Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Tuisblad

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Welkom byWikipedia,
Saterdag, 7 Februarie 2026
Hier is tans127 949 artikels inAfrikaans.
Help ons om ’n wêreldklas-ensiklopedie in Afrikaans te skep.
Inleiding Hulp KontakGebruikersportaal Voorbladartikels Kategorieë Stel ’n vraag

Voorbladartikel
Alexander die Grote as Helios. Romeinse kopie van die Griekse oorspronklike.

Helios (Grieks: Ἥλιος; Homeriese Grieks: Ἠέλιος) was in dieGriekse mitologie uit die tweede geslagTitane. Hy was die verpersoonliking van dieSon. Sy naam wordgelatiniseer asHelius en hy word dikwelsHuperion ("die een bo") enFaëton ("die skitterende een") genoem.

Helios was die seun van die TitaneHuperion enTeia (Hesiodus) of Eurufaissa (Homeros) en die broer van die godinneSelene (Maan) enEos (Daeraad). Die drie se name was ook die algemene Griekse name vir son, maan en daeraad.

Helios word dikwels in kuns uitgebeeld met 'n stralende kroon terwyl hy 'n strydwa deur die lug drywe wat deur perde getrek word. Hy was die beskermgod vanede en die god van sig. Hoewel Helios inklassieke Griekeland 'n redelik onbelangrike god was, het sy aanbidding toegeneem in dieLaat Oudheid danksy sy identifikasie met verskeie groot songode van die Romeinse tydperk, veralApollo en Sol. Die Romeinse keiserJulianus het Helios die sentrale god gemaak toe hy godsdiens in die 4de eeu n.C. vir 'n kort ruk laat herleef het.

Helios kom prominent voor in verskeie werke van Griekse mitologie, poësie en letterkunde. Sy merkwaardigste verhaal in die Griekse mitologie is dié van sy sterflike seun Faëton.

In dieHomeriese eposse is sy vernaamste rol die een wat hy vertolk in dieOdussee, waarOdusseus se manne sy beeste eet ondanks waarskuwings. Toe hy daarvan hoor, het Helios virZeus gevra om dié te straf wat hom te na gekom het, en Zeus het hulle boot met 'n weerligstraal geslaan. Almal is dood, behalwe Odusseus, die enigste een wat nie die beeste geëet het nie.

Vanweë Helios se posisie as die son is geglo hy is 'n alomteenwoordige getuie, en hy is dus in ede aangeroep. Hy het ook 'n aansienlike rol in antieke magie en towerspreuke gespeel. In kuns word hy gewoonlik uitgebeeld as 'n baardlose jongeling in 'n soort tuniek en met 'n sweep in die hand waar hy 'n wa met vier perde drywe. Hy is dikwels vergesel van ander gode, soos Selene en Eos, of die sterre.

Helios is op verskeie plekke aanbid, maar sy belangrikste kultus was op die eilandRhodos, waarvan hy die beskermgod was. DieKolos van Rhodos, 'n reusagtige standbeeld van die god, het die hawe van Rhodos versier totdat dit in 'n aardbewing verwoes is. Dit is daarna nie herbou nie.

...lees verder

In die nuus
Die T20I-wêreldbekertrofee waarom meegeding word
Die T20I-wêreldbekertrofee waarom meegeding word

Het u geweet...

... datSuid-Afrika dieVSA gehelp het met intelligensie as deel vanECHELON? By dieSilwermyn Natuurreservaat isantennes wat sedert die 1970's vir spioenasie gebruik is.

... dat die laaste moedertaalspreker vanKornies in1780 gesterf het? Kornies is, soosWallies enBretons, 'nKeltiese taal van die Britonse groep. Dit is inCornwall gepraat en pogings is in1904 vir die eerste keer aangewend om die taal te laat herleef.

... dat die skrywerJ.R.R. Tolkien op3 Januarie1892 inBloemfontein gebore is? Sy pa is kort voor sy geboorte na Suid-Afrika verplaas, waar hy aan die hoof van 'n Britse bank gestaan het. Die toekomstige skrywer is egter op driejarige ouderdom terug na Engeland geneem.

... dat die plantWelwitschia mirabilis, wat tot 600 jaar oud kan word, slegs twee blare het? Die blare skeur die hele tyd tydens die plant se lewe en laat dit lyk asof hy baie blare het.

... datEdmund Hillary oorspronklik 'nbyeboer was? Dit was 'n somerwerk wat hom tyd gegee het om in die winter berg te klim.

Vandag in die geskiedenis

7 Februarie:Onafhanklikheidsdag inGrenada (1974)

Ruimtevaarder Bruce McCandless "vryvlieg" in die ruimte
Ruimtevaarder Bruce McCandless "vryvlieg" in die ruimte

Voorbladbeeld
'n Jongluiperdwyfie (Panthera pardus pardus) in dieKrugerwildtuin in Suid-Afrika.
'n Jong luiperdwyfie (Panthera pardus pardus) in die Krugerwildtuin in Suid-Afrika.
Vind artikels

Geografie -Geologie
Suid-Afrika Namibië Botswana Eswatini Lesotho Mosambiek Zimbabwe

Afrika Suider-Afrika Amerika Antarktika Asië Europa Oseanië

Rusland Turkye Verenigde State van Amerika

Lande Baaie Berge Eilande Mere Oseane Riviere Woestyne

Geskiedenis
Argeologie Datums Kulturele geskiedenis Oorloë Religieuse geskiedenis Rewolusies Vroeë beskawings Antieke Egipte

Kultuur
Akteurs Argitektuur Dans Letterkunde Mitologie Griekse mitologie Mode Museums Musiek Rolprente Taal Vermaak

Natuur
Bewaringsgebiede Diere Plante

Religie
Agnostisisme Baha'i Boeddhisme Christendom Gnostisisme Hindoeïsme Islam Judaïsme Mitologie New Age Paganisme Politeïsme Satanisme Sikhisme Zoroastrisme

Samelewing
Besigheid Ekonomie Krieket Politiek Rugby Sport Vlae en wapens Vervoer

Taal
Kunsmatige taal Natuurlike taal Taalfamilies Skryfstelsels

Tegnologie
Elektronika Fotografie Inligtingstegnologie Klanktegnologie Voertuigtegnologie

Wetenskap
Biologie Chemie Filosofie Fisika Natuurwetenskap Sielkunde Sosiologie Sterrekunde Wiskunde

Artikelindeks Kategorieboom Lyste Hoe soek ek?

Wikipedia in ander tale
Weergawes met meer as 1 000 000 artikels
العربيةمصرىCebuanoDeutschEnglishEspañolفارسیFrançaisItaliano日本語NederlandsPolskiPortuguêsРусскийSvenskaУкраїнськаTiếng ViệtWinaray中文
Weergawes met meer as 750 000 artikels
Català
Weergawes met meer as 500 000 artikels
تۆرکجهНохчийнČeštinaSuomiMagyarBahasa Indonesia한국어Norsk (bokmål)‬RomânăСрпски / srpskiTürkçeТатарча / tatarça
Weergawes met meer as 250 000 artikels
БеларускаяБългарскиCymraegDanskΕλληνικάEsperantoEestiEuskaraעבריתՀայերենҚазақшаBaso MinangkabauBahasa MelayuSrpskohrvatski / српскохрватскиSimple EnglishSlovenčinaOʻzbekchaBân-lâm-gú
Weergawes met meer as 100 000 artikels
AfrikaansAsturianuAzərbaycancaবাংলাBosanskiGalegoहिन्दीHrvatskiქართულიLatinaLadinLietuviųLatviešuMalagasyМакедонскиमराठीမြန်မာဘာသာNorsk (nynorsk)‬OccitanSlovenščinaShqipKiswahiliதமிழ்తెలుగుТоҷикӣไทยاردو粵語
Weergawes met meer as 50 000 artikels
aragonésБашҡортБеларуская (тарашкевіца)BrezhonegکوردیчӑвашлаFryskGaeilgeگیلکیHausaKreyòl ayisyenIdoÍslenskaBasa JawaKurdî / كوردیКыргызчаLëtzebuergeschlombardമലയാളംمازِرونیPlattdüütschनेपाल भाषाਪੰਜਾਬੀPiemontèisشاہ مکھی پنجابی (Shāhmukhī Pañjābī)Basa SundaŚlůnskiTagalogVèneto

Lys van alle taalweergawes van Wikipedia

Susterprojekte
Commons
Vrye media
Wikiwoordeboek
Vrye woordeboek
Wikinews
Vrye nuusbron
Wikisource
Die vrye biblioteek
Wikibooks
Vrye boeke
Wikiquote
Aanhalings
Wikispecies
Spesie-indeks
Meta-Wiki
Projekkoördinering
Indien u die verkeerde datum sien of sjablone opgedateer het, moet u dievoorblad verfris.
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Tuisblad&oldid=2866841"
Kategorie:

[8]ページ先頭

©2009-2026 Movatter.jp