| Welkom byWikipedia, dievrye ensiklopedie watdeur enigiemand verbeter en uitgebrei kan word. | |
| Help ons om ’n wêreldklas-ensiklopedie in Afrikaans te skep. | |
| Inleiding •Hulp •Kontak | Gebruikersportaal •Voorbladartikels •Kategorieë •Stel ’n vraag |
Voorbladartikel Jan Sebastian Rabie (14 November 1920 – 15 November 2001) was 'nAfrikaanse skrywer van kortverhale, romans en ander literêre werke. Rabie was een van die sogenaamdeSestigers, 'n groep invloedryke Afrikaanse skrywers van die 1960's. Hy het een-en-twintig werke gelewer. Jan trek die aandag as “betrokke” skrywer met sy sterk oortuigings oor die onreg teenoor bruin en swart in die naam vanapartheid en die Rabies se huis inGroenpunt word algaande ’n stimulerende bymekaarkomplek van jonger skrywers en skilders. Ook die noordelike skrywers kom hier bymekaar as hulle, gewoonlik in die Desember-Januarie skoolvakansies, Kaapstad besoek. Hierdie gereelde besoekers sluit mense in soos Uys Krige,Jack Cope,W.A. de Klerk, Peter Blum, Barend Toerien,Breyten Breytenbach,Adam Small,Richard Rive,Ingrid Jonker, Bartho Smit,André P. Brink,Athol Fugard enChris Barnard. Jan Rabie begin sy kreatiewe loopbaan as digter. Sy eerste letterkundige pogings, veral gedigte maar ook enkele prosastukke, verskyn in dieStellenbosse Student (waarvan hy in 1939 ’n redaksielid is) en met ’n gedig in die April-Mei 1940 uitgawe wen hy ’n prysgeld van sewe sjielings en ses pennies. Reeds in 1939 stel hy ’n bundel gedigte saam onder die titelBewuste stryd, maar lê dit nie voor vir publikasie nie. Om ekstra geld te verdien stuur hy ook gedigte en verhale vir publikasie naDie Huisgenoot,Die Brandwag,Naweek,Die Kerkbode enDie Landbouweekblad. Eindelik word amper honderd van sy gedigte in tydskrifte gepubliseer. In sy dae as rondtrekkende onderwyser in die veertigerjare skryf hy baie. Dit sluit in vier gepubliseerde romans van ’n tradisionele aard, ’n groot aantal hoofsaaklik konvensionele tydskrifverhale in tydskrifte soosDie Huisgenoot,Naweek enDie Huisvrou en gedigte, waarvan sommige in 1946 in die versamelbundelStiebeuel onder redaksie van D.J. Opperman en F.J. le Roux opgeneem word. Veral bekend is sy gedigBlinde tog, wat D.J. Opperman in die eerste uitgawes vanGroot verseboek opneem, terwylSimfonie ook onthoubaar is. Johann de Lange en Antjie Krog neem die gedigDie vriend op in die versamelbundelDie dye trek die dye aan. W.E.G. Louw tipeer sy gedigte as behorende tot ’n nuwe saaklikheid en konkreetheid in die poësie, hoewel enkele versreëls steeds die romantikus in hom verraai. Hoewel hy later die digkuns versaak en hom net op prosa toespits, is die gedigte ’n goeie oefenmedium om sy skryfkuns te slyp en verraai die ritmiese en beeldryke prosa van veral sy kortkuns die positiewe invloed van hierdie skryfwerk.
In die nuus
Het u geweet... ... dat dieHonderdjarige Oorlog nie 100 jaar geduur het nie, maar 116 jaar? Daar was periodes van vrede tussenin en dit het geëindig met die verdrywing van Engelse magte uit Frankryk.
Vandag in die geskiedenis
Voorbladbeeld Die versterkteCité de Carcassonne in die stadCarcassonne in die departmentAude in die suide vanFrankryk tydens blou uur. | Vind artikels | |
Geografie -Geologie Afrika •Suider-Afrika •Amerika •Antarktika •Asië •Europa •Oseanië Rusland •Turkye •Verenigde State van Amerika Lande •Baaie •Berge •Eilande •Mere •Oseane •Riviere •Woestyne | ||
Geskiedenis | ||
Kultuur | ||
Religie | ||
Samelewing | ||
Taal | ||
Tegnologie | ||
Wetenskap | ||
Wikipedia in ander tale | ||
| Weergawes met meer as 1 000 000 artikels العربية •مصرى •Cebuano •Deutsch •English •Español •فارسی •Français •Italiano •日本語 •Nederlands •Polski •Português •Русский •Svenska •Українська •Tiếng Việt •Winaray •中文 | ||
| Weergawes met meer as 750 000 artikels Català | ||
| Weergawes met meer as 500 000 artikels تۆرکجه •Нохчийн •Čeština •Suomi •Magyar •Bahasa Indonesia •한국어 •Norsk (bokmål) •Română •Српски / srpski •Türkçe •Татарча / tatarça | ||
| Weergawes met meer as 250 000 artikels Беларуская •Български •Cymraeg •Dansk •Ελληνικά •Esperanto •Eesti •Euskara •עברית •Հայերեն •Қазақша •Baso Minangkabau •Bahasa Melayu •Srpskohrvatski / српскохрватски •Simple English •Slovenčina •Oʻzbekcha •Bân-lâm-gú | ||
| Weergawes met meer as 100 000 artikels Afrikaans •Asturianu •Azərbaycanca •বাংলা •Bosanski •Galego •हिन्दी •Hrvatski •ქართული •Latina •Ladin •Lietuvių •Latviešu •Malagasy •Македонски •मराठी •မြန်မာဘာသာ •Norsk (nynorsk) •Occitan •Slovenščina •Shqip •Kiswahili •தமிழ் •తెలుగు •Тоҷикӣ •ไทย •اردو •粵語 | ||
| Weergawes met meer as 50 000 artikels aragonés •Башҡорт •Беларуская (тарашкевіца) •Brezhoneg •کوردی •чӑвашла •Frysk •Gaeilge •گیلکی •Hausa •Kreyòl ayisyen •Ido •Íslenska •Basa Jawa •Kurdî / كوردی •Кыргызча •Lëtzebuergesch •lombard •മലയാളം •مازِرونی •Plattdüütsch •नेपाल भाषा •ਪੰਜਾਬੀ •Piemontèis •شاہ مکھی پنجابی (Shāhmukhī Pañjābī) •Basa Sunda •Ślůnski •Tagalog •Vèneto | ||
Lys van alle taalweergawes van Wikipedia | ||
Susterprojekte | ||
| ||
| ||
| ||
| ||
| ||
| ||
| ||
|
Indien u die verkeerde datum sien of sjablone opgedateer het, moet u dievoorblad verfris. |