Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Tuisblad

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Welkom byWikipedia,
Maandag, 14 Julie 2025
Hier is tans125 177 artikels inAfrikaans.
Help ons om ’n wêreldklas-ensiklopedie in Afrikaans te skep.
Inleiding Hulp KontakGebruikersportaal Voorbladartikels Kategorieë Stel ’n vraag

Voorbladartikel
Nasa-satellietbeeld van Suid-Korea.

Suid-Korea (Koreaans: 한국, Hanja: 韓國,Hanguk), amptelik dieRepubliek Korea (Koreaans: 대한민국, Hanja: 大韓民國,Daehanminguk,luister(hulp·inligting), letterlik: "Groot Han-Republiek" of "Groot Koreaanse Republiek"), is 'ngrondwetlikerepubliek inOos-Asië wat die suidelike helfte van dieKoreaanse Skiereiland en eilande langs die kus beslaan.Jeju, die grootste eiland, is ongeveer 82 km suid van die vasteland af geleë. Die land word in die noorde begrens deur die Demokratiese Volksrepubliek Korea (Noord-Korea), in die ooste deur dieSee van Japan (wat in Suid-Korea egter Oossee genoem word), dieOos-Chinese See in die suide en dieGeelsee in die weste. Die land word in die suidooste deur dieStraat van Korea van dieJapannese eiland Tsushima geskei. DieVolksrepubliek China is oorkant die Geelsee geleë.

Diehoofstad en grootste metropolitaanse gebied isSeoel aan die Hanrivier waar byna die helfte van die Suid-Koreaanse bevolking saamgetrek is. Seoel is die ekonomiese spilpunt van dié land en het sentraal gestaan in die sogenoemde "Wonder aan die Hanrivier", die vinnige industrialisering en verstedeliking van Suid-Korea ná dieKorea-oorlog (1950–1953) wat van die republiek – oorspronklik 'n arm agrariese samelewing – binne enkele dekades een van die vernaamste en tegnologies gevorderdste nywerheidslande ter wêreld gemaak het. Multinasionale ondernemings en konglomerate soosSamsung,LG,Hyundai enKia het in globale rolspelers ontwikkel.

Suid-Korea het, net soos sy buurland Japan, 'n etnies uiters homogene bevolking van meer as 52 miljoen.Koreane se nasionale identiteit en selfbeskouing as lotgemeenskap spruit voort uit hierdie eendersheid en 'n geskiedenis as 'nonafhanklike land wat tot in die 7de eeu n.C. terugstrek. So word die politieke verdeling van Korea ná dieTweede Wêreldoorlog volgens 'n ooreenkoms tussen dieVerenigde State en dieSowjetunie steeds as 'n traumatiese en smartvolle gebeurtenis ervaar. Die stigting van Suid-Korea in 1948 is voorafgegaan deur die Japannese besetting van Korea van 1910 af.

Nadat diekommunistiese Noord-Korea op 25 Junie 1950 die suide binnegeval het, het die Korea-oorlog as internasionale konflik, waarby ookSuid-Afrika militêr betrokke was, drie jaar lank op die skiereiland gewoed. Die oorlogshandelinge is in 1953 met 'nwapenstilstandsooreenkoms beëindig waarvolgens Noord- en Suid-Korea deur 'n gedemilitariseerde sone met 'n wydte van vier kilometer van mekaar geskei word. Dié sone, wat oor 'n afstand van 240 km loop en ongeveer die 38ste noordelike breedtegraad vanaf die monding van die Hanrivier aan die weskus van die Koreaanse Skiereiland tot 'n punt aan die ooskus, net suid van die Noord-Koreaanse nedersetting Kosŏng, volg, kom grootliks ooreen met die wapenstilstandslyn van 1953. Sedert republiekwording het Suid-Korea vyf grootgrondwetlike veranderinge ondergaan wat dié land van outokrasieë en militêre diktature tot 'n volwaardige veelpartydemokrasie gelei het.

...lees verder

In die nuus
Pous Leo XIV in 2025.
Pous Leo XIV in 2025.

Het u geweet...

... dat die doelhok insokker 2,44 meter hoog en 7,32 meter wyd is?

... dat inAustralië enNieu-Seeland meerskape asmense is? In Australië is daar 65,8 miljoen skape (2019) en 'n bevolking van 25,96 miljoen mense (2022), en in Nieu-Seeland 26,8 miljoen skape (2019) en 5 miljoen mense (2023).

... dat dieBastille, een vanParys se geskiedkundige bakens, nie meer bestaan nie? Dit is tussen 16 Julie 1789 en Oktober 1790 deur Pierre-François Palloy afgebreek.

... datSuid-Afrika dieVSA gehelp het met intelligensie as deel vanECHELON? By dieSilwermyn Natuurreservaat isantennes wat sedert die 1970's vir spioenasie gebruik is.

... datAyrton Senna die oggend op die dag van sy dood 'n vergadering van renjaers bygewoon het om veiligheid inFormule Een te bespreek?

Vandag in die geskiedenis

14 Julie:Bastilledag inFrankryk (1789);Festino di Santa RosaliaPalermo,Italië

Voorbladbeeld
Vind artikels

Geografie -Geologie
Suid-Afrika Namibië Botswana Eswatini Lesotho Mosambiek Zimbabwe

Afrika Suider-Afrika Amerika Antarktika Asië Europa Oseanië

Rusland Turkye Verenigde State van Amerika

Lande Baaie Berge Eilande Mere Oseane Riviere Woestyne

Geskiedenis
Argeologie Datums Kulturele geskiedenis Oorloë Religieuse geskiedenis Rewolusies Vroeë beskawings Antieke Egipte

Kultuur
Akteurs Argitektuur Dans Letterkunde Mitologie Griekse mitologie Mode Museums Musiek Rolprente Taal Vermaak

Natuur
Bewaringsgebiede Diere Plante

Religie
Agnostisisme Baha'i Boeddhisme Christendom Gnostisisme Hindoeïsme Islam Judaïsme Mitologie New Age Paganisme Politeïsme Satanisme Sikhisme Zoroastrisme

Samelewing
Besigheid Ekonomie Krieket Politiek Rugby Sport Vlae en wapens Vervoer

Taal
Kunsmatige taal Natuurlike taal Taalfamilies Skryfstelsels

Tegnologie
Elektronika Fotografie Inligtingstegnologie Klanktegnologie Voertuigtegnologie

Wetenskap
Biologie Chemie Filosofie Fisika Natuurwetenskap Sielkunde Sosiologie Sterrekunde Wiskunde

Artikelindeks Kategorieboom Lyste Hoe soek ek?

Wikipedia in ander tale


Weergawes met meer as 1 000 000 artikels
العربيةمصرىCebuanoDeutschEnglishEspañolفارسیFrançaisItaliano日本語NederlandsPolskiPortuguêsРусскийSvenskaУкраїнськаTiếng ViệtWinaray中文
Weergawes met meer as 750 000 artikels
Català
Weergawes met meer as 500 000 artikels
تۆرکجهНохчийнČeštinaSuomiMagyarBahasa Indonesia한국어Norsk (bokmål)‬RomânăСрпски / srpskiTürkçeТатарча / tatarça
Weergawes met meer as 250 000 artikels
БеларускаяБългарскиCymraegDanskΕλληνικάEsperantoEestiEuskaraעבריתՀայերենҚазақшаBaso MinangkabauBahasa MelayuSrpskohrvatski / српскохрватскиSimple EnglishSlovenčinaOʻzbekchaBân-lâm-gú
Weergawes met meer as 100 000 artikels
AfrikaansAsturianuAzərbaycancaবাংলাBosanskiGalegoहिन्दीHrvatskiქართულიLatinaLadinLietuviųLatviešuMalagasyМакедонскиमराठीမြန်မာဘာသာNorsk (nynorsk)‬OccitanSlovenščinaShqipKiswahiliதமிழ்తెలుగుТоҷикӣไทยاردو粵語
Weergawes met meer as 50 000 artikels
aragonésБашҡортБеларуская (тарашкевіца)BrezhonegکوردیчӑвашлаFryskGaeilgeگیلکیHausaKreyòl ayisyenIdoÍslenskaBasa JawaKurdî / كوردیКыргызчаLëtzebuergeschlombardമലയാളംمازِرونیPlattdüütschनेपाल भाषाਪੰਜਾਬੀPiemontèisشاہ مکھی پنجابی (Shāhmukhī Pañjābī)Basa SundaŚlůnskiTagalogVèneto

Lys van alle taalweergawes van Wikipedia


Susterprojekte
Commons
Vrye media
Wikiwoordeboek
Vrye woordeboek
Wikinews
Vrye nuusbron
Wikisource
Die vrye biblioteek
Wikibooks
Vrye boeke
Wikiquote
Aanhalings
Wikispecies
Spesie-indeks
Meta-Wiki
Projekkoördinering
Indien u die verkeerde datum sien of sjablone opgedateer het, moet u dievoorblad verfris.
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Tuisblad&oldid=2774431"
Kategorie:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp