Oseanië

Rusland Turkye Verenigde State van Amerika

Lande Baaie Berge Eilande Mere Oseane Riviere Woestyne

Geskiedenis
Argeologie Datums Kulturele geskiedenis Oorloë Religieuse geskiedenis Rewolusies Vroeë beskawings Antieke Egipte

Kultuur
Akteurs Argitektuur Dans Letterkunde Mitologie Griekse mitologie Mode Museums Musiek Rolprente Taal Vermaak

Natuur
Bewaringsgebiede Diere Plante

Religie
Agnostisisme Baha'i Boeddhisme Christendom Gnostisisme Hindoeïsme Islam Judaïsme Mitologie New Age Paganisme Politeïsme Satanisme Sikhisme Zoroastrisme

Samelewing
Besigheid Ekonomie Krieket Politiek Rugby Sport Vlae en wapens Vervoer

Taal
Kunsmatige taal Natuurlike taal Taalfamilies Skryfstelsels

Tegnologie
Elektronika Fotografie Inligtingstegnologie Klanktegnologie Voertuigtegnologie

Wetenskap
Biologie Chemie Filosofie Fisika Natuurwetenskap Sielkunde Sosiologie Sterrekunde Wiskunde

Artikelindeks Kategorieboom Lyste Hoe soek ek?

Wikipedia in ander tale
Weergawes met meer as 1 000 000 artikels
العربيةمصرىCebuanoDeutschEnglishEspañolفارسیFrançaisItaliano日本語NederlandsPolskiPortuguêsРусскийSvenskaУкраїнськаTiếng ViệtWinaray中文
Weergawes met meer as 750 000 artikels
Català
Weergawes met meer as 500 000 artikels
تۆرکجهНохчийнČeštinaSuomiMagyarBahasa Indonesia한국어Norsk (bokmål)‬RomânăСрпски / srpskiTürkçeТатарча / tatarça
Weergawes met meer as 250 000 artikels
БеларускаяБългарскиCymraegDanskΕλληνικάEsperantoEestiEuskaraעבריתՀայերենҚазақшаBaso MinangkabauBahasa MelayuSrpskohrvatski / српскохрватскиSimple EnglishSlovenčinaOʻzbekchaBân-lâm-gú
Weergawes met meer as 100 000 artikels
AfrikaansAsturianuAzərbaycancaবাংলাBosanskiGalegoहिन्दीHrvatskiქართულიLatinaLadinLietuviųLatviešuMalagasyМакедонскиमराठीမြန်မာဘာသာNorsk (nynorsk)‬OccitanSlovenščinaShqipKiswahiliதமிழ்తెలుగుТоҷикӣไทยاردو粵語
Weergawes met meer as 50 000 artikels
aragonésБашҡортБеларуская (тарашкевіца)BrezhonegکوردیчӑвашлаFryskGaeilgeگیلکیHausaKreyòl ayisyenIdoÍslenskaBasa JawaKurdî / كوردیКыргызчаLëtzebuergeschlombardമലയാളംمازِرونیPlattdüütschनेपाल भाषाਪੰਜਾਬੀPiemontèisشاہ مکھی پنجابی (Shāhmukhī Pañjābī)Basa SundaŚlůnskiTagalogVèneto

Lys van alle taalweergawes van Wikipedia

Susterprojekte
Commons
Vrye media
Wikiwoordeboek
Vrye woordeboek
Wikinews
Vrye nuusbron
Wikisource
Die vrye biblioteek
Wikibooks
Vrye boeke
Wikiquote
Aanhalings
Wikispecies
Spesie-indeks
Meta-Wiki
Projekkoördinering
Indien u die verkeerde datum sien of sjablone opgedateer het, moet u dievoorblad verfris.
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Tuisblad&oldid=2866841"
Kategorie:

[8]ページ先頭

©2009-2026 Movatter.jp